Sasolburg. Brig. Zondi Nghondzweni, voormalige bevelvoerder van die
Sasolburg-polisiekantoor, is uit die polisie ontslaan nadat hy intern
skuldig bevind is aan 'n klag dat hy 'n vrou in sy kantoor verkrag
het.
Nghondzweni is Dinsdag ontslaan, maar bly vir eers tydelik geskors
terwyl hy kans kry om teen sy ontslag te appelleer.
Kol. Sam Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het gister
Nghondzweni se ontslag bevestig. Nghondzweni is ook strafregtelik deur
die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) aangekla en gaan in die hof
op dieselfde aanklag teregstaan.
Die OKD het Nghondzweni vroeg in Februarie in hegtenis geneem nadat hy
na bewering 'n 26-jarige vrou in sy kantoor op Sasolburg verkrag het.
Die burgerlike vrou het tydelik in sy kantoor diens gedoen.
On Mon, 28 Jun 2010 09:40:47 -0700 (PDT), Etienne Marais wrote:
> http://censorbugbear-reports.blogspot.com/
>
> Lita: "It was two men who had worked for my parents on the farm for
> many years. They broke into the house at 8.30am on a Sunday when my
> parents were at church and waited for them to come back. They got home
> at 3.15pm.
>
> "They shot my mum three times, through the knees and through the back.
> She was not immediately dead; she died from blood loss after about 25
> minutes.
>
> During that time they poured boiling water from the kettle over her.
> My dad they tied up in the bathroom, they tied him by the neck.
>
> They slapped him and put him in the bath. Boiling water was poured
> down his throat. The postmortem showed that he was burnt inside and
> that his stomach was full of water. It lasted five hours.
>
> Why do that? I don't know why they were so violent. I think it's
> hatred. It must be race hatred. I think they did it for satisfaction.
> But my parents were old people, they were very good with their
> staff.
>
> They got away with R7,000 worth of household things, clothes, cash,
> some guns. They were caught and sentenced to 50 years for murder. They
> weren't sorry. But I don't hate them. I tell other people who have
> been attacked ... you must not want to kill them."
>
> http://censorbugbear-reports.blogspot.com/
Dit is wanneer ek iets soos dit lees
dat ek met nuwe ore luister na
diegene wat sê dat hulle
nie mense is nie.
Il mittente di questo messaggio|The sender address of this
non corrisponde ad un utente |message is not related to a real
reale ma all'indirizzo fittizio|person but to a fake address of an
di un sistema anonimizzatore |anonymous system
Per maggiori informazioni |For more info https://www.mixmaster.it
Il mittente di questo messaggio|The sender address of this
non corrisponde ad un utente |message is not related to a real
reale ma all'indirizzo fittizio|person but to a fake address of an
di un sistema anonimizzatore |anonymous system
Per maggiori informazioni |For more info https://www.mixmaster.it
'n Blanke vrou van Port Elizabeth is deur vyf swart gewapende rowers
in haar huis verkrag terwyl haar vierjarige seuntjie moes toekyk.
Volgens 'n plaaslike koerant in die Baai is dit "die eerste
gewelddadige huisaanval waar verkragting betrokke is" sedert die
aanvang van die wêreldsokkerbekertoernooi.
'n Woordvoerder vir die polisie, adjudant-offisier Precious Timla, het
gesê dat die rowers omstreeks 3-uur vm. deur 'n venster van die
kothuis in 'n tuin toegang verkry het.
Die vrou van Pekingstraat, Morningside is deur die geluid van stemme
in die kothuis wakker gemaak. "Die volgende oomblik het die (swart)
mans haar op die bed vasgedruk," het Timla gesê. "Hulle het 'n pistool
teen haar kop gehou en haar bankkaarte en pinnommer geëis voordat
hulle beurte geneem het om haar te verkrag terwyl haar seun dit in die
vertrek moes aanskou."
Blykbaar is 'n mes ook teen die vierjarige seuntjie se keel gehou om
sy ma te dwing om saam te werk.
Die geweldenaars het gedreig om haar seun as gyselaar aan te hou
terwyl hulle bank toe gaan om die geld te trek, maar die vrou kon
hulle oorreed om hom agter te laat.
"Ons is nie seker wat tussen haar en die rowers gebeur het nie, maar
hulle het uiteindelik die kind agtergelaat," het Timla gesê.
