Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vandag in geskiedenis

Do., 16 Desember 2010 07:51

Geloftedag (voorheen Dingaansdag)

Die Slag by Bloedrivier: op hierdie Sondagmore in 1838 aan die oewer
van die Klein-Tugelarivier oorwin 470 Voortrekkerburgers met 64 waens
sowat 10 000 Zoeloes. Slegs Andries Pretorius en twee burgers word lig
gewond terwyl ± 3000 impi's hier sneuwel, en daardeur word die Gelofte
aan ons volk se hart geknoop:

"Mijne Broeders en Mede-landgenoten,
hier staan wij tans op een ogenblik voor een
heilige God van Hemel en aarde om een
belofte aan Hem te beloven,

als Hij met Zijn bescherming met ons zal
wezen, en onze vyand in onze handen zal
geven dat wij hem overwinnen, dat wij die
dag en datum elk jaar

als en verjaardag en een dankdag zoals een
Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen;
en dat wij een tempel to Zijn eer stichten
zullen, waar het Hem zou behagen;

en dat wij het ook aan onzen kinderen
zullen zeggen, dat zij met ons erin moeten
delen, tot gedachtenis ook voor onze
opkomende geslachten.

Want de ere van Zijn Naam daardoor zal
verheelikt worden, dat de roem en eer van
overwinning aan Hem zal worden gegeven."

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Twee in hof oor liggaamsdele

Wo., 15 Desember 2010 20:05

Twee in hof oor liggaamsdele
2010-12-15 21:02

* Aptekers vermoor, hul lyke in veld gegooi
* Wagte se lyke op plaas gevind
* Iemand gesoek om lyk uit te ken

Durban - Twee mans sal Vrydag in die Ntuzuma landdroshof verskyn nadat
hulle met liggaamsdele in hul besit betrap is, het polisie in
KwaZulu-Natal gesê.

"Die mans is kragtens die Wet op Menslike Weefsel in hegtenis geneem,"
het polisiewoordvoerder Luit. kol. Vincent Mdunge gesê.

Die eerste verdagte is Sondag in Nongoma in hegtenis geneem nadat hy
met twee hande in sy besit betrap is.

"'n Verdere ondersoek het die polisie na KwaMashu in Lindelani gelei
waar 'n tweede man, wat beweer het dat hy 'n tradionele geneesheer is,
met 'n kop en borskas in 'n 20 liter-emmer in sy besit gevind is," het
Mdunge gesê.

Mdunge het gesê die kop was die van 'n bejaarde man en die borskas die
van 'n kind.

"Die tradisionele geneesheer het gesê die borskas is 'n tokoloshe wat
hy in 'n bos gevang het...en dat dit nie menslik is nie," het die
polisiewoordvoerder bygevoeg.

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Twee-in-hof-oor-ligga amsdele-20101215

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

8 brand dood in huis

Ma., 13 Desember 2010 15:17

8 brand dood in huis
2010-12-13 13:48


Agt mense, 'n baba van 9 maande inkluis, het doodgebrand toe hul huis
in Pinetown, buite Durban, glo aan die brand gesteek is, het polisie
in KwaZulu-Natal gesê.

Volgens lt. kol. Vincent Mdunge vermoed die polisie dat die agt eers
geskiet is, waarna daar petrol in hul huis gegooi is en dit toe aan
die brand gesteek is.

“Ons het leë petrolkanne en vuurhoutjies buite die huis gevind. Daar
is glo ook 9mm koeëldoppies binne die huis gevind, maar ondersoekers
is steeds besig op die toneel.”

Die oorledenes is geïdentifiseer as Coshela Mabhida, 48, Sindi
Mabhida, 25 en haar nege maand oue baba Andiswa.

Die ander is Owami Mabhida, 6, Siphesihle Mabhida, 7, Njabulo Mabhida,
9, Nelisiwe Khumalo, 16, en Angelina Mabhida, 68.

Die saak is aan die georganiseerde misdaadeenheid oorhandig. - Sapa

Nuus | 0 kommentare

Moenie Engels só aan skole opdwing nie

Ma., 06 Desember 2010 10:51

============================================================
Die oorskakeling van enkelmedium na pararallelmedium is dikwels net
die eerste stap na algehele verengelsing. Van die 1 396 Afrikaanse
enkelmedium-skole in 1993 was daar verlede jaar net 667 Afrikaanse
skole oor.
============================================================

Moenie Engels só aan skole opdwing nie
2010-11-29 23:00

Afrikaanse enkelmedium-skole in dele van Pretoria behoort bedag te
wees op die poging om hul te transformeer tot parallelmedium-skole.

