Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Stouterds in die Parlement

Ma., 06 Mei 2002 07:09

Dit was toe 'n skoonmaker en een van Die Prez se motorbestuurders wat so
stout was om al die drinkware en silwer te gaps, en aan 'n pandjieswinkel te
verkoop.
Die goue stel is wel opgebreek en verkoop, maar die ander goed het die
pandjieswinkeleienaar sommer vir hom self geneem.

Nou, word daar nie van 'n pandjieswinkeleienaar verwag om, as hy vermoed
gesteelde goed word aan hom verkoop, dit aan die polisie te rapporteer nie?

Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Polio Week

Ma., 06 Mei 2002 06:48

Alle babas van 0 - 59 maande moet weer hierdie week die druppeltjies gaan kry.
Ek het as baba 'n ent gekry, en toe op laerskool is ons weer geënt een jaar,
en twee jaar daarna die vierkantige wit lekkertjie gekry met die 2 pienk
druppeltjies op.

Mens hoor deesdae nie meer van kinders met polio nie - terwyl ek op
laerskool was, was daar 3 kinders in my klas wat dit gekry het.
Hoekom sou daar nou weer so 'n week wees?

Annette

Gesondheid & boereraat | 0 kommentare

Meer Dringende Gemorspos

Ma., 06 Mei 2002 06:25

Die nuwe gier - nou moet ek hulle glad laat weet of ek wel hul gemorspos
gekry het.
Het iemand hier raad teen die toenenemde gemorspos in vreemde geskrifte?

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Idole:))

Ma., 06 Mei 2002 05:35

Gisteraand se uitslag van groep 8 het net weer die ooglopende bevestig -
wanneer een van die 5 se sangtalent nie ver bo die ander vier s'n uitstaan
nie, word daar vir die aantreklikste deelnemer gestem.
Van die 4 jong mans wat tot dusver die finale 11 gehaal het, is net een daar
omdat hy werklik by verre die beste sanger in sy groep was.
Ek sien uit na die uitslae van die finale uitdunrondtes.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaanse Sangers is Plesierig

Ma., 06 Mei 2002 05:24

Anton Goosen, met die ondersteuning van die drank wat mens nie wil laat
staan nie, het glo skoor gesoek met Patricia Lewis en Kurt Darren.
Laasgenoemde twee kunstenaars was diep gegroef omdat die bebaarde meen hulle
is slegs oppervlakkige kunstenaars wat nie eers hul eie agtergrondmusiek
oorspronklik kan aanbied nie.
Blykbaar het die jongste onderonsie te doen met Lewis wat iets oor Anton te
sê gehad het by die RSG onderhoud oor die Steve debakel.
Elk geval - daar was slegs verbale tikkery na mekaar- van die sangers en die
ondersteuners se kant - en soos gewoonlik het die verwyte en beledegings
baie gou persoonlik geraak, en niks te doen gehad met die onderskeie sangers
se sangtalente nie.

Annette

Musiek & liriek | 0 kommentare

GESELSGROEP VIR WEERMAG EN POLISIE

So., 05 Mei 2002 12:41

Geagte Vriend

GESELSGROEP VIR WEERMAG EN POLISIE

Ek het 'n webblad saamgestel vir huidige en oudlede van die SANW en
SAPD by http://go.to/samagte of enige ander Weermag /SAP lid in die
Wêreld.

Daar is ook 'n geselsgroep waar ons sommer lekker saam kan gesels en
stories uitruil. Lede is welkom om die blad te besoek en by die
geselsgroep aan te sluit. Om aan te sluit, stuur slegs 'n leë e-pos
aan die volgende adres: Weermag-...@topica.com

Kom gesels gerus saam met bekendes soos Kol Wynand du Toit en heelwat
senior SANW- en SAPD-offisiere. Daar is ook heelwat lede van die
Spesmagte en Koevoetlede in die groep.