Hoewel daar geen tekens van 'n inbraak is nie, het 'n polisiebron gesê
dat die vensters oud is en nie behoorlik toemaak nie, dus kon die
rowers maklik deur een van hulle ingekom het.
Sommige aanvallers het weer deur die venster uitgeklim terwyl ander
deur die agterdeur vertrek het. Die vensterskarniere is los en het
geklap toe die rowers uitgeklim het, wat die huiseienaar op dieselfde
perseel wakker gemaak het.
Hy het opgestaan om ondersoek in te stel en het die vlugtende swartes
skrams gesien. "By die kothuis gekom, het hy die vrou huilende op die
bed gevind," het die bron gesê.
Die polisie is onmiddellik ontbied.
Volgens Timla is "drie van die mans met pistole gewapen, terwyl 'n
vierde blykbaar 'n speelgoedpistool by hom het".
Die erg geskokte vrou is na die hospitaal geneem en later ontslaan.
"Die vrou is hoogs emosioneel en erg getroumatiseer," het die
polisieman gesê. "Haar seuntjie is ook baie ontsteld oor die
voorval."
’n Jong vrou het gister hier toegekyk terwyl die man wat haar met ’n
oopgekapte skedel langs haar ma se lyk gelaat het nadat hy dié ook met
’n byl aangeval het, twee keer lewenslange tronkstraf opgelê word.
Regter David Spilg het Victor Nyezineu (25) vroeër in die rondgaande
hof in Vereeniging skuldig bevind aan die moord op mev. Heila Pienaar
(42) en poging tot moord op haar dogter, Charmaine (20).
Hy is ook tien jaar tronk toe gestuur weens die roof van R2 000.
Nyezineu het mnr. Danie Pienaar (43) se skrootonderneming in Waldrift
op 1 Oktober 2008 met ’n byl binnegestap om te roof en te moor, het
die regter bevind.
Charmaine het sowat ses uur lank met ’n oopgekapte skedel langs haar
ma se lyk gelê.
Nyezineu, ’n onwettige immigrant van Zimbabwe, is 12 dae later in
hegtenis geneem.
Die hof het gehoor hy het as jong seun vee opgepas, maar in 2002 na
Suid-Afrika gekom op soek na ’n beter lewe.
Hy was glo in geldnood toe hy verlede jaar ná sy broer se dood na sy
tuisland wou gaan om sy ma by te staan.
Adv. Kgomotso Tloane, vir die verdediging, het ter strafversagting
aangevoer Nyezineu se wandade sal nie net sy ma verpletter nie, maar
kan selfs tot haar dood lei.
Volgens Spilg het Nyezineu vooraf beplan om Charmaine en haar ma te
vermoor om te keer dat daar enige getuies van die rooftog is.
Nyezineu het kort-kort sy kop geskud terwyl Spilg hom gevonnis het.
Mnr. Pienaar, sy seun, Frikkie, en Charmaine het gespanne na die
vonnisoplegging geluister, maar was sigbaar verlig toe hulle besef
Nyezineu gaan baie jare agter tralies deurbring.
“Ons is baie tevrede met die vonnis,” het Pienaar sr. buite die
hofgebou aan Beeld gesê.
Rowers val gesin in ‘teikenhuis’ 2 keer in 6 weke aan
2010-06-11 22:56
Hilda Fourie
Binne ses weke het hy een keer ’n rower op sy vrou gekry en die
volgende keer is hy in die gewrig en maag geskiet.
’n Week later het mnr. Gert van Tonder uit sy huurhuis in
Rietvalleipark, in die ooste van Pretoria, getrek nadat hy by sy bure
en die polisie gehoor het dié huis in Escombelaan is ’n gereelde
teiken van misdadigers.
Van Tonder (36), ’n bedryfsbestuurder van ’n veiligheidsmaatskappy,
het in Januarie ingetrek.
“Ek voel die verhuringsmaatskappy moes aan my bekend gemaak het wat
die misdaadsituasie in die omgewing is,” het Van Tonder gister by sy
nuwe huis in Moreletapark gesê.
“As hulle vir my gesê het, het ek nooit daar ingetrek nie.
“Ek dink ’n lewe is meer werd as ’n bietjie sake.”
