Stormweer des Kaaps:
1) Betty van Bettysbaai se huis is aan flenters geslaan en gewaai.
2) Pensioenaris van Langebaan - toe sy huis gebou is was dit 150m van die
strand - wag om te kyk of sy huis die verwagte storm Dinsdag sal kan
weerstaan.
3) Die seereddingsboot in Bantrybaai moes per helikopter gered word nadat
die NSRI se boothuis aan flarde geslaan is deur 9m hoë branders.
4) Huisvrou in Llandadno gebruik die waarskuwing van sandluise wat die huis
instroom, en verwyder betyds die nodigste uit die huis se grondverdieping.
Verlede jaar het haar huis R200 000 se skade opgedoen met 'n storm. Hierdie
jaar se skade is meer.
5) Die Blou Restaurant in Strand is die eerste keer in 40 jaar oorstroom.
6) Nuwe eiendomsontwikkeling in Hermanus loop onder die skade van die storm
gister deur.
7) Bote in die hawe wat uitvaar tot 8km die see in waar dit kalmer is.
Ons het Vrydagaand gou na Seepunt gery. Dit was werklik vreeslik mooi in sy
verskriklikheid om die stormweer so te sien. Hoge grys deinings en brekende
branders, skuim wat
die wêreld vol lê, mense wat gou moed opgee om op die promenade te wil loop
of draf, die putt-putt bane wat se plankies lekker deurmekaar lê en die
doolhof wat ook lelik windverwaaid lyk.
By die Gourmetfees is ek Diemersfontein Pinotage ( 2000) aangebied om te
proe. Dis die eerste keer in 'n baie lang tyd dat ek na die eerste slukkie
die glas in 'n houer moes leegmaak en my gemoed moes sus met 'n glasie
Jerepigo.
Annette
Die Nasionale Intelligensiediens "ontdek" sg. meeluisterapparaat, hulle
"lek" die inligting aan die pers, en 'n kommissie word aangestel om die saak
te ondersoek...
Twee dinge pla my mbt die aangeleentheid:
1. Waarom het die intelligensiediens nie self die saak ondersoek nie - dis
tog seker deel van hulle verantwoordelikhede.
2. Wie by die intelligensiediens lek hulle inligting aan die pers - is hulle
nie veronderstel om in die "geheim" te funksioneer nie?
Die hele aangeleentheid, soos in die media beskryf, het 'n skerp politieke
kleur. Ek hoop dat die ANC ook hulle eie bedrog- en diefstal-sake op
dieselfde sorgvuldige wyse sal hanteer.
Kan iemand my miskien sê wie die Desai ou is - 'n voormalige regter ? Help ?
Iemand van julle (aan die Rand omgewing natuurlik)
wat die afgelope drie dae die jaarlikse rekenaar skou
te Gallagher Estate besoek het? Ek was vandag
daar en die skou is die afgelope 3 jaar in trurrat.
Huidiglik die swakste ooit. Ek besoek dit die
afgelope 12 jaar en behoort dus te weet.
Ek het vandag die dag daar deur
gebring. Groot name soos Norton
neem nie eens deel nie. Die
oorspronklike ses sale het
gekrimp na 3. Môre is
die laaste dag van
die jaar se sessie.
O, gonna ek hoop dis die einde van die kerk
Ek kan nie meer sit nie my maag wil werk
Die dominee praat lank en die son sit laag
Die vreeslikste pyne kruip rond in my maag
Eers word ek warm, en dan weer koud
Nog nooit in my lewe was ek al so benoud
Dominee, Dominee praat tog klaar
My rug trek krom die gort is gaar
Dit knal en dit kraak en my derms kreun
Toe los ek 'n poep wat die gallery laat dreun
Die mense kyk om en ek bloos my bloedrooi
Die skaamste van almal was Sannie, my nooi.
Die dominee bly stil sy oë omgedop
Die vrou agter my se hoed sit skeef op haar kop
Kort agter die hakke van die stereo klank
Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike stank
Party begin te hoes, en ander te proes
Ander weer waai met sakdoeke woes
My oe traan, my kop die sak
Toe kom die vrees dat ek in my broek sal kak
Sowaar as wragtig net die volgende keer
Is dit toe presies wat moes gebeur
Ek dag dis 'n poep want die drukking is kwaai
Te laat besef ek dis 'n ander lawaai
Geskok na die gerommel soos 'n donderstorm
Kom ek agter die poep het 'n knopperige vorm
Die dominee bly stil en gluur my aan
'n ouderling begin woedend sy weg na my baan
Ek spring met mening op om weg te hol
Maar word teruggetrek deur 'n tienpond drol
Die ouderling kom nader sy arms bak
Ek skrik so groot dat ek 'n groter bol kak
My broek is nat en die pype staan wyd
so het ek my laas as kind beskyt
Die ouderling gryp my, ek kan nie beweeg
Toe maak ek vir "spite" die res op hom leeg
Nou is hy woedend en soos 'n bees so sterk
My sinne word dof van die walglike reuk
Hy "free-wheel" my kop tussen my bene uit die kerk
Die " cheek" om my kop tussen my bene te steek
My maag is so seer, my bene die knak
Al wat ek voel is die groot bol kak
Die ouderling steun en druk aan die bol
En druk die ding amper terug in my hol
Buite los hy my en storm na binne
Stadig herstel ek van my bedwelmde sinne
Die ding wat my sedertdien nog altyd verstom
Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom
Een ding het ek van kerkgang geleer-
As jou maag wil werk , sit naby die deur
En as jou derms begin draai en jou poephol blom
Sorg dat jy vinnig by die kakhuis kom.