rsa...@intekom.co.za

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

SEUNTJIE

Sa., 04 Mei 2002 03:43

> BRIEFIE VAN 'N VOORTREKKER SEUNTJIE
>>>> >
>>>> > Liewe pa en ma,
>>>> >
>>>> > Ons leierverkenner het gevra dat ons hier van die voortrekkerkamp
>>> vir > > julle skryf, net ingeval julle die vloed op tv gesien het en
>>> bekommerd > > is oor ons.
>>>> >
>>>> > Ons is OK. Net een van ons tente en twee slaapsakke het
>>> weggespoel.
>>>> >
>>>> > Gelukkig het niemand verdrink nie, want ons was almal op die berg
>>> besig > > om vir Jan te soek toe dit gebeur het. Sê asseblief vir Jan
>>> se ma hy is
>>>> > OK. Hy kan nie skryf nie omdat sy arm in gips is.
>>>> >
>>>> > Ek het in een van daai redding helikopters gery. Dit was lekker!
>>> Ons sou
>>>
>>>> > hom nooit in die donker gekry het as dit nie vir die weerlig was
>>> nie. > > Verkenner Skroewie het kwaad geword vir Piet omdat hy gaan
>>> rondloop het
>>>> > sonder om vir iemand te se.
>>>> >
>>>> > Piet se hy het hom gese, maar dit was seker tydens die vuur, so hy
>>> het > > hom seker nie gehoor nie. Het julle geweet dat as jy een van
>>> daai
>>>> > spuitblikke op die vuur gooi,dan ontplof hy? Die nat hout wou nie
>>> brand > > nie, maar een van die tente en party van ons klere het.
>>> Dawie gaan
>>>> > snaaks lyk tot sy hare weer uitgegroei het.
>>>> >
>>>> > Ons kom Saterdag terug as verkenner Skroewie die kar kan regmaak.
>>> Die > > ongeluk was nie sy skuld nie. Die brieke was OK toe ons hier
>>> weg is. > >
>>>> > Hy se 'n mens moet verwag dat so 'n ou kar gereeld sal breek dis
>>> seker > > hoekom hy nie versekering kan kry nie. Ons hou van die kar.
>>> Hy gee nie > > om as dit vuil is binne nie en partykeer laat hy ons bo
>>> op die dak of > > voorop ry.
>>>> >
>>>> > Dit word warm binne in met 10 mense. Hy het ons in die sleepwa
>>> laat ry > > totdat die polise ons gestop het en met hom gepraat het.
>>> Maar hy is 'n > > goeie ou en 'n goeie drywer. Hy en Klasie is op die
>>> oomblik weg. Hy leer
>>>
>>>> > hom op die bergpaaie bestuur, waar daar nie karre is nie, net
>>> groot
>>>> > vragmotors wat boomstompe wegry.
>>>> >
>>>> > Vanoggend het almal gaan swem, maar Verkenner Skroewie wou my en
>>> Jan nie
>>>
>>>> > laat swem nie, want ek kan nie swem nie en Jan se arm is in gips,
>>> toe > > gee hy vir ons die roeibootjie op die rivier. Dit was lekker!
>>>> >
>>>> > Party plekke is die water so diep na die vloed, daar is bome onder
>>> die > > water! En verkenner Skroewie is nie kwaai oor lewensbaadjies
>>> soos daai > > ander een verlede jaar nie. Hy werk nou baie aan die
>>> kar, so ons
>>>> > probeer hom nie veel pla nie.
>>>> >
>>>> > Raai wat? Ons het almal nou klaar ons noodhulp kentekens gekry!
>>> Toe
>>>> > Adriaan in die water geduik het, het hy sy arm oopgesny en Verkenner
>>>> > Skroewie het gese ons moet op hom oefen om die wond toe te werk.
>>> Ek en > > Herman het gekots, maar verkenner Skroewie se dis seker net
>>> vrot hoender
>>>
>>>> wat ons gister geeet het of iets. Hy se hy het ook baie
>>>> keer siek geword
>>>> van vrot kos toe hy in die tronk was. Ek is bly hy is nou uit, want
>>> hy se hy
>>>> het baie geleer terwyl hy in die tronk was.
>>>> >
>>>> > Voor ek vergeet - Wat is 'n pedofiel?
>>>> >
>>>> > Ek moet nou gaan. Ons moet nou dorp toe gaan met die kar om ons
>>> briewe te
>>>> > pos en vaseline te koop. Moenie oor ons worry nie. Ons is OK.
>>>> >
>>>> > Baai, Sakkie
>>>

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Amptelik - Nie my Skuld nie.

Vr., 03 Mei 2002 18:44

Die 2000 syfers is beskikbaar vir ongelukke hier in die Kaap. Alhoewel ek
baie op die R300 en die N1 naby Brackenfell ry - waar die meeste ongelukke
glo gebeur - en ek geen ongelukke daar sien nie, is omdat :
Daar was 76 000 motorongelukke
17500 mense was beseer
633 mense is dood, waarvan omtrent die helfte voetgangers was.
Meeste van die voetgangers is dood omtrent 8nm.
SIEN!! Ek ry nie daardie tyd van die nag daar nie!:))))

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Onderstepoort Onderdeur

Vr., 03 Mei 2002 13:22

Lees nou net in die M&G dat Onderstepoort amper nie meer met ons is nie.
Behalwe van sekere afdelings wat toegemaak is, het die meeste en beste
navorsers en afdelingshoofde die pad gevat na 'n beter betaalbare lewe. Daar
is 'n hele paar van hulle nou in Nairobi.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nog Goed Weg!!

Vr., 03 Mei 2002 09:04

Met die ondersoek na die verdwene Goue Teestel uit Tuynhuys, is daar nou
agtergekom dat silwer- en kristalware ook weg is.
Ek is absoluut stomgeslaan en verbaas:))

As dit nie vir die 350-jarige bestaansfees was nie, het ons nou nog nie van
al die verdwene goed geweet nie;))

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    754  755  756  757  758  759  760  761  762  763  764  765  766  767  768  769    »]
Tyd nou: So. Mrt. 08 00:45:42 UTC 2026