Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE

Vr., 15 Februarie 2002 19:03

'n Verkeersinspekteur sê eendag vir my dat as hy iemand toets en die ou
praat van 'n "vinnige baan" dan dop hy hom onmiddelik. Daar is geen so 'n
ding nie maar wel 'n verbysteekbaan of overtakingbaan. Ek bly gewoonlik
daar uit en slegs wanneer ek stadige voertuie verbysteek gaan ek oor na die
regterbaan. Selfs hier het jy skaars een of meer stadige voertuig begin
verbysteek dan is daar 'n BMW of Mercedes agter jou met flitsende ligte dat
jy uit "sy" baan moet padgee.

Ons het (noodwendig) "af"gery Kaaptoe (eskuus Annette) weens siekte en toe
via PE teruggekom en was gladnie verbaas toe ons oor die Vaal verby
Vereeniging kom dat ek net woes moes padgee vir "busy professionals" wat met
geweld op hulle vinnige baan aanspraak maak en ek het gedink dit is snaaks
dat dit net hier gebeur. Meeste van hulle is snotkinders en Vrystaters.

Ek het vanoggend 'n heel skaflike Swarte ontmoet (James) en toe ek hom vra
watse werk hy doen sê hy hy's 'n Taxidrywer. Instinktief voel ek onder my
hemp na my .38 Special maar toe ek die ou beter leer ken sien ek dat hy
nogal 'n danklose soort werk doen en dat (soos hy sê) daar baie ander
drywers is wat sy amp 'n slegte naam gee. O wel.

Groetnis en bly uit die vinnige baan al dryf jy 'n 2.5 liter ses-silinder
Mazda 626 Executive wat kak uit enige BMW of Merc sal ry.

Koeitjies & kalfies | 39 kommentare

Vir Gloudina.

Vr., 15 Februarie 2002 12:19

So?:)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Die gene wat my ken

Vr., 15 Februarie 2002 10:15

Die gene wat my nie ken nie, skip maar gerus. Ek en my vroutjie Ijlant het
vanoggend om 09:54 'n seuntjie ryker geword, dié Finn Genly heet. Baie
vinnige kraam, heel verras... verwag hom eers die 22ste! Groetjies.

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Re: REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE

Vr., 15 Februarie 2002 09:53

Piet Pompie skryf in boodskap news:a4kvqi$9ir$1@ctb-nnrp1.saix.net...

> Dit is natuurlik baie vereenvoudig maar al die basiese beginsels
> van vloeibeweging geld.

Nogal interresant, ek het al baie hieroor gedink, maar ook gewonder of die
feit dat daar so baie chaotiese turbulensie in verkeersvloei voorkom nie
enige waardevolle vergelykings met vloeistofvloei daardeur nutteloos gemaak
word nie.

Ek het onlangs PTA toe getrek. In die Kaap, waar ek gewoon het, moes ek op
'n daaglikse basis of die N1, of meer gereeld die N2, van Stellenbosch na
Kaapstad aandurf. Iets wat aan my duidelik geword het is dat Gautengers meer
aggresief bestuur, maar dat die Kapenaars meer "deur die kak" is, en die
Kaapse paaie daarom meer gevaarlik is.

Met hierdie vergelyking bedoel ek dat die Gau's is gou om 'n kans wat hom
voordoen te benut, waar die Kapies kanse sal vat of dit nou daar is of nie.
Iets wat ek ook opgelet het is dat hier in G bestuur mense oor die algemeen
meer intelligent - as daar 'n stadiger voertuig voor in die pad is sal mense
vroegtydig planne maak, maar in die K sal mense ophoop agter die voertuig,
en as iemand in die tou uiteindelik sy moer strip en besluit om baan te
verwissel sal 'n klomp ander sy voorbeeld volg (gevolg deur 'n "extravagant"
brieklig-vertoning - geen sprake van skokgolwe en sulke goed nie).
Laastens - taxi's - in die Kaap sou 'n krok skedonk vir geen ooglopende rede
na die "vinnige" baan verwissel (wat op die N2 'n gemiddelde spoed van
140-160km/u handhaaf), waar die aap vir so 'n rukkie sal kuier, en dan terug
gaan na een van die stadiger bane. Gewoonlik sal die bestuurders wat agter
hom vasgekeer gesit het alles doen om die "verlore" tyd te probeer inhaal,
en jaag dan teen 180km/u vir so 'n rukkie.

