Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Begroting

Sa., 23 Februarie 2002 02:16

> Gloudina
> Kan iemand bietjie oor die begroting uitwei?

Mense sal van nou af minder vleis eet.

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

Oorlog in Zim...?

Vr., 22 Februarie 2002 14:22

Hallo mense

Ek wil nou nie stemming steur met hierdie sombere onderwerp nie, maar ons
het nou onlangs by die werk hieroor gesels (ons praat oor sulke dinge by die
werk omdat ons 'n verdedigingsmag-subkontrakteur is en ons daagliks met
oorlogsake te doen kry).

Hoe voel julle? (Die veronderstelling hier is dat pres. Mugabe die
verkeising wen en daar is tekens van bedrog, ens.) Is daar 'n moontlikheid
op 'n lae-intensiteit burger-oorlog in Zimbabwe, of dalk 'n hoë-intesiteit
militêre oorlog? Wat sou die implikasies vir SA wees (behalwe natuurlik dat
die Rand sy alie gaan sien)? Wat is die verantwoordelikghede van die SA
regeering mbt die voorkoming van 'n oorlog, of indien een uitbreek, mbt die
vredesbehoud? Sou dit in SA se voordeel wees om militêr betrokke te raak om
'n (onkeerbare) oorlog meer spoediglik tot konklusie te bring? Moet ons ons
grense oop maak vir vlugtelinge? Wat sou SA se stand wees indien die oorlog
in Zim uitkring en ander (simpatieke) Afrika-regerings betrek? Indien ZANU
aan bewind bly, die "grondherformingsbeleid" ruk hand uit en die (wit)
bevolking van Zim roep om hulp, wat staan die SA regering te doen?

Sou graag hoor wat julle te sê het!

Hennie

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Vernie Plaatjies (geb. 1962) O Goddit sillie ka soe nie

Vr., 22 Februarie 2002 12:53

Vernie Plaatjies (geb. 1962)


O Goddit sillie ka soe nie
ôs stukken' en dronk
en suffer larrit goed gan!

O God ôs willie soe gannie
but wietie hoe nie
hoe ommie te warrie nie
hoe om hie' innie tjatjies te survive nie

hoe ommie as-aan te wiesie
en slogans innie strate te skrie nie
hoe ommie te slice nie
ennie vol vannie mapoesas te raakie

hoe ommie te politiekie
en kaalgat annie liewe te klou nie
hoe ommie ding te laat werkie
en assie casspirs kô nie moerland toe te bloei nie

O Goddit sillie ka soe nie
kô stuck by ôs en maak ôs wys
ôs verlang djou!
_____________________________________
tjatjies - Manenberg
as-aan - om nie om te gee nie
slice - in die steek laat, verklap
mapoesas - die polisie
jou ding werk nie - jou planne slaag nie
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Tilla Diedericks (geb. 1946) Huisvrou

Do., 21 Februarie 2002 15:05

Tilla Diedericks (geb. 1946)

Huisvrou

My blerrie plante groei
ál skeef,
neuk eenkant toe.
Ek troetel en praat
met hulle,
speel Bach ook;
help niks.

Die are in my bene
rank pers soos bougainvillea
al in die rondte
en my hande swel van die hitte -
voete ook, jissis.

Die yskas gorrel,
die toilet is stukkend,
die deure val uit hul skarniere.
Die donnerse vlieë
swerm die hele huis vol;
Doom stink in die kombuis.

Toiingrige gordyne hang
voor vuil vensters,
die wasmasjien tjank
en die kaste gaap oopmond
honger.

Die tuinman hou nog naweek
en die swembad
lê soos 'n vlei vol blare.
Die hittige hond se
bedmaats kruip knaend
deur die hek
en kom bogger my tuin op.

Ja, ja, trou tot in ewigheid.
Dit beloof ek.
Hel.
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Johann de Lange (geb. 1959) Kusdorp

Do., 21 Februarie 2002 14:23

Johann de Lange (geb. 1959)

Kusdorp

Hier veg die see sy landgoed terug:
dit sien mens aan die soutsweet
teen 'n ruit, 'n windpomp kraanstyf
vasgeroes, bome deur die seewind
teruggedryf, 'n plaag duiwe
op 'n weggeroeste dak. Dieper in
verbrei hy sy domein met newelbank,
brak oewerende siltrivier.
Ook binnenshuis skryf hy op:
meubels ruik na diepversonke hout,
brood muf, gordyn skif, verf skilfer af,
slotte en sleutels slaan aan.

In die kamer waar twee heupe beuk,
herhaal die see sy seminale reuk.

André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Trevor Manuel

Wo., 20 Februarie 2002 18:18

Hierdie portugees was nog nooit my idee van 'n Suid-Afrikaanse minister nie
maar na vandag se begrotingstoespraak het hy 'n nuwe beste vriend gemaak;
nie soseer die inhoud van sy begroting nie, (ek is te dom om alles te
verstaan) maar die gehalte van sy toespraak. Op sy manier dink ek hy is
beter as 'n paar vorige ministers van finansies wat ons al gehad het. Ons
het hom net nooit 'n behoorlike kans gegun nie.

Koeitjies & kalfies | 24 kommentare

Kaapstad - voorgestelde nuwe naam!

Wo., 20 Februarie 2002 17:26

Laat ons die voorstelle hoor... Slaapstad is reeds ene ...

Waarom herdoop ons nie elke plek nie?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Evacuatie

Wo., 20 Februarie 2002 10:02

Verschillende EU landen ( ook NL )hebben een evacuatieplan
klaar liggen om hun onderdanen eventueel te evacueren.
In Zimbabwe verblijven nu nog 1500 Nederlanders.

ZA heeft de EU sancties afgewezen..

grt emmy

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Limpopo se dorpsname

Wo., 20 Februarie 2002 08:17

Vanaf iemand in Holland - hulle stel meer belang;)))

Die voorgestelde name.
* Warmbath is now Bela-Bela
* Nylstroom is Modimolle
* Potgietersrus is Mokopane
* Pietersburg is Polokwane
* Messina will be known as Musina

Lyk my hule stel nie belang in die klein plekkies nie - net die plekke
waarna toeriste miskien na toe sou wou gaan.

Miskien moet ons die ---ane idee aan hulle voorlê:))

Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

MIV Nuusies

Wo., 20 Februarie 2002 06:38

Weens die groot Vigs probleem in SA is regseise aan die toeneem. Ek
lees in die "Medical Protection Society" se maandelikse tydskrif dat
in vrou die Mpumalanga se owerhede dagvaar vir agterlosigheid. Sy
voer aan dat geen medikasie vir haar gegee is om te verhoed dat die
MIV virus na haar baba oorgedra word nie. As sy dié saak wen word die
deur wyd oopgemaak vir soortgelyke gevalle.In die Oos Kaap word die
plaaslike bloeddienste en n dokter gedagvaar omdat Vigsbesmette bloed
aan 'n baba gegee is.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    787  788  789  790  791  792  793  794  795  796  797  798  799  800  801  802    »]
Tyd nou: Ma. Des. 22 02:52:17 UTC 2025