Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Polisieman op die vingers getik ná korrupsie
Polisieman op die vingers getik ná korrupsie [boodskap #119789] Vr, 01 Oktober 2010 21:56
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Polisieman op die vingers getik ná korrupsie
2010-09-17 07:15

Buks Viljoen

'n Speurder van die polisie in Middelburg, Mpumalanga, het met net 'n
tikkie oor die vingers weggekom nadat hy in 'n interne verhoor aan
korrupsie skuldig bevind is.

Ao. Samuel Mokoena (43) het vandeesweek 'n boete van R2 500 en 'n
opgeskorte vonnis van ses maande as straf gekry.

Mokoena het gister ook in die hof in die dorp op strafregtelike klagte
van bedrog en korrupsie verskyn.

Hy is 'n paar weke gelede op heterdaad betrap toe hy R1 000 omkoopgeld
van 'n verdagte ontvang het om glo 'n diefstalklag te laat “verdwyn”.

Die verdagte is aangekla omdat hy glo koperdraad gesteel het, maar die
staat het die saak laat vaar omdat daar nie genoeg bewyse teen hom was
nie.

Tydens Mokoena se tugverhoor is daar getuig hoe hy, nadat die saak
deur die staat laat vaar is, na die vrygespreekte verdagte gegaan en
voorgegee het hy (Mokoena) kon reël dat die klag laat vaar word indien
hy betaal sou word. Die klaer het die aanbod by die polisie aangemeld
wat op hul beurt 'n lokval beplan het.

Pas nadat Mokoena die R1 000 omkoopgeld ontvang het, is hy in hegtenis
geneem.

Die hele voorval is ook op videoband vasgelê.

Die voorsitter van die polisie se verhoorpaneel het Mokoena met R2 500
beboet.

Daar is ook gelas dat hy afgedank moet word as hy binne die volgende
ses maande weer aan korrupsie skuldig bevind sou word.

“Dié straf is verregaande, belaglik en geheel en al onvanpas,” sê
Anthony Benadie, leier van die DA in Mpumalanga.

“Hy moet summier afgedank word. Dié soort straf dien geensins as
afskrikmiddel vir ander polisiemanne nie.”

Benadie sê genl. Bheki Cele, nasionale polisiekommissaris, se
uitsprake om genadeloos teen korrupsie op te tree, word hierdeur
ongedaan gemaak.

Benadie sê hulle gaan dringend 'n versoek aan die provinsiale
polisiekommissaris, lt.genl. Thulani Ntobela, rig om die straf te
hersien.

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Polisieman-slegs-op-d ie-vingers-getik-na-hy-aan-korrupsie-skuldig-bevind-is-20100 916-2
Vorige onderwerp: Bedrog-nes in staat
Volgende onderwerp: Paartjie vir vier ure deur rowers aangehou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 01:41:16 MGT 2024