In slotsom, die Gau's bestuur beter as die Kapies. Nie mooier nie, net
beter.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Prinses en dagga

Vr., 15 Februarie 2002 09:06

Vandag se Dispatch (van Oos Londen) berig dat omtrent 50 daggaplante
in die groetetuin van 'n Nederlandse (Hollandse?) prinses, Prinses
Irene van Lippe Biesterfeld, suster van Koningin Beatrix, op haar
plaas gevind is.

Die daggavonds verbaas my nie juis nie, dis algemene Suid Afrikaanse
entrepeneurskap en gebeur baie op plase, veral as die eienaar nie
voltyds daar is nie. Wat my verbaas het is dat ons 'n prinses hier het
en dan nog op 'n baie afgeleë plek ook. Haar plaas, Bergplaas, is glo
naby Kompasberg en Kompasberg is naby Nieu Bethesda waar Suid Afrika
se beroemde Uilehuis geleë is. Middelburg en Graaff Reinet is heelwat
meer as 100 km van mekaar af en ongeveer halfpad tussen die twee draai
mens af Nieu Bethesda toe. Dis 'n ver, droë en alleen wêreld daai,
waar mens van die pad af selde selfs 'n skaap sien.

Drom

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Pfizer se advertensie

Do., 14 Februarie 2002 18:49

Ek weet nie wat Pfizer probeer verkoop met die advertensie nie maar daar sit
die twee ouens na die Televisie en kyk en biltong en chips vreet en sê die
een ou so uit die bloute "Ou Gert, ek het ereksieprobleme." Dan maak hulle
die stelling dat 50% van alle mans bo 40 "ereksieprobleme" het. Nou wat op
aarde het ons normale kykers te doen met ander ouens se ereksieprobleme???

My kommentaar, ewe pronkerig, is dat ek al oor die sestig is en nog nie
sulke probleme het nie.

Sê die Tannie, doodluiters terwyl sy so oor haar breibril na die TV skerm
kyk: "Jou ereksie IS jou probleem. Jy sal al twee weke dood wees dan sal
hulle die ding met 'n plank moet doodslaan." Ek weet nie wat ek gedoen het
om so 'n afjak te verdien nie. My hart is ook nie van klip gemaak nie.

St.Valentein'sdag het ook nog boonop in 'n internasionale seksdag geontaard.
Sê die aia op nog 'n advetensie: Ons moet nie vergeet om hierdie dag kondome
te dra nie. WAARVOOR??? Miskien borg Pfizer kondome ook. 'n Artikel in
die Citizen sê dat vir 'n gelukkige Valenteinsdag moet die vroue hul mans
met baie grondboontjies en Jungle Oats trakteer. Miskien is dit waar my
probleem vandaankom: Elke môre eet ek Jungle Oats dan sing ek nugter weet
waarom "I had it all this morning!"

Pfizer kan meer doen met so 'n advertensie: Die twee ouens kan saam na die
rugby kyk dan kan die een ou sê: "Ou Gert nou kry ek ten minste beter
opelyf."

Groetnis

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

Nederland vir Engels

Do., 14 Februarie 2002 15:43

In Nederland het ons nou ook 'n stigting die teen die gebruik van Engelse
woorde in Nederlands is.
Hulle kan maar beter gaan saamwerk met die Afrikaanse stigting.

Nou is daar 'n vra vir 'n paar woorde die in Nederlands mooet worden
vertaal.
Kan enig iemand my help door die Afrikaanse woorde te gee vir die volgende
Engelse woorde:

Aftershave
Boomerang
Fleece
Hattrick
Highfive
jerrycan
jetset
jukebox
legging
longdrink
mainstream
musical
no-nonsense.

Daar is al 'n paar woorde die vertaal is, hulle het al naar Afrikaans gekyk
dink ek,
barbecue = braadrooster
airconditioning = klimaatregeling
laptop = schootcomputer ( computer moet ook nog weg)
skateboarden = plankschaatsen

Asseblief help my :-))))

Gr.Rico

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

'n Handvol klawers

Do., 14 Februarie 2002 13:56

Verskoon tog asseblief die Engels, maar dis vir die mense oor die water om
ook te verstaan. Suid Afrikaanse uitvoer.

