Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Argus brand rubber

Ma., 11 Maart 2002 12:09

Annette

Het jy toe fiets gery/getrap/gestoot? Of was dit net 'n vriend wat kom
deelneeem het? Hoor dit was so baie warm innie Kaap dat die fietsbande aan
die pad kon smelt. Een persoon nou dood.

:-)

TJ

--

The South African Arts, Culture and Entertainment Hub

The Arts and Culture Trust of the President Awards:
Electronic Media of the Year in Support of the Arts
Winner 1998, Finalist 1999 and Finalist 2000/1

Arts and Culture Journalist of the Year 2000/1
Mike van Graan's The Cultural Weapon

IAWMD Golden Web Awards May 2001

Support South African Arts and Culture:
Dial-up with Artslink.co.za and save!
http://www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Suid Afrika, 'n onveilige land?

Vr., 08 Maart 2002 19:20

Hallo, elkeen,

Ek het 'n vraagjie vir die Afrikaners hier...
Suid Afrika is nou bekend as 'n baie onveilige land met baie misdaad
daarin. Ek het gister nog 'n praatjie gehad met my vriendin in Port
Elizabeth via 'n webchat en sy het gesê dis waar.
Maar nou sou ek tog wou geweet het of dit in vroeër jare ook altyd so
gewees het. Wanneer is die onveiligheid in die land gekom? Is dit deur
die afskaffing van die Apartheid gekom of is dit 'n fenomeen wat altyd
bestaan het? Ek hoor van me vriendin sy kan daarmee leef en sy sê
ook dat die meeste mense in SA daar eintlik nou al nie meer van opkyk
nie. Nou, neen, egt: ek sou dit nie wou geweet het nie! Ek wil slegs
leef in 'n land waar ek vry oor die straat kan wandel en waar ek my
gerus voel soos in me eie land. Me vriendin sê sy woon slegs 800 meter
van haar werk vandaan maar sy stap elke môre snel door totdat sy
haar werk bereik. Hm.., dit sou ek nie wou geweet het nie! Hier in
Vlaanderen kan ek kilometers deur die strate kuier sonder dat ek deur
iemand lastig geval word.

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 159 kommentare

Danielle...

Do., 07 Maart 2002 20:14

Haai...

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Hermien en Fanie

Wo., 06 Maart 2002 18:32

Toe sterf Fanie net soos sy vrou Hermien in 1994.
Die man wat op die sewe-uur nuus vertel het dat dit die tweede vriend
is wat hy deur moord verloor het in 'n kort tyd is die apteker van wie
ek julle vertel het onlangs. Die apteker wie se apteek reg langs my
kantoor is. Of het ek julle nie vertel toe Dawid De Ridder en sy vrou
op die grasperk moes lê met vuurwapens op hulle gerig en die skakers
toe hulle duur Toyota gesteel het. Die Toyo is maar weer voor die
apteek geparkeer want hy is dadelik deur 'n sateliet opspoorder gevind
maar Dawid weet steeds nie wat anders hy moet hê as die
afstandbeheerde hek wat hulle ook nie uitgehou het nie. En vir my sê
hy dat dit 'n ondervinding is wat niemand hom kan indink as hy dit nie
ervaar nie. Dan is hy nog die ultra_regsgesinde van die dorp!

Verlede week is Piet Botha, die eienaar van die Crocodilian
doodgeskiet in 'n rooftog. Vanmôre is Fanie Van Vuuren (wat destyds
van moord op sy vrou aangekla was ((onopgelos)) ) ook dood gevind op
sy plot. Fanie was tydens die moord op Hermien die parlementslid vir
die KP. 'n Vriendelike sagmoedige mens. Is dit net hier wat dit so
gaan?

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

afrikaanse canon

Wo., 06 Maart 2002 16:41

Met ons koor zingen wij een afrikaanse canon met de volgende tekst:
E-lah pakwama

walache wagwanahe
a kinana gwanahe

mba mawa elah
de danaledeh

mba mawa ungaeh
gwanahe pakwamaeh

We vragen ons af of dit alleen maar klanken zijn of dat het ook nog iets
betekent.
Wie kan ons helpen aan een eventuele vertaling

mete vriendelijke groet, Karin

Koeitjies & kalfies | 181 kommentare

Drome van Beverly('s) Hills

Wo., 06 Maart 2002 14:07

Ai toggie, ek dog ek gaan uit my swarte grot van eensaamheid kom, reageer op
akkommodasie om te deel advertensie, en ja, soos ek hoop, is net met vrouens
(meisies). En ek gaan sien Beverly, en ek word aanvaar. Maar dit bly net
drome van om Bevery('s) Hills te verken. Het darem oor die naweek 3 nagte
saam "opgesit" voor TV. 2 was vir grand-prix .. sy is mal daaroor, en ek
doen alles om ook belang te stel. Maar ek het seker te veel verwag ... ons
deel akkommodasie, ons woon nie saam nie.

ludeksa

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Botterneute?

Wo., 06 Maart 2002 10:14

Wat is die Afrikaans vir "butternut"? Botterneut of botterskorsie?
Seker laasgenoemde, maar die woord botterneut lê tog lekker sag op die
oor. Die goed word nou hier by ons op straat teen R10 per lemoensak
vol verkoop. Ek het 'n sak gekoop, dit geweeg en dit was 12 Kg, nie
sleg vir R10 nie.

