Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Requiem

Do., 30 Mei 2002 17:48

Hallo, elkeen,

Ek het onderstaande vandag gelees in "Die Burger".
Ek sal tog maar eens 'n requiemlesing by onse pastoor bestel vir die
Nederduitse taal...

Beste groete vanweë

Norbert (uit Vlaanderen)

------------------------------------------------------------ -------------------------------------------------------

Baie Afrikaners gee nie om oor taal

VERSKEIE briewe van studente en oudstudente van die Universiteit van
Stellenbosch het die laaste tyd in Die Burger se briewekolom verskyn
oor Afrikaans se posisie by die US.

Is dit dan nie dié universiteit op wie die Afrikaanssprekendes nog
altyd hul hoop gevestig het as bastion vir die handhawing en behoud
van Afrikaans nie? Helaas, wat nou verneem word, laat 'n mens jou hart
in moedeloosheid, radeloosheid en ja, selfs woede vashou.

Hoe is dit met die taalvegters van Stellenbosch gesteld? Weet hulle
nie wat in hul midde gebeur nie, of is hulle net so apaties soos die
Afrikaanse studente voor wie dosente en die betrokke owerhede
Afrikaans vertrap? Hoe is dit moontlik dat so 'n situasie kon ontstaan
sonder dat beswaar gemaak word?

Dit lyk of dit wat op Stellenbosch gebeur, 'n uitvloeisel is van wat
ons daagliks oral beleef. Baie van die huidige geslag Afrikaners (en
ek praat nie net van die jeug nie, maar ook van ouer mense) gee nie
meer 'n snars om vir wat van hul taal word nie. Wanneer hulle sake
doen, praat hulle Engels en vorms word in Engels ingevul. Hoeveel maak
nog beswaar as in Engels met hulle gekorrespondeer word?

Luister maar na sogenaamde Afrikaanse programme oor die radio en die
TV. Baie van die hedendaagse Afrikaanse kunstenaars kan nie meer
suiwer Afrikaans praat nie, of hulle dink dit is die "in ding" is om
'n geradbraakte Afrikaans te praat. Is dit werklik nodig dat so baie
onderhoude in Afrikaanse programme in Engels gevoer moet word? Moet
die Afrikaanssprekendes maar aanhou tevrede wees om aan die agterspeen
te suig?
D R. M AURITZ H . V ORSTER
Port Elizabeth

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Onaangename Rokers

Do., 30 Mei 2002 16:26

Ek wil eintlik 'n heelwat sterker woord gebruik as onaangenaam. Een van
daardie klein dingetjies wat die lewe so aangenaam maak hier (VSA) is die
feit dat rook sosiaal onaanvaarbaar is en dit is teen die wet om in openbare
plekke te rook. En die wet word toepepas. Dit is absoluut heerlik om na 'n
restuarant te gaan en jy weet 'n vark gaan nie langs jou 'n sigaret opsteek
nie.
Of dat jy op die vliegtuig kan klim en jy weet jy gaan nie vergas word deur
'n roker nie. Ek sal nooit in my lewe weer met Air France vlieg nie want
hulle laat mos rokers toe om te rook alhoewel die vlug aangegee word as
"non-smoking". Ons het skaars opgestyg toe ruik ek rook. Vind toe uit
hulle prop al die rokers tussen die bulkheads in by die toilette in en
verwag die gordyntjies moet die rook van dosyne inhou. (As die res van die
wêreld - veral die Engelsprekende wêreld - mos saamstem oor iets is dit
genoeg rede vir die Franse om dit anders te doen). Daar is niks wat my so
ontstig as wanneer ek probeer slaap en rook deur my neus inasem nie. Dit
is heerlik om na enige plek te kan gaan sonder dat daar gerook word.

Ek kan nie die roker begryp nie. Hulle kom kuier by jou huis en na die tyd
moet ek die sigaretstompies in die tuin optel. Sien - jou tuin is mos een
groot asbak. Hulle is te slap om eers 'n leë bierbottel te gebruik. Nou
die dag bring 'n vriendin van my vrou haar suster wat van SA kom kuier het
saam. Toe ek weer sien toe druk sy sigaretstompies uit op my hout deck
tussen die planke. Ek het my bloediglik vererg. Sy kyk my net so verdwaas
aan en sê; ek rook mos nie in jou huis nie? Hoekom is jy upset? Want jy
beskadig my eiendom jou moroon...

Dan is daar ook die pseudo-intellektuele roker wat vir my wil oortuig dat
daar geen oorsaak-en-effek is tussen rook, longkanker en allerhande ander
siektes is nie. Daar is slegs 'n korrelasie sien. Alhoewel die korrelasie
fator hier by die 1.0 rond is, is daar kwansuis nog geen bewys dat rook
longkanker veroorsaak nie. Hel, hoeveel evidence wil jy nou hê? As jy jou
lewe wil verkort en sorg dat die lewenskwaliteit van jou laaste nag gaan
wees, gaan voort. Maar moenie my daarby betrek nie. En moenie by my kom
simpatie soek nie. Dit sal jy net iewers in die woordeboek kry...