Twee weke gelede was Van Tonder en sy vrou, Lizette (37), besig om te
braai toe vyf mans, van wie een gewapen was, op hulle afstorm.
“My vrou het hulle eerste gesien en begin skree,” het Van Tonder
gesê.
“Ek het die wapen uit die een se hand gegryp. Dis toe dat hy my in die
gewrig skiet. Ons het verder om die wapen gestoei waarna die tweede
skoot geklap het. Ek is in die maag getref. Toe die tweede skoot klap,
het hulle weggehardloop. Hulle het niks gevat nie.”
Ses weke voor dié voorval het Van Tonder wakker geword van sy vrou wat
skree dat daar ’n misdadiger op haar klim.
Dié misdadiger se makker het langs Van Tonder gestaan.
Van Tonder het die man wat bo-op sy vrou was, geslaan, waarna hy en sy
makker met ’n skootrekenaar en selfone gevlug het.
“Ek moes trek, want ek gaan nie daar bly dat mense my beroof nie. Ek
kan nie my gesin in sulke gevaar stel nie,” het Van Tonder gesê.
“’n Mens moet ondersoek instel die misdaad in die omgewing voordat jy
’n huis koop of huur. Ek weet misdaad kom oral voor, maar ek voel tog
die verhuringsmaatskappy moet ’n mens daaroor inlig.
“As daar weer mense in daardie huis intrek, sal ek hulle self van die
misdaad gaan vertel.
’n Gholfafrigter van Centurion is eergisteraand op ’n kort afstand
deur ’n bakkievenster geskiet kort voordat twee mans haar pa van
duisende rande beroof het.
Dié voorval het net ’n paar honderd meter van die Leriba Lodge, waar
die Italiaanse sokkerspan tuisgaan, gebeur.
Me. Madeleine Kleinhaus (21), wat in die arm en been getref is, is
gister uit die Unitas-hospitaal in Centurion ontslaan.
Haar pa, mnr. Stefan Kleinhaus, het gesê hy gaan sy dogter “uit dié
Sodom en Gomorra” vat en saam met hom terug Pongola toe neem.
“Daar by ons is dit (’n skietery tydens ’n rooftog) ongehoord. Hier
skiet hulle die mense soos vlieë dood,” het mnr. Kleinhaus gesê.
Hy en sy vrou, Santa, het Maandagaand in Centurion aangekom om
onderdele te kom koop. Hulle het eergisteroggend omstreeks 11:00 saam
met hul dogter by die Eerste Nasionale Bank in Centurion gaan geld
trek. Op pad terug na haar huis in Lyttelton het hulle naby die
laagwaterbrug digby die Leriba Lodge langs die pad stilgehou by ’n man
wat tafels verkoop.
Mnr. Kleinhaus het uit sy voertuig geklim, terwyl Madeleine en haar ma
bly sit het.
“Twee mans het van voor af na die bakkie aangestap gekom,” het
Madeleine gesê. Haar pa het aan die agterkant van die bakkie gestaan.
“Toe ek hulle sien, het ek aan my ma gesê hier is nou moeilikheid.”
Madeleine en haar ma het die bakkie se deure gesluit. Een van die mans
het aan die bestuurderskant se deur geruk. Mnr. Kleinhaus het dit
gesien en nader geloop. Terwyl een van die mans ’n vuurwapen op hom
gerig het, het die ander een na Madeleine se kant geloop.
“Toe ek die vuurwapen (wat die man op haar gerig het) sien, het ek
afgebuk. Ek het weer opgekom. Dis toe wat hy my deur die venster
skiet.
“Hulle het na my ma toe gegaan en gevra: ‘Where is the bag, where is
the bag?’ Hulle het presies geweet wat hulle kom haal het. Ek het
gevoel hoe ek warm word en toe vir my pa-hulle gesê ek is geskiet en
dat hulle my moet help, want ek gaan doodgaan.”
Mnr. Kleinhaus het ’n verbygaande motoris voorgekeer wat Madeleine en
mev. Kleinhaus na die Unitas-hospitaal geneem het.
“Ons het niks verkeerds gedoen nie. Ons het openlik gery en langs die
pad stilgehou om iets te koop, toe word ek geskiet,” het Madeleine
gesê.
“Ná die voorval het ek net agtergekom ’n mens se lewe is nie in jou
eie hande nie.”
Me. Aveline Hardaker, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.