In ’n interne memorandum vra ’n direkteur van ’n onderwysdistrik in
Pretoria ’n mandaat van die Gautengse onderwysdepartement om sekere
Afrikaanse enkelmedium-skole in parallelmediumskole te verander.

Onder die hoërskole tel skole soos Centurion, Die Wilgers, Eldoraigne,
Menlopark, Garsfontein, Waterkloof en Zwartkop.

Die oorskakeling van enkelmedium na pararallelmedium is dikwels net
die eerste stap na algehele verengelsing. Van die 1 396 Afrikaanse
enkelmedium-skole in 1993 was daar verlede jaar net 667 Afrikaanse
skole oor.

Saam met die verengelsing van universiteite is dit die grootste
gevaarlig vir die toekoms van Afrikaans.

Mnr. Joe Mokhosi, opsteller van die memorandum, het gesê daar is groot
druk op Engelse skole in die distrik en dit gaan volgende jaar
vererger.

Hy verwag nou van die Afrikaanse skole om Engelse klasse aan te bied
om plek te maak vir kinders wat nog nie geholpe is nie. Die skole is
volgens hom welvarende skole wat geld kan insamel om bykomende
onderwysers aan te stel waar nodig is.

Dit is verregaande van Mokhosi om in dié laat stadium te verwag dat
Afrikaanse skole op eie koste klasse in Engels moet aanbied.

Die probleem van te min plek vir Engelse kinders in skole in Pretoria
kom al van so lank as vyf jaar gelede.

Mense soos Mokhosi wil die probleem nou oorgee aan Afrikaanse skole.
Dis ’n gerieflike uitweg vir hom.

Intussen is daar skole in Mamelodi wat letterlik leeg staan. Ouers het
hul kinders na ander skole gestuur omdat hulle ordentlike onderrig vir
hul kinders wou kry.

Hoewel die Gautengse onderwysdepartement sê die memorandum is nie ’n
amptelike dokument nie, behoort die geteikende skole hulle voor te
berei dat die kwessie weer en weer by hulle gaan draai.

http://www.beeld.com/Opinie/HoofArtikels/Moenie-Engels-so-aa n-skole-opdwing-nie-20101129

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Savage South Africa - Elderly White man's soles stripped of feet

Ma., 06 Desember 2010 10:21

Kind elderly man's soles stripped of feet
Shot in back of head and shoulder
==================================================
Honde wag vergeefs

2010-12-06 10:12

Nicolize van der Walt

Krugersdorp. – Vier poedeltjies wag angstig dat hul baas moet huis toe
kom. Wanneer die deurklokkie lui of hulle ’n bakkie se enjin hoor,
storm hulle deur toe.

Hul baas gaan egter nie weer huis toe kom nie.

Die lyk van mnr. Jan Krige (56) van Naudestraat in Krugersdorp is
verlede Donderdag in Kagiso gekry nadat vriende en familie sedert
Dinsdag na hom gesoek het. Hy is in die agterkop en skouer geskiet.

Sy wit Colt-dieselbakkie (registrasienommer XVK179GP) is vermoedelik
gekaap en word deur die polisie gesoek.

“Jan (Krige) is deur die nag uitgeroep na sy werk toe by Harmony se
Doornkop-myn,” sê mev. Nellie Krige.

“Ek is later die oggend werk toe. Toe ek die middag by die huis kom,
het ek gesien sy kos staan nog steeds net so.

“Ek was toe baie, baie bekommerd en ons het na hom begin soek.

“Ek het uitgevind hy het reeds 03:30 by die myn uitgeklok.

“Ons het sy selfoon gebel. Twee keer het dit geklink asof iemand die
foon antwoord, maar dadelik weer dooddruk,” sê sy.

Die egpaar sou op 20 Desember 35 jaar getroud gewees het.

Mev. Krige sê hul poedels is hul “kinders”.

“Vandag gaan hulle Jan se lyk van die Roodepoort-lykhuis af aan ons
oorhandig.

