Seksie Huwelik
Ma., 27 Mei 2002 14:11
Hoor vanmiddag van 'n paartjie wat 18 jaar getroud was, en die bruid van toe
was nog steeds 'n maagd.
Hulle is toe na 'n seksoloog omdat sy toe 38 is, en hulle het besluit hulle
wil kindertjies hê.
Mens kan ook nie alles by die bib en op internet leer nie;)))))
Annette
Koeitjies & kalfies |
8 kommentare
Ooskaapse Stormskade
Ma., 27 Mei 2002 09:25
Ek hoor vanoggend dat daar by Wildernis groot stormskade was Vrydag - pad
glo toegemaak vir 'n ruk om die strand van die pad af te kry.
Hoekom vertel die Ooskapenaars ons niks nie- of is hulle weggespoel?
Annette
Koeitjies & kalfies |
4 kommentare
Nuus 26/5
So., 26 Mei 2002 17:29
Stormweer des Kaaps:
1) Betty van Bettysbaai se huis is aan flenters geslaan en gewaai.
2) Pensioenaris van Langebaan - toe sy huis gebou is was dit 150m van die
strand - wag om te kyk of sy huis die verwagte storm Dinsdag sal kan
weerstaan.
3) Die seereddingsboot in Bantrybaai moes per helikopter gered word nadat
die NSRI se boothuis aan flarde geslaan is deur 9m hoë branders.
4) Huisvrou in Llandadno gebruik die waarskuwing van sandluise wat die huis
instroom, en verwyder betyds die nodigste uit die huis se grondverdieping.
Verlede jaar het haar huis R200 000 se skade opgedoen met 'n storm. Hierdie
jaar se skade is meer.
5) Die Blou Restaurant in Strand is die eerste keer in 40 jaar oorstroom.
6) Nuwe eiendomsontwikkeling in Hermanus loop onder die skade van die storm
gister deur.
7) Bote in die hawe wat uitvaar tot 8km die see in waar dit kalmer is.
Ons het Vrydagaand gou na Seepunt gery. Dit was werklik vreeslik mooi in sy
verskriklikheid om die stormweer so te sien. Hoge grys deinings en brekende
branders, skuim wat
die wêreld vol lê, mense wat gou moed opgee om op die promenade te wil loop
of draf, die putt-putt bane wat se plankies lekker deurmekaar lê en die
doolhof wat ook lelik windverwaaid lyk.
Annette
Nuus |
2 kommentare
Zimbabwe-virus
So., 26 Mei 2002 06:27
Sopas die volgende ontvang rakende die Zimbabwe-virus:
" Dearest Receiver,
You have just received the first Zimbabwean virus.
Since we are not so technologically advanced in Zimbabwe, it is therefore a
MANUAL virus.
Please delete all the files on your hard disk yourself and then send this
mail to everyone you know. Thank you very much for helping me.
Yours in gratitude, Philemon "The Hacker" Sithole. '
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
Sakkie se Diemersfontein
So., 26 Mei 2002 02:18
By die Gourmetfees is ek Diemersfontein Pinotage ( 2000) aangebied om te
proe. Dis die eerste keer in 'n baie lang tyd dat ek na die eerste slukkie
die glas in 'n houer moes leegmaak en my gemoed moes sus met 'n glasie
Jerepigo.
Annette
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Desai Kommissie en meeluisterapparaat
Sa., 25 Mei 2002 05:03
Die Nasionale Intelligensiediens "ontdek" sg. meeluisterapparaat, hulle
"lek" die inligting aan die pers, en 'n kommissie word aangestel om die saak
te ondersoek...
Twee dinge pla my mbt die aangeleentheid:
1. Waarom het die intelligensiediens nie self die saak ondersoek nie - dis
tog seker deel van hulle verantwoordelikhede.
2. Wie by die intelligensiediens lek hulle inligting aan die pers - is hulle
nie veronderstel om in die "geheim" te funksioneer nie?
Die hele aangeleentheid, soos in die media beskryf, het 'n skerp politieke
kleur. Ek hoop dat die ANC ook hulle eie bedrog- en diefstal-sake op
dieselfde sorgvuldige wyse sal hanteer.
Kan iemand my miskien sê wie die Desai ou is - 'n voormalige regter ? Help ?
Koeitjies & kalfies |
9 kommentare
UNISA en Barney Pityana
Sa., 25 Mei 2002 04:56
Die M&G se dekking van die UNISA situasie in gister se uitgawe is feitelik
nie helemaal in die kol nie.
Dit is egter verblydend dat die Swartmag protagonis, Barney Pityana, goed
dopgehou word. Ietwat spandabelrig vir die sg. "peoples' principal"...
Onderwys & opvoeding |
17 kommentare
Computer Faire
Vr., 24 Mei 2002 21:30
Iemand van julle (aan die Rand omgewing natuurlik)
wat die afgelope drie dae die jaarlikse rekenaar skou
te Gallagher Estate besoek het? Ek was vandag
daar en die skou is die afgelope 3 jaar in trurrat.
Huidiglik die swakste ooit. Ek besoek dit die
afgelope 12 jaar en behoort dus te weet.
Ek het vandag die dag daar deur
gebring. Groot name soos Norton
neem nie eens deel nie. Die
oorspronklike ses sale het
gekrimp na 3. Môre is
die laaste dag van
die jaar se sessie.
DD
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare