Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wat dink kinders van die liefde????

Vr., 03 Mei 2002 08:07

Wat dink kinders van die liefde????

WAT IS DIE BESTE OUDERDOM OM OP TE TROU?

Vier-en-tagtig, want dan hoef 'n mens nie meer te werk nie,en kan
julle die hele dag lank vir mekaar lief wees in die slaapkamer.
(Judy,8).
Sodra ek klaar is met kleuterskool, gaan ek vir my 'n vrou soek
(Tom,5)

WAT DOEN MENS OP 'N AFSPRAAK?

Op die eerste afspraak, vertel hulle net vir mekaar leuns. Dan is
hulle gewoonlik so geinteresseerd, dat hulle maklik op 'n tweede
afspraak gaan. (Mike 10)

WANNEER IS DIT REG OM IEMAND TE SOEN?

'n Mens moet nooit 'n meisie soen, tensy jy genoeg geld het om vir
haar 'n groot ring en 'n videomasjien te koop nie. Meisies wil altyd
videos van die troue he. (Jim 10)

Moet nooit voor ander mense soen nie. 'n Mens kry vreeslik skaam as
iemand jou sien, maar as niemand jou sien nie, sal ek dit met 'n
aantreklike seun probeer, maar net vir 'n paar uur. (Kally 9)

DIE GROOT DEBAT: IS DIT BETER OM ENKEL TE WEES, OF GETROUD?

Dit is beter vir meisies om enkel te wees, maar nie vir seuns nie.
Seuns
het iemand nodig om agter hulle skoon te maak. (Lynette 9)

Dit gee my 'n kopseer om net aan sulke dinge te dink. Ek is net 'n
kind, ek het nie sulke moeilikheid nodig nie. (Kenny 7)

WAAROM RAAK TWEE MENSE LIEF VIR MEKAAR?

Niemand is seker waarom dit gebeur nie, maar ek het gehoor dit het
iets met hoe jy ruik te doen het. Dit is waarom parfuum en
deodorant so gewild is. (Jan 9 )

Ek dink jy is veronderstel om met 'n pyl geskiet te word, maar die
res daarvan is nie veronderstel om so seer te wees nie. (Harlan 9)

HOE VOEL DIT OM VERLIEF TE RAAK ?

Soos 'n sneeustorting, waar jy moet hardloop vir jou lewe. (Roger 9)

As dit enigsins is soos om te leer hoe om te spel, wil ek dit nie
doen nie - Dit vat heeltemal te lank. (Leo 7)

IS AANTREKLIKHEID BELANGRIK IN LIEFDE?

As jy wil he iemand wat nog nie in jou familie is nie, moet jou
liefhe, sal dit help as jy aantreklik is. (Jeanne 8)

Dit gaan nie altyd oor hoe jy lyk nie. Kyk na my, ek is so
aantreklik soos enigiets en ek het nog steeds nie iemand wat met
my wil trou nie (Gary 7)

Skoonheid is veldiep. Rykdom is belangriker. (Christine 9)

HOEKOM HOU MENSE WAT LIEF IS VIR MEKAAR, HANDE VAS?

Hulle wil seker maak hulle ringe val nie af nie, want hulle het
baie daarvoor betaal? (Dave 8)

OPINIES OOR DIE LIEFDE?

Liefde sal jou kry, al probeer jy ook daarvoor wegkruip. Ek
probeer al daarvoor wegkruip vandat ek vyf is, maar die meisies
bly my kry. (Bobby 8)

Ek is nie haastig om verlief te raak nie. Graad vier is moeilik
genoeg.
(Regina 10)

WATTER PERSOONLIKE KWALITEITE IS NODIG OM 'N GOEIE MINNAAR TE WEES?

Een van julle moet weet hoe om 'n tjek uit te skryf. Want al het
julle tonne liefde, gaan daar nog steeds hope rekeninge wees. (Ava 8)

MANIERE OM IEMAND OP JOU TE LAAT VERLIEF RAAK?

Vertel hom dat jy 'n hele klomp lekkergoed winkels besit. (Del 6)

Moenie dinge soos stinkende groen tekkies he nie, jy mag aandag
kry, maar aandag is nie dieselfde ding as liefde nie. (Alonzo 9)>

Een manier is om die meisie uit te vat vir ete. Maak seker dit is
iets waarvan sy hou. Skyfies werk gewoonlik vir my. (Bart 9)

HOE WEET JY TWEE MENSE WAT UITEET, IS VERLIEF?

Kyk of die man die rekening betaal. Dan weet jy hy is verlief.
(John 9)

Mense wat verlief is, sal die hele tyd in mekaar se oe kyk, en
hulle kos laat koud word. Ander mense stel meer belang in die kos.
(Brad 8)

Dit is beslis liefde as hulle een van daardie poedings wat aan die
brand is, bestel. Hulle bestel graag sulke dinge, want dit is hoe
hulle harte voel, aan die brand. (Chistine 9)

WAT DINK MENSE AS HULLE SE "EK IS LIEF VIR JOU" ?

Die persoon dink: Ja, ek is regtig lief vir hom. Maar ek hoop hy
stort darem een maal op 'n dag. ( Michelle 9)

HOE LEER 'N MENS SOEN?

Dit is nooit reg om 'n seun te soen nie. Hulle spoeg alewig die
hele wereld vol. Dit is waarom ek opgehou het om dit te doen.
(Jean 10)

HOE MAAK JY SEKER DAT DIE LIEFDE SAL HOU?

Spandeer meeste van jou tyd aan jou liefie, in plaas daarvan om
werk toe te gaan. (Tom 7)

Moenie jou vrou se naam vergeet nie ............. Dit sal die
liefdesstorie heeltemal opmors. (Roger 8)

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Persvryheidsdag

Vr., 03 Mei 2002 06:30

Gaan ons vandag goed in die koerante sien wat ons gewoonlik nooit sou sien
nie?
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuus 3/5

Vr., 03 Mei 2002 06:10

Twee WP/Stormers bokke het besluit hulle is nou moeg van verloor.
Slaptjips Rossouw ( vleuel) en Robbie Kempson ( stut) het besluit hulle
gaan nou liewer in Engeland en Wallis rugby speel.
Annette

Nuus | 0 kommentare

Invloed van VIGS op SA

Vr., 03 Mei 2002 05:34

'n Verslag van die arbeidskonsultasiegroep Andrew Levy en Vennote wys daarop
dat VIGS 'n wesenlike invloed gaan hê op die demografie van die
Suid-Afrikaanse bevolking. Van die belangrikste punte in die verslag is:
Sowat 'n derde van alle Suid-Afrikaners sal teen 2005 MIV-positief wees.
Die lewensverwagting van 'n vrou gaan in 2005 en 2010 onderskeidelik tot 43
en 37 daal.
4% van die arbeidsmag kan in die volgende 10 jaar verlore gaan.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Drom se ribbekas

Do., 02 Mei 2002 19:35

Drom, hoe kraak mens 'n rib op die meubelment waar jy joune
gekraak het? :-)
--
***************************
http://www.transformationafrica.org
***************************

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Kapel by nuwe Lughawegebou.

Do., 02 Mei 2002 17:13

Dit was glo nie by die oorspronklike planne nie, maar daar gaan nou ook 'n
kapel wees by die nuwe lughawegebou by JhbInt.
Dis glo interkerklik, oop vir almal, omdat navorsing getoon het baie
passasiers het 'n behoefte om eers berusting te vind voordat hulle 'n
vliegtuig by JhbInt bestyg.

Annette

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Jim Reeves sterf in vliegongeluk

Do., 02 Mei 2002 13:35

Ek het grootgeword met die wete dat Jim Reeves dood is in 'n vliegongeluk.
Maar die storie wat ek toendertyd gehoor het was dat Reeves 'n passasier was
op 'n straler wat in die Bermuda driehoek verdwyn het. Ma het met groot
omhaal vertel hoe sy liggaam NOOIT gevind was nie en daar was vir jare na
sy dood gespekuleer dat hy steeds gelewe het agter die ystergordyn.

Weereens 'n groot openbaring toe ek lees Reeves het sy eie Beechcraft
gevlieg toe dit in 'n swaar reenstorm naby Nashville neergestort het.

http://www.planecrashinfo.com/w640731.htm

Hantamkind

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Nog 'n Vies Botha

Do., 02 Mei 2002 12:10

Die rugbyspeler wat skuldig bevind is vir die moord op die dief-kind, het
glo vandag, na die vonnisoplegging, probeer om die staatsaanklaer aan te
val.
Lyk my die Bothas is omgekrapter mense as die VanderMerwes:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Geslagsgelykheid

Do., 02 Mei 2002 07:36

Daar word nog steeds, nieteenstaande ons grondwet, op groot skaal teen ons
vrouens gediskrimineer.
Mans hier mag wettig meer as een vrou hê, maar vrouens mag nie meer as een
man hê nie.

Nou kan mens blykbaar Die Kommissie van Geslagsgelykheid skakel - 021 -
4264080 0f 011-4037182.
Hulle wil glo hê dat daar glo 50% vroue teenwoordig moet wees in al die rade
en parlemente.

DAN kan ons vra vir meer mans:)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Terug na Ou Medisyne?

Do., 02 Mei 2002 06:27

Gister was daar 'n praatjie dat met DNA toetsing daar voor die tyd vasgestel
kan word wat se siektes mens kan kry - en dus sal daar meer beweeg word na
voorkomende behandeling - wat op die langer duur goedkoper vir die paseint
sowel as die mediesehulporganisasie sal wees.

Daar is ook gemeld dat 'n klomp siektes die gevolg is van te veel yster in
die bloed, en daar word dus aanbeveel dat as mens so 'n DNA "afwyking" het,
mens een maal per week moet bloed skenk - die ystervlakke word dan in die
bloed gestabiliseer, en die gevolglike kwale bly dan weg.
Vanoggend praat iemand wat al baaaaaie bloed geskenk het, en hy het te
vertelle mens word net toegelaat om een maal elke 21 dae bloed te skenk.
Dit beteken dat daar teruggegaan word na die algemene praktyk twee eeue
gelede:
Die pasient moet bloed laat.:))

Annette

Gesondheid & boereraat | 50 kommentare

Bladsye (1834): [ «    755  756  757  758  759  760  761  762  763  764  765  766  767  768  769  770    »]
Tyd nou: So. Mrt. 08 00:45:26 UTC 2026