Blykbaar is dit iets waaroor skrywers en filmakers stilbly.
Die feit is glo dat bergklim 'n windmakerige besigheid is.
Joseph Hamel is die eerste een wat dit in 1820, na 'n klimtog op Mont Blanc
opgemerk het - The Unpleasant Consequence of Altitude
Blykbaar gebeur die High Altitude Flatus Expulsion op 3700m en hoër.
Volwassenes kan tot 2000ml wind daagliks loslaat ( hoe op aarde meet hulle
dit?)
Dus,word bergklimmes vermaan om nie te diep die vars bergbriesie in te asem
nie:))))
Annette
Danie Gerber ( Springbok senter) het 'n nood hartoperasie ondergaan. Hy het
'n onreelmatige hartklop waargeneem tydens 'n afrigtingsoefening met die
Pumas.
Onse Prez gaan hierdie jaar nog skaarser wees in parlement as verlede jaar.
Volgens Bheki Khumalo sal die Prez ten minste 3 maal hierdie jaar Parlement
bywoon, en hy het al klaar 2 sittings bygewoon - toe hy die
Parlementsopening bygewoon het, en die dag van die debat ivm sy toespraak.
Blykbaar word dit verwag dat die President ten minste 4 maal per jaar in
Parlement verskyn om vrae te kan beantwoord.
Ek sal julle laat weet wanneer die derde en laaste verskyning hierdie jaar
met groot geskal aangekondig word.
Daar was alweer 'n voorval waar 'n swart korporaal in die weermag - wat
alreeds op pad was terug na SA weens sy ongedissiplineerde optrede - twee
blanke offisiere gekiet het. Die offisiere is terug in SA - ernstig gewond,
en die korporaal is dood toe ander weermaglede die offisiere te hulp gesnel
het.
Die Stormers het die Sharks gister in 'n super 12 wedstryd gewen - nie 'n
goeie teken vir die voorloper in die stryd vir nuwe springbokafrigter nie -
Rudolf Straueli kry dit nog steeds net reg dat sy span die eerste helfte
goed speel.
Miskien moet Rudolf aangestel word om die springbokke vir die eerste helfte
af te rig, en Gert Smal vir die tweede helfte. Ek begin wonder wat Gert die
spelers tydens rustyd injaag, want dit gebeur nou met reelmaat dat die WP en
( en nou Stormers) 'n ander span is in die tweede helfte.
Annette
Ek wil nou nie stemming steur met hierdie sombere onderwerp nie, maar ons
het nou onlangs by die werk hieroor gesels (ons praat oor sulke dinge by die
werk omdat ons 'n verdedigingsmag-subkontrakteur is en ons daagliks met
oorlogsake te doen kry).
Hoe voel julle? (Die veronderstelling hier is dat pres. Mugabe die
verkeising wen en daar is tekens van bedrog, ens.) Is daar 'n moontlikheid
op 'n lae-intensiteit burger-oorlog in Zimbabwe, of dalk 'n hoë-intesiteit
militêre oorlog? Wat sou die implikasies vir SA wees (behalwe natuurlik dat
die Rand sy alie gaan sien)? Wat is die verantwoordelikghede van die SA
regeering mbt die voorkoming van 'n oorlog, of indien een uitbreek, mbt die
vredesbehoud? Sou dit in SA se voordeel wees om militêr betrokke te raak om
'n (onkeerbare) oorlog meer spoediglik tot konklusie te bring? Moet ons ons
grense oop maak vir vlugtelinge? Wat sou SA se stand wees indien die oorlog
in Zim uitkring en ander (simpatieke) Afrika-regerings betrek? Indien ZANU
aan bewind bly, die "grondherformingsbeleid" ruk hand uit en die (wit)
bevolking van Zim roep om hulp, wat staan die SA regering te doen?
O Goddit sillie ka soe nie
ôs stukken' en dronk
en suffer larrit goed gan!
O God ôs willie soe gannie
but wietie hoe nie
hoe ommie te warrie nie
hoe om hie' innie tjatjies te survive nie
hoe ommie as-aan te wiesie
en slogans innie strate te skrie nie
hoe ommie te slice nie
ennie vol vannie mapoesas te raakie
hoe ommie te politiekie
en kaalgat annie liewe te klou nie
hoe ommie ding te laat werkie
en assie casspirs kô nie moerland toe te bloei nie
O Goddit sillie ka soe nie
kô stuck by ôs en maak ôs wys
ôs verlang djou!
_____________________________________
tjatjies - Manenberg
as-aan - om nie om te gee nie
slice - in die steek laat, verklap
mapoesas - die polisie
jou ding werk nie - jou planne slaag nie
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
Hier veg die see sy landgoed terug:
dit sien mens aan die soutsweet
teen 'n ruit, 'n windpomp kraanstyf
vasgeroes, bome deur die seewind
teruggedryf, 'n plaag duiwe
op 'n weggeroeste dak. Dieper in
verbrei hy sy domein met newelbank,
brak oewerende siltrivier.
Ook binnenshuis skryf hy op:
meubels ruik na diepversonke hout,
brood muf, gordyn skif, verf skilfer af,
slotte en sleutels slaan aan.
In die kamer waar twee heupe beuk,
herhaal die see sy seminale reuk.
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
Hierdie portugees was nog nooit my idee van 'n Suid-Afrikaanse minister nie
maar na vandag se begrotingstoespraak het hy 'n nuwe beste vriend gemaak;
nie soseer die inhoud van sy begroting nie, (ek is te dom om alles te
verstaan) maar die gehalte van sy toespraak. Op sy manier dink ek hy is
beter as 'n paar vorige ministers van finansies wat ons al gehad het. Ons
het hom net nooit 'n behoorlike kans gegun nie.