Hier is nou 'n goeie resep:

1 groot botterneut
250 g maer spek (bacon), gesnipper
200 ml dik room
2 uie, redelik fyn
Gerasperde kaas
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Kook die pampoen gewoonweg gaar en "mash" dit
Braai die ui en spek saam in olie tot die ui effens bruinerig is
Meng nou alles behalwe die kaas in 'n platterige oondbak
Strooi die kaas bo-oor en bak in 'n oond (180 C) tot alles deurwarm is
en die kaas gesmelt is

Net iets oor die room: Hier by ons verkoop iemand baie goeie kwaliteit
room - na net omtrent 'n dag in die yskas is dit so dik dat mens dit
uit die houer moet skep. Die groot melkerye se room is meer vloeibaar.
As jy sulke room gebruik, verdik die mengsel met ongegeurde, droë
krummels anders gaan jy pampoensop maak. Die mengsel moet redelik styf
wees

(Ek sit 'n goeie skeut knoffel ook by, iets wat ek by omtrent ALLES
sit.)

Drom

(I'm mad about mustard,
even on custard - Ogden Nash)

Kos & resepte | 28 kommentare

Onbenullighede

Wo., 06 Maart 2002 09:24

Julle is die laaste paar dae traag om hier te pos, dus pos ek nou maar
‘n paar onbenullighede.

Dis eerskomende naweek, dink ek, karriefees op Kareedouw. Daar gaan,
behalwe karriesuipery, groot bedrywighede daar wees. Karrie is 'n
heuningbier, wat, as reg onthou, ook die knol/bol/wortel van 'n sekere
plant bevat. Seker om smaak te gee, want om net heuning te fermenteer
sal maar 'n oninteressante brousel oplewer. Dit het glo soms 'n
onverwagse harde skop.

Kareedouw (wat dalk meer bekend is as die plek waar 'n sekere persoon
begrawe is) is die oostelike poort tot die Langkloof, waar, al sê
Annette nou wat ook al van Ceres se perskes, die beste somervrugte in
die land gekweek word. En met baie mooi plekname, soos Kareedouw,
Misgund, Louterwater, Avontuur en nog ander. Dis ook die enigste plek
wat ek al gesien het waar K & K (katel en kos, lekker Afrikaans!)
geadverteer word pleks van die meer algemene B & B.

Noordwaarts oor die berge van die Langkloof af kry mens Baviaanskloof.
Om daar deur te ry is nie 'n rit nie, dis 'n ekskursie want dis 'n nou
grondpad met berge, draaie en afgronde wat absoluut skrik vir niks
nie. Baie van hulle! 'n Vriend van my is onlangs daar deur en sy
kommentaar was, "I sure as hell don't know why anybody wanted to build
a road there in the first place." Dit is net omtrent 150 km maar dit
het hom amper 8 uur geneem om dit af te lê. Hy sê ook dat mens dit nou
se dae nie met enige voertuig kan aanpak nie want die pad is baie
verwaarloos. As jongmens is ek en 'n vriend met 'n VW Beetle daar
deur, maar dan, met 'n Beetle in sy tweede en derde rat kon mens
enigiets aanvat.

Baviaanskloof is rêrig een van die indrukwekkendste plekke in die
land. Dis 'n klipperige, barre stuk aarde (met afgronde!) wat onlangs
tot natuurbewaringsgebied verklaar is. Mens wonder nou net hoekom
bobbejane, koggelmanders en skerpioene bewaar moet word, want daar is
defnitief niks anders daar nie.

OK, al hierdie was maar net om iets op die NG te kry. Hoop iemand kyk
hierna.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Rashied Staggie

Wo., 06 Maart 2002 06:13

Vandag, miskien, uiteindelik - die uitspraak in die verhoor van die moord op
Rashied Staggie.

Hoe het dinge nie verander nie.
Na die moord het menige kop geskud en die daad van Pagad goedgekeur - dat
daar darem uiteindelik 'n groep mense optree om die dwelms van hul kinders
weg te kry.

Ek dink dit is reg dat die wat die moord gepleeg het gestraf word.

Maar hoeveel dwelmhandelaars word vir moord gedagvaar vir die jong lewens
wat vroeg geblus word?
Okei - moenie dink dat ek nie verstaan hoekom nie - maar as Rashied Staggie
en sy broer en hul bende nie in die eerste plek so met dwelms tekere gegaan
het nie, dan sou Pagad nie toe so opgetree het nie.

Ek twyfel egter nie dat Pagad nie wel later sou optree soos wat hul wel sou
gedoen het nie.
Die millitante faksie was wel teenwoordig.

Moet sê, die prentjie van die beskuldigde in die Argus is nogal simpatiek -
'n ou mannetjie met 'n appologetiese houdintjie, lappie oor die skouers,
hoedjie op die kop - soos iemand wat nie eers 'n vlieg sou skade aandoen
nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Daryl uit - Krieket

Wo., 06 Maart 2002 05:35

Cullinan is uit die span uit nog voordat hy weer begin het - iets van 'n
spelerskontrak wat nie geteken is nie.
Pollock speel ook nie.

Ek dink ons moet 'n weddenskap aangaan om te sien hoe ver ons hierdie keer
gaan verloor:))

Iets wat darem nou goeds gaan gebeur is dat Kepler uiteindelik weer betrek
gaan word.

Damn Ali Bacher en sy agendatjies.

Annette

Sport & ontspanning | 14 kommentare

Bladsye (1834): [ «    782  783  784  785  786  787  788  789  790  791  792  793  794  795  796  797    »]
Tyd nou: Sa. Apr. 25 09:08:33 UTC 2026