FIRST AFRIKANER ORTHODOX PRIEST TO BE ORDAINED IN SOUTH AFRICA
Kobus van der Riet, a former classics lecturer at the University
of South Africa, will be the first Afrikaner to be ordained as an
Orthodox priest in South Africa.
He will be ordained by the Orthodox Archbishop of Johannesburg
and Pretoria, Metropolitan Seraphim, at St John the Baptist
Orthodox Church, Lobelia Road, Germiston, at 11:00 am on Sunday
June 2.
Kobus van der Riet went to study at St Tikhon's Orthodox Seminary
in the USA in 1997, and was ordained deacon two weeks ago in St
George's Orthodox Church in Brakpan.
Tussen mampoer en witblits?
Ek hoor daar is 'n mampoerfees hierdie naweek net buite Pretoria aan die
gang - en daar gaan ook pap en kaiings wees.
Sal more my eie pap en kaiings hier maak.:)
Annette
Lyk my die mense wat daarteen is voel so erg daaroor dat hulle nie eers
daaroor wil stem in RSG se meningsopname nie:))
Die gevolg is dat in totaal 63% mense wat gereageer het wel Rugby Per Gewig
(in laerskole?) voorstaan.
Dis moes seker al die mammies wees wat ingebel het, en ook seker maar
pappies wat sit met die mediese onkoste van 'n kind wat ernstig op die
rugbyveld beseer is.
Annette
VERSKEIE briewe van studente en oudstudente van die Universiteit van
Stellenbosch het die laaste tyd in Die Burger se briewekolom verskyn
oor Afrikaans se posisie by die US.
Is dit dan nie dié universiteit op wie die Afrikaanssprekendes nog
altyd hul hoop gevestig het as bastion vir die handhawing en behoud
van Afrikaans nie? Helaas, wat nou verneem word, laat 'n mens jou hart
in moedeloosheid, radeloosheid en ja, selfs woede vashou.
Hoe is dit met die taalvegters van Stellenbosch gesteld? Weet hulle
nie wat in hul midde gebeur nie, of is hulle net so apaties soos die
Afrikaanse studente voor wie dosente en die betrokke owerhede
Afrikaans vertrap? Hoe is dit moontlik dat so 'n situasie kon ontstaan
sonder dat beswaar gemaak word?
Dit lyk of dit wat op Stellenbosch gebeur, 'n uitvloeisel is van wat
ons daagliks oral beleef. Baie van die huidige geslag Afrikaners (en
ek praat nie net van die jeug nie, maar ook van ouer mense) gee nie
meer 'n snars om vir wat van hul taal word nie. Wanneer hulle sake
doen, praat hulle Engels en vorms word in Engels ingevul. Hoeveel maak
nog beswaar as in Engels met hulle gekorrespondeer word?
Luister maar na sogenaamde Afrikaanse programme oor die radio en die
TV. Baie van die hedendaagse Afrikaanse kunstenaars kan nie meer
suiwer Afrikaans praat nie, of hulle dink dit is die "in ding" is om
'n geradbraakte Afrikaans te praat. Is dit werklik nodig dat so baie
onderhoude in Afrikaanse programme in Engels gevoer moet word? Moet
die Afrikaanssprekendes maar aanhou tevrede wees om aan die agterspeen
te suig?
D R. M AURITZ H . V ORSTER
Port Elizabeth
Ek wil eintlik 'n heelwat sterker woord gebruik as onaangenaam. Een van
daardie klein dingetjies wat die lewe so aangenaam maak hier (VSA) is die
feit dat rook sosiaal onaanvaarbaar is en dit is teen die wet om in openbare
plekke te rook. En die wet word toepepas. Dit is absoluut heerlik om na 'n
restuarant te gaan en jy weet 'n vark gaan nie langs jou 'n sigaret opsteek
nie.
Of dat jy op die vliegtuig kan klim en jy weet jy gaan nie vergas word deur
'n roker nie. Ek sal nooit in my lewe weer met Air France vlieg nie want
hulle laat mos rokers toe om te rook alhoewel die vlug aangegee word as
"non-smoking". Ons het skaars opgestyg toe ruik ek rook. Vind toe uit
hulle prop al die rokers tussen die bulkheads in by die toilette in en
verwag die gordyntjies moet die rook van dosyne inhou. (As die res van die
wêreld - veral die Engelsprekende wêreld - mos saamstem oor iets is dit
genoeg rede vir die Franse om dit anders te doen). Daar is niks wat my so
ontstig as wanneer ek probeer slaap en rook deur my neus inasem nie. Dit
is heerlik om na enige plek te kan gaan sonder dat daar gerook word.
Ek kan nie die roker begryp nie. Hulle kom kuier by jou huis en na die tyd
moet ek die sigaretstompies in die tuin optel. Sien - jou tuin is mos een
groot asbak. Hulle is te slap om eers 'n leë bierbottel te gebruik. Nou
die dag bring 'n vriendin van my vrou haar suster wat van SA kom kuier het
saam. Toe ek weer sien toe druk sy sigaretstompies uit op my hout deck
tussen die planke. Ek het my bloediglik vererg. Sy kyk my net so verdwaas
aan en sê; ek rook mos nie in jou huis nie? Hoekom is jy upset? Want jy
beskadig my eiendom jou moroon...
Dan is daar ook die pseudo-intellektuele roker wat vir my wil oortuig dat
daar geen oorsaak-en-effek is tussen rook, longkanker en allerhande ander
siektes is nie. Daar is slegs 'n korrelasie sien. Alhoewel die korrelasie
fator hier by die 1.0 rond is, is daar kwansuis nog geen bewys dat rook
longkanker veroorsaak nie. Hel, hoeveel evidence wil jy nou hê? As jy jou
lewe wil verkort en sorg dat die lewenskwaliteit van jou laaste nag gaan
wees, gaan voort. Maar moenie my daarby betrek nie. En moenie by my kom
simpatie soek nie. Dit sal jy net iewers in die woordeboek kry...