Koeitjies & kalfies | 37 kommentare

Nog Nuus 30/5

Do., 30 Mei 2002 14:31

SA Sokkerfederasie se vertroue in Bafana Bafana

Om hul steun vir ons span tasbaar te bewys, is die vliegtuigkaartjies vir
die terugkeer van die span klaar bespreek - vir 11 Junie - 2 dae na hul
laaste groep wedstryd.

Annette

Nuus | 0 kommentare

Nuus 30/5

Do., 30 Mei 2002 13:43

Hennie Bester - onderleier van die DA in die Kaap- het gister bedank uit
alle politiek.
Hy is behoorlik gatvol vir die balbyters.
Annette

Nuus | 0 kommentare

Re: Whips?

Do., 30 Mei 2002 12:17

Ou oerwoudgesegde....
"Sticks & stones can't break my bones, but whips & leathers turns me
on's..."

"Annette" skryf in boodskap news:ad4rtm$ug2j1$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> :)))) Ek sal self 'n slangswepie wou aanskaf:)))
> Annette
>
>
> "Melissa in Colorado" wrote in message
> news:3cf5abec$1_1@omega.dimensional.com...
>> I'm interested in importing nicely made bullwhips, snake whips and signal
>> whips into the USA, wholesale, and selling them here. Whips of 12 plait or
>> more.
>>
>> If you have such for sale, you can contact me at
>> mel...@NO0DARNSPAMupalliance.org ( remove the NO0DARNSPAM before sending )
>>
>> Thanks!
>>
>> --
>> - Melissa
>> Somewhere in Colorado
>>
>> BTW, I sometimes play chess on chess.net
>

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Belasting-goed

Wo., 29 Mei 2002 11:16

Uitstel vir indiening van 2002 opgawes: algemene uitstel tot 19 Augustus
2002.
Uitstel vir indiening van IRP5 rekonsilliasies: 15 Julie 2002

Media vrystelling van Sars 24/5/2002
Annette

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

per

Wo., 29 Mei 2002 05:33

Op RSG is daar nou besluit, wanneer daar 'n webadres gegee word, om nie meer
van vorentoe skuinstreep te praat nie, maar van "per".
Ek hou daarvan.
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Re: Black racist Mugabe destroyed Zimbabwe - S. Africa will NOT follow!

Di., 28 Mei 2002 18:49

Rhenier - they have managed to hide/disguise their intellectual abilities up
to this stage - to such an extent that they can by credited for acting or
stupidity - or both.

"Rhenier" skryf in boodskap news:3cf275c6.0@news1.mweb.co.za...
> HAHAHA,
> jy dink jy's te slim.....
>
> "*Sterrenkijker*" wrote in message
> news:3cf12496.407134@news.skynet.be...
>> My dear friend,
>>
>> There is a difference between "prosperity" and "dignity".
>> You may be every man or woman in the world: no human being ever wants
>> to live in a golden cage as a prisoner for its entire life.
>> This is what both Europe and America are realizing today: these
>> continents are now at the end of their material exploration of the
>> world. They already have been starting up the intellectual exploration
>> of the other continents of the world a few decades ago but they never
>> reached Africa. They are now convinced about the fact that even black
>> Africa has an unexplored intellectual capacity which they will need in
>> the future. That's why they stopped colonizing Africa. Originality can
>> only flourish up in freedom and independence. The current regression
>> of the third world's material welfare is just a temporal phenomenon.
>> The white people had a similar period in their own history too after
>> the Roman Empire collapsed anno 498. You are thinking you're superior
>> to the black people, but you aren't. They just gave you the
>> opportunity to demonstrate your power and knowledge in Africa so that
>> they could see and understand how far you could go, just in order to
>> learn about the fronteers of the white race. But YOU will lose the
>> battle. Within a few decades you will understand that the blacks have
>> an own intelluctual potential that will even be crucial at that moment
>> for human survival. It's no use to look at them today as being the
>> present underdogs of the world. They aren't at all. They will
>> reorganize some day and then their force will be unstoppable.
>> Self-satisfaction is the biggest enemy a white man ever can have.
>>
>> Many greetings from
>>
>> Norbert (from Flanders, Belgium)
>> My name is *Sterrenkijker* (*Star gazer*)
>> e-mail: sterre...@skynet.be
>> http://users.skynet.be/strandkruier/index.html
>>
>>
>>
>> "Rhenier" schreef:
>> Take a look at the prosperity of the rest of the countries on the
>> African continent that are under black rule.????
>>
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Goeie more aan Suid Afrika

Di., 28 Mei 2002 10:43

--
EDITOR
NewsHoundMedia
www.newshoundmedia.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Oos-Kaap verval

Di., 28 Mei 2002 06:03

SATV berig vanoggend dat drie hospitale in die Oos-Kaap, o.a. die Livingston
Hospitaal in PE, in wanorde verval het en dat die bestuur nou deur
buite-instansies oorgeneem gaan word. (Wat is die Afrikaans vir
"outsourcing"?)

Volgens 'n ander berig (nie die SATV nie) gaan Mandela vir Bantu Holomiza
nader om terug te keer na ANC-geledere om die regeringsleisels in die
Oos-Kaap oor te neem aangesien die administrasie van die provinsie basies in
chaos verval het.

Maak u eie afleidings - maar hou dit positief.

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Bladsye (1834): [ «    740  741  742  743  744  745  746  747  748  749  750  751  752  753  754  755    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 21:25:00 UTC 2026