Blykbaar is die nuwe BMW, waar alles elektronies is, en mens nie eers 'n
sleutel nodig het nie, die maklikste ( en gewildste) voertuig om te steel.
Nadat die deur oopgemaak is, en die alarm skaars twee beeps gegee het, word
die swart kontroleboksie glo met 'n helse slag geslaan, dan is alles bedem
en kan die diewe vrolik wegry.
Annette.
Noupoort is deesdae groot nuus - ek het amper gedog die plek bestaan nie
meer nie - ons het altyd daar oorgeslaap in die hotel op pad Kaap toe -
hulle het die lekkerste skaapvleis daar -
elkgeval - Noupoort wil nou beroemd wees.
Voorverlede week was daar moleste omdat die kleurlingmense daar ongelukkig
is omdat daar niks aangaan nie, en hulle dus nie werk het nie.
Hierdie week praat hulle van die magistraatshof in Noupoort? van mense wat
alweer by daardie sentrum wat die dwelmverslaafdes regruk amok gemaak het.
Een van die opsigters is aangekla omdat hy twee betalende pasiënte gemartel
het.
Hulle is nou nie dood soos die kind verlede jaar nie, maar dit was glo
amper-amper.
Een van my foto albums op die web is nou gekies as 'n "Featured Album" op
Webshots. Gaan na http://community.webshots.com/ en kyk in die linkerkanste
kolum en kliek op "Skagit Valley".
Skagit Valley is een van die mooiste plekke in die lente wat ek al op aarde
gesien het. Daar
word met tulpe en daffodils geboer en wanneer dit begin blom dan kan jy
letterlik van horison tot horison net blomme sien. Dit is 'n bedryf wat
deur Hollandse immigrante begin is. Die plaas Roozengaarde is veral populêr
want daar is tuine aangeplant met 'n hengse groot verskeidenheid van blomme.
Daar het ek vir die eerste keer swart tulpe gesien. Die vallei is so uur se
ry noord van Seattle.
Lekker kyk en hoekom pos julle nie ook foto's op Webshots nie? Dis baie
maklik.
Dit is in Suriname in Suid Amerika:) 'n Paar jaar terug let ek op die kaart
dat daar ook 'n Tafelberg in Suriname is. As 'n voormalige Hollandse
kolonie, is dit een van die handjie vol plekke in die wêreld waar jy
moontlik die taal kan verstaan en met Afrikaans oor die weg kan kom. Volg
die skakels vir meer daaroor:
Ek is regtig vreeslik bly oor al die Koos Doep-lirieke wat julle hier pos.
Ek sal dit vir die vrou in Vancouver aanstuur, met 'n effense vertaling
daarby.
Ek voel ook dis vir 'n goeie saak want die vrou laat weet dat hy (Koos) die
taal baie mooi laat klink. Sulke woorde is genoeg om my aan te spoor om al
die lirieke te probeer kry.
Boerneef:
Niks hang so rooi soos wingerdblaar by Hexrivier
niks staan so geel soos herfspamplier by Dwarsrivier op Ceres
slaan rem aan hou jul asem in en kyk en kyk
lank en eerbiedig soos 'n mens na so 'n herfs moet kyk
laat dit inbrand in jou vir later tyd
die warm geel en rooi vir latenstyd
Wat gee ek om die môrester?
Ek weet die dag lê drie uur ver.
En wanneer ek die fluite hoor,
speel ek die hele spel weer oor:
Van staan maar op, net soos die res.
Doen elke som en leer jou les.
Maar werk getrou, van ses tot ses
die maatskappy sorg vir die res.
Die wêreld wink; die lewe wag.
Met ywer kan jy veel vermag.
Doen net jou plig, van dag tot dag,
die toekoms lê en skaterlag.
As wysheid met die ouderdom
en grysheid en berusting kom,
moet ek tog teen die wysheid waak
wat wil `n ou man daarmee maak?
En wees maar lief en word bemin.
Dis net die deeltjie tussen-in.
Want liefde bly `n dubbeldoor:
Dis iets gewen en iets verloor.
Net iets gewen
net iets verloor.
Slaap sag,
die tyd gaan verby;
die dood lê en wag,
maar God is naby.
Ons val soms en almal kry seer
my kind dit is al wat ek jou kan leer.
Die dag sal kom, en dis gou
dat jy vir my lag,
maar anders as nou.
Die man wat hier oor jou waak,
is kreupel en bang en word ook maar vaak.
Miskien sal jy eendag sien;
miskien, Karien.
Jy`s klein ek sing sonder skroom;
jy hoor net die rym
en ken net die droom.
Miskien sal jy eendag sien;
miskien, Karien.
Jou naam besing verlore ou fonteine
en tower beelde van oases langs die pad;
maar ver al wys die torings van die myne;
jou skoonheid lê veel dieper in die hart.
En ek onthou:
Op `n manier was daar met net dieselfde vrede
die neig mos om te woon net waar hy wil.
En daal ek af in skagte na benede, die verlede,
word die rammelende ratte langsaam stil.
En die dreuning in jou buik skud snags die mure
en bring flitse van blou blitse in `n skag
waar mans soos molle, grou in diepdroomure
en goed breek uit die brandkluis van die nag.
En ek onthou:
Ek onthou nog soms die misreën in Augustus,
uit die newelige berge van die mol;
die gelatenheid van mense wat gerug is,
maar bewus is:
hierlangs is die wêreld halfpad hol.
Daar was legendes van die vreemdste avonture,
diep-diep in die mensgemaakte berg;
en saan in grotte om die bendevure,
het die ligspel teen grou wande al verdwerg.
Daar was `n huis met `n kombuis en greinhouttafel;
en ses mense het gedeel in lief en leed.
En mettertyd het alles uitgerafel,
maar wat leed was,
het ek jare terug vergeet.
Maar ek onthou en delf nog goud uit die verlede,
uit die newelinge berge van die mol;
en droom en bou, al vreet die vrees my vrede,
en al is my eie wêreld halfpad hol.
En droom en bou, al vreet die vrees die vrede,
want die wêreld is maar oral halfpad hol.
En ek onthou.