TJ
www.artslink.co.za

-----

A Handful of Keys benefit tour

If you have friends in Sydney or London, encourage them to book for A
Handful of Keys.

Not only will they have a great evening, but they will help to save the life
of little Oscar von Memerty.

Oscar and his sister Valeska were born with MPS 6 (muco polysacharodisis 6)
or Maroteaux Lamy Syndrome. This is a genetic metabolic illness, which
causes all the soft tissues to swell causing massive deformity, dwarfism,
increasing paralysis, loss of motor functions, gradual blindness and
deafness and proves fatal by their late teens.

After a massive fund-raising effort in 1997 both children underwent
unrelated bone marrow transplants in Manchester. Valeska accepted her
transplant but died in August 1998 from transplant complications. Oscar
rejected his transplant.

Because of the huge risks involved, Ian and Viv von Memerty decided to let
the disease take its course, and simply love and support him. But there are
now two new developments which offer hope. The first is a 'lyte' BMT. This
new system, called 'non-ablative' transplants, works very well on metabolic
patients. The second is that donor matching has progressed hugely since
1997. As a result, the rejection process and side effects are a lot less
violent and difficult and the likelihood of losing Oscar is very small.

The Von Memertys have met with the team from Great Ormond Street Children's
Hospital Transplant team (in London) and they are willing to do a 'lyte'
transplant on Oscar, and have located at least one well matched donor.
However, there is down-side - they require an up-front payment of 120 000
pounds. With the money the family have raised, there is a shortfall of about
50,000 pounds, (or at the current exchange rate +/- R 700,000.00).

Because the disease is progressive, the transplant should be done as soon as
possible, certainly before Oscar turns 8.

So, if you have seen and enjoyed A Handful of Keys, tell your friends
overseas. Even if you haven't seen it, 130 000 people can't be wrong. The
show has had nightly standing ovations, it has received nine awards, broken
all box office records and attracted rave reviews.

In Sydney, the venue is Paddington Woollahra RSL Club, 220-232 Oxford
Street, Paddington, Sydney. March 18, Ticket price $50. Book on (2) 9645
1611 or www.mca-tix.com.

In London, The May Fair Theatre, Stratton St, W1. London. From March 31 to
April 7. Ticket price �30. Book on 0207 851 0300 or
www.londontheatrebookings.com

Von Memerty Kids Help Fund
WO Fund Raising Number Ref 01 101583 0003
Box 2171. Pinegowrie, 2123
pf/fx ++ 27 11 787 2869
www.handfulofkeys.com

--

The South African Arts, Culture and Entertainment Hub

The Arts and Culture Trust of the President Awards:
Electronic Media of the Year in Support of the Arts
Winner 1998, Finalist 1999 and Finalist 2000/1

Arts and Culture Journalist of the Year 2000/1
Mike van Graan's The Cultural Weapon

IAWMD Golden Web Awards May 2001

Support South African Arts and Culture:
Dial-up with Artslink.co.za and save!
http://www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Iemand Hier?

Do., 14 Februarie 2002 07:09

Wat die bespreking vanoggend voor 6 gehoor het van een of ander
munisipaliteit wat nie meer die fondse het om hul verkeersvloot te onder hou
nie?
Die verkeerslui moet nou glo van die munisipale busvervoer gebruik maak om
hul taak te verrig.
The mind boggles :)))
Iemand wat saam met my in besigheid wil gaan om V8 enjins in busse te
installeer?:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Pakkie van die Huis!

Wo., 13 Februarie 2002 23:12

Ek het vandag 'n lekker groot boks by die lughawe moes gaan haal. My ma het
vir my 'n pakkie van SA gestuur!
Gevul met wonderlike goeters, dit het gevoel asof ek 'n skatkis oopgemaak
het!
Hoe verskiklik groot was die verlange toe na my wonderlike ma en pa (pik nou
weer 'n traan weg)
Wat sy onder andere saamgestuur het, was You must be Joking van Leon
Shuster, en alhoewel die film nou al sestien jaar oud is, was dit wonderlik
om daarna te kyk. Ek was alleen in die huis en het my amper dood gelag!
Dit was so lekker!
Hoe verlang ek nie terug nie!

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1835): [ «    789  790  791  792  793  794  795  796  797  798  799  800  801  802  803  804    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 00:31:46 UTC 2025