Ek hoor oor die draadloos dat daar nou 'n groterige aksie aan die gang is om
inheemse tradiosionele speletjies te bevorder - hulle wil glad 'n inheemse
spele hou.
Daar is gepraat van juksei, en vier ander etniese name waarvan ek nie ken
nie - dit sou 'n bietjie gehelp het om net 'n kort verduideliking te gee wat
dit behels.
Ek is amper seker een is touspring, en die ander stokgevegte.
As touspring een van die sporte is, dat moet daar aangedring word dat die
senior dames bolangs gekleed moet wees - anders sal daar geen uitslag wees
nie - al die skeidsregters sal te stomgeslaan wees om na die voet-tegnieke
vir puntetoekenning te kyk:))
Hoekom sal bok-bok of kierantjie nie ook een van die sporte wees nie?
En tolgooi is tog ook baie tradisioneel, of hoe?
Ek dink klipgooi ( werklik en verbaal) behoort ook 'n sport wees - daar is
baie mense hier wat baie goed daarmee is.
Ons kan selfs dan 'n soc.afr. span inskryf:)))))
Groot onkoste, en reëlings - alles verniet - omdat daar maar weer soos
gewoonlik net voortgegaan is met die reëlings, en soos gewoonlik aangeneem
is dat die probleme wat bestaan het tydens die beraad uitgestryk sal word.
Gelukkig het die betrokkenes toe vas besluit dat daar geen beraad sal wees
voordat daar nie ooreengekom is oor sekere kwessies nie - wat eintlik gedoen
moes gewees het voordat daar enige moeite verder gedoen is.
Ons ou klompie hier is tog so beraad-verskrik - en hulle leer maar net nie
uit hulle foute nie.
Die Vigs-kongres was nou nie juis 'n rasende sukses nie.
Die Spier-kongres om die Israeli/Palestina kwessie te probeer uitsorteer was
ook maar lam, hoofsaaklik omdat die mense wat saak maak dit nie bygewoon het
nie.
Nou hoor ek vanoggend dat die paaie daar onder in Transvaal opgegradeer en
reggemaak gaan word sodat als mooi kan lyk vir die ander groot kongres wat
in September in Johannesburg gehou gaan word - dieselfde kongres wat
veroorsaak het dat skoolkwartaaldatums verander is nadat die skole hierdie
jaar al begin het.
Goeie plan van Onse Prez - reel kongresse en sameprekings hier sodat hy te
besig is om in die parlement te kan optree.
Enigiemand wat weet hoe om iemand gesond te hou sodat hy in die Argus
fietstoer kan ry?
Hy is van Kanada - en ons kry altyd 'n vreeslike verkoue as ons van die koue
af hiernatoe terugkeer in die hitte.
Annette
Nou hier op my TV staan daar vier ouens om 'n braaivleisie en gesels oor
dood normale, intelligente dinge soos clutchplate en skrumskakels en hier
kom die een ou so uit die bloute met sy ereksieprobleem. Nou vra ek met
trane in my oë: Wie sou nou in sy dopsel belangstel by 'n braaivleisvuur??
En dan volg die skokkende onthulling: 50% van alle mans bo veertig, is nie
meester van hulle peester nie.
Regtigwaar, en ek is nie eens 'n sensitiewe kyker nie. Wat wil Pfizer
bereik met hierdie smaaklose advertensie??
lu...@webmail.co.za (Louis Kriel) skryf in boodskap news:...
> Hi Anette, Hi James,
>
> Toevallig twee mense wat my lewe "gekruis" het, op veskillende maniere
> .. en hier kruis hulle lewens ook! Sekere MArthie wat vir James in
> aAfrikaans tik?
> Groete
> Louis
> XXXXXXX
KinkY: Hallo Louis! Ek dog jy het van die aardbol af verdwyn?
;-)
over the past few years more money has been spent on breast implants
and viagra than on alzheimer's disease. the inevitable result is that
soon we will have a lot of people running around with huge breasts and
persistent erections who cannot remember what to do with them.
Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za
Na gelang van 'n praatjie op "East Coast Radio" vanoggend het ek gou 'n paar
sommetjies gemaak.
IN TEORIE
Daar is 90 boulbeurte per dag en ses balle per beurt, maak dit 2700 balle in
'n vyfdag toets.
As ons nou 'n baie fikse bouler het, Mkaya??, en ons laat hom boul na 'n
baie fikse kolwer, Adam??, en ons bouler boul elke bal 'n foutbal, en die
kolwer slaan elke bal vir 'n 6 wat dit eintlik 'n 7 maak omdat dit 'n
foutbal is, kan jy teoreties 18900 lopies in een boulbeurt kry. Die beste
is dat die boulbeurt na vyf dae nogaltyd nie sal klaar wees nie, daar sal
nog 6 balle oor wees, want al die ander was foutballe.
Klink vir my ons ouens het briljant goed gedoen om die Au-sies te beperk tot
seshonderd en iets.
Alan Donald doen 'n Jonty.
Hy het aangekondig dat hy nie meer vir toetskrieket beskikbaar is nie.
Hy wil sy liggaam glo regkry vir om volgende jaar in die wêreldbeker te kan
speel.
André Vos ( 27) het uit mededingende rugby uitgetree.
Hy is tans beseer, maar een van sy redes is ook dat hy te veel van sy huis
af weg is.
Ek sal nogal graag wil weet hoeveel van ons mense speel nou oorsee rugby, of
is van plan om te gaan.
Miskien sal ons rugbykeurders op die ou end minder rigied moet wees, en die
spelers wat oorsee speel wel vir die springbokspan kies.
Dit is nou as hulle wil wen.
Aan die anderkant begin ek dink dat hulle die spelers aanmoedig om te gaan,
sodat meer voorheenbenadeelde anderskleuriges hier in die spanne opgeneem
kan word.
Wel, as spelers soos Bobo die resultaat is, dan het ek nie 'n probleem nie .
Tsvangerai gaan glo van hoogverraad aangekla word - so ons sal sien hoe
vinnig Mugabe hierdie sake gaan afhandel.
Rugbyspelersverhoor: Staatspatoloog het getuig dat die beserings aan die kop
veroorsaak kon word deur die spelers wat die vermoorde oor die heining wou
gooi.
Ek hoop daardie lotjie kry 'n swaar straf en sit lank.
Nog 'n politikus het as voorsitter van 'n parlementêre kommitee bedank agv
die optrede van die ANC in die wapenskandaalsaak.
Die stadsrade raak raadop met die diefstal van elektrisiteit in die
voorafbenadeelde gebiede.
Hoe hulle hierdie spesifieke optrede gaan uitroei is nogal 'n vraag, want
dit word nou al so lank gedoen, dit is al tradisie.