Nuus 3/5
Vr., 03 Mei 2002 06:10
Twee WP/Stormers bokke het besluit hulle is nou moeg van verloor.
Slaptjips Rossouw ( vleuel) en Robbie Kempson ( stut) het besluit hulle
gaan nou liewer in Engeland en Wallis rugby speel.
Annette
Nuus |
0 kommentare
Invloed van VIGS op SA
Vr., 03 Mei 2002 05:34
'n Verslag van die arbeidskonsultasiegroep Andrew Levy en Vennote wys daarop
dat VIGS 'n wesenlike invloed gaan hê op die demografie van die
Suid-Afrikaanse bevolking. Van die belangrikste punte in die verslag is:
Sowat 'n derde van alle Suid-Afrikaners sal teen 2005 MIV-positief wees.
Die lewensverwagting van 'n vrou gaan in 2005 en 2010 onderskeidelik tot 43
en 37 daal.
4% van die arbeidsmag kan in die volgende 10 jaar verlore gaan.
Koeitjies & kalfies |
8 kommentare
Kapel by nuwe Lughawegebou.
Do., 02 Mei 2002 17:13
Dit was glo nie by die oorspronklike planne nie, maar daar gaan nou ook 'n
kapel wees by die nuwe lughawegebou by JhbInt.
Dis glo interkerklik, oop vir almal, omdat navorsing getoon het baie
passasiers het 'n behoefte om eers berusting te vind voordat hulle 'n
vliegtuig by JhbInt bestyg.
Annette
Koeitjies & kalfies |
10 kommentare
Jim Reeves sterf in vliegongeluk
Do., 02 Mei 2002 13:35
Ek het grootgeword met die wete dat Jim Reeves dood is in 'n vliegongeluk.
Maar die storie wat ek toendertyd gehoor het was dat Reeves 'n passasier was
op 'n straler wat in die Bermuda driehoek verdwyn het. Ma het met groot
omhaal vertel hoe sy liggaam NOOIT gevind was nie en daar was vir jare na
sy dood gespekuleer dat hy steeds gelewe het agter die ystergordyn.
Weereens 'n groot openbaring toe ek lees Reeves het sy eie Beechcraft
gevlieg toe dit in 'n swaar reenstorm naby Nashville neergestort het.
http://www.planecrashinfo.com/w640731.htm
Hantamkind
Koeitjies & kalfies |
8 kommentare
Nog 'n Vies Botha
Do., 02 Mei 2002 12:10
Die rugbyspeler wat skuldig bevind is vir die moord op die dief-kind, het
glo vandag, na die vonnisoplegging, probeer om die staatsaanklaer aan te
val.
Lyk my die Bothas is omgekrapter mense as die VanderMerwes:))
Annette
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Geslagsgelykheid
Do., 02 Mei 2002 07:36
Daar word nog steeds, nieteenstaande ons grondwet, op groot skaal teen ons
vrouens gediskrimineer.
Mans hier mag wettig meer as een vrou hê, maar vrouens mag nie meer as een
man hê nie.
Nou kan mens blykbaar Die Kommissie van Geslagsgelykheid skakel - 021 -
4264080 0f 011-4037182.
Hulle wil glo hê dat daar glo 50% vroue teenwoordig moet wees in al die rade
en parlemente.
DAN kan ons vra vir meer mans:)))
Annette
Koeitjies & kalfies |
7 kommentare
Terug na Ou Medisyne?
Do., 02 Mei 2002 06:27
Gister was daar 'n praatjie dat met DNA toetsing daar voor die tyd vasgestel
kan word wat se siektes mens kan kry - en dus sal daar meer beweeg word na
voorkomende behandeling - wat op die langer duur goedkoper vir die paseint
sowel as die mediesehulporganisasie sal wees.
Daar is ook gemeld dat 'n klomp siektes die gevolg is van te veel yster in
die bloed, en daar word dus aanbeveel dat as mens so 'n DNA "afwyking" het,
mens een maal per week moet bloed skenk - die ystervlakke word dan in die
bloed gestabiliseer, en die gevolglike kwale bly dan weg.
Vanoggend praat iemand wat al baaaaaie bloed geskenk het, en hy het te
vertelle mens word net toegelaat om een maal elke 21 dae bloed te skenk.
Dit beteken dat daar teruggegaan word na die algemene praktyk twee eeue
gelede:
Die pasient moet bloed laat.:))
Annette
Gesondheid & boereraat |
50 kommentare
Fliek: The Royal Tenenbaums
Do., 02 Mei 2002 05:52
Het gister die fliek gesien en dit baie geniet.
Die oorkoepelende tema is tragies, maar die dialoog en die uitvoering
daarvan deur die karakters is baie snaaks.
Die fliek het weereens getoon dat mens jou nie veel kan steur aan kritici
wat mens nie ken nie - ek het 'n kritiek van die rolprent deur 'n onbekende
gelees - nadat ek besluit het om die prent wel te sien.
Hierdie persoon was so gaaf om te vertel waaroor die fliek gaan, en al wat
ek kan sê is dat hy betaal is vir iets wat hy definitief nie self gesien het
nie.
Annette
TV, flieks & vermaak |
0 kommentare
Nuus 2/5
Do., 02 Mei 2002 04:56
Ons polisie se salarisse is te hoog.
'n Polisieman van Houtbaai kan bekostig om R700 per aand of R150 000 per
jaar te betaal vir ontspanning by 'n mansklub in Houtbaai.
Annette
Nuus |
3 kommentare