Ek moet eerlik wees, ek het Koos du Plessis se "Gebed" vir die eerstemaal so
twee maande terug gehoor.
Dit is op 'n CD van Mathys Roets - en ek kan my nie voorstel dat iemand dit
beter sal kan doen nie. (Ek is ook oortuig dat Mnr Du Plessis aan my gedink
het toe hy dit geskryf het.)
Dankie Annette, dis baie baie goed geskryf, ek het dit nou vreeslik geniet!
Baie waar ook!!!
HK
"Annette" >
> Rules for flying an aircraft
>>
>> 1. Every takeoff is optional. Every landing is mandatory.
>>
>> 2. If you push the stick forward, the houses get bigger.
>> If you pull the stick back, they get smaller. That is,
>> unless you keep pulling the stick all the way back, then
>> they get bigger again.
ek is opsoek na die video "zulu", met c klein, wat handel oor rorke's drift.
enige iemand wat my kan help om dit te vind in suid afrika, laat my asb weet
by elsab...@mweb.co.za
'n Persoon was op reis van Kaapstad na die Noorde, en het soos almal maar by
3 susters gestop vir petrol, 'n koeldrank en verligting.
Terwyl hy hom gemaklik maak op die gemakkie agter 'n toe deur, vra iemand
vanaf die hokkie langsaan:
"Haai, hoe gaan dit?"
Ons man was bietjie verbaas, en nie gewoond om met onsiende vreemdelinge
praatjies te maak nie, maar besluit toe vriendelikheid kos niks: Hy antwoord
toe:
"Goed Dankie."
Langsaan vra toe:" En wat is jy besig om te doen?"
Vriend: " Net soos jy, is ek op reis tussen die Kaap en die Noorde.:"
Toe hoor ons vriend Langsaan ewe verontwaardig sê:
"Kyk, ek bel jou weer later. Hier is 'n idioot in die hokkie langsaan wat al
die vrae beantwoord wat ek jou vra.:"
Gebruik julle ook die woord 'mos' in Nederlands, Arthur?
Jy weet mos waarvan ek praat want ons tale is mos familie.
In korrespondensie vermy ek die woord want ek weet nie
of dit in julle woordeskat bestaan nie. Ãn, dit is tog mos so
lekker Afrikaanse woord!
lank lank gelede
in 'n ver eeu van vrede
het elkeen sy koring vergaar
toe kom daar 'n wysaard
en sê net 'n skerp swaard
sal al hierdie rus kan bewaar
en die klip uit die aarde
giet gloeiende swaarde
want almal met ore kan hoor
ja die hart van die aarde
skenk gloeiende swaarde
en wie wil die vrede verloor
en soos die koring deur
dissel en doring verdring
waar die plethammer skree
en toe die landbouer
omkyk oor sy skouer
gewaar hy met skrik hy's alleen
hy's alleen hy's alleen
want die klip uit die aarde
word glimmende swaarde
en die ploeë verroes op die land
o die kippe uit die aarde
word singende swaarde
en werkywer val voor verstand
want honger kon fluister
aan die wat sou luister
die swaard koop die oes op die land
wat doen hy vir vrede
kom maak hom die skede
van elke blink swaard in 'n hand
in 'n hand in 'n hand
en die klip uit die aarde
word bloeiende swaarde
wat vrede bewaar tot die dood
ja die hart van die aarde
giet gloeiende swaarde
wat koring verbrysel tot brood
lank lank gelede
die boodskap van vrede
versprei soos die windroos se saad
die swart walg van roes
en die arbeid se oes
kan jy nie by 'n landbouer laat
da da da da da da
en oor vier horisonne
sluip grafstil kolonne
met min wat dit sien wil verstaan
ja oor vier horisonne
kruip donker kanonne
geëets in 'n bloeiende maan