“Ek gaan die hondjies vat sodat hulle na hom kan kyk. Dalk verstaan
hulle dan wat aangaan. Hulle is so treurig.

“My man was ’n diabeet wat al twee keer in ’n koma was.

“Dis vir my onaanvaarbaar dat hy nou só wreed moes sterf.

“Toe ek sy lyk moes gaan uitken, het ek gesien hy het nie velle op sy
voete nie.

“Dit lyk of hy vasgebind was ook. Hy het dit nie verdien nie,” het sy
snikkend gesê.

Mev. Krige het haar man as ’n “huismens” bestempel.

“Hy het baie van TV kyk gehou.
“As die TV aan was, was dit op sport. Hy was gek oor rugby en
krieket.

“Hy was ’n saggeaarde mens wat almal altyd net wou help.

“Gewoonlik het hy vir Noekie, ons oudste hondjie, saamgevat werk toe.

“Dan het sy in sy bakkie gewag totdat hy terugkom. Dinsdag was hy
egter te haastig en sy moes by die huis bly?.?.?.”

’n Roudiens vir Krige word Donderdag 12:00 uit die NG Kerk Suiderlig-
gemeente in Krugersdorp-Wes gehou.

Ao. Solomon Sibiya, polisiewoordvoerder, sê hy is nie ingelig oor die
ontdekking van die lyk en die moordondersoek nie, berig Amanda
Roestoff.

Hy kon daarom nie op die voorval of die ondersoek kommentaar lewer nie.

Nuus | 0 kommentare

Savage South Africa - White Man dead after torture

Vr., 03 Desember 2010 07:44

- Mr Fourie was dragged around with a belt around his neck in his house
- They crushed his hands which were badly afflicted by arthritis
- His beloved Jack Russel dog 'Snottie', was brutally kicked and
beaten and then shot dead in front of him

*Damn the liberal media for not reporting and making an issue for
weeks over incidents like these

============================================================ ==========

Man sterf ná rooftog
2010-12-01 23:56

'n Bekende inwoner van Vaalwater in Limpopo is dood nadat sy
moordenaars sowat twee weke gelede 'n gordel om sy nek gebind en hom
daarmee in sy huis rondgesleep het.

Mnr. Andrew Fourie (62) se geliefde Jack Russell-hondjie, Snottie, is
tydens die aanval voor hom doodgeskiet.

'n Bebloede en erg beseerde Fourie het sowat tien uur lank bewusteloos
langs die dooie hondjie gelê voordat 'n buurman opgedaag het.

Mev. Elvera Fourie, sy vrou, het gister huilend vertel hy is eergister
in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria dood.

"Hy kon nog soveel vir die samelewing beteken het ... Nou is hy net
nog 'n syfer van die misdaad in Suid-Afrika."

Die egpaar sou vandag hul 15de huweliksherdenking gevier het.

Fourie is die aand van 18 November omstreeks 21:00 in sy huurhuis op
die Boschpoort-plaas oorval. Sy vrou was in Pretoria.

Volgens haar het haar man gesê drie mans het ingebreek en hom in die
hoofslaapkamer oorval. Hy was sieklik en het artritis gehad. "Hulle
het aangehou om hom oor die kop te slaan. Hulle het 'n belt om sy nek
gebind en hom daaraan deur die huis gesleep."

Snottie het glo na van die aanvallers gebyt toe hy doodgeskiet is.

"Hulle het hom vreeslik geskop en in 'n kamer in die huis vasgebind.
Daar was oral bloed, aan die mure en die gordyne ook."

Fourie se hande, wat kromgetrek was van artritis, was stukkend
geslaan.

Nadat die aanvallers in Fourie se bakkie probeer vlug het, het hy hom
losgewikkel en teruggekruip na die hoofslaapkamer waar Snottie dood
gelê het.

"Hy het gesê 'n ruk later het die mans teruggekom en 'n kussing oor sy
kop gedruk en hom probeer versmoor. Hy het gemaak of hy dood is."

Hy het daarna sy bewussyn verloor.

Mnr. Hannes Haasbroek, 'n buurman, het die volgende oggend omstreeks
08:00 op die bewustelose Fourie afgekom. Hy het onraad vermoed omdat
Fourie nie sy selfoon geantwoord het nie. Die aanvallers het Fourie se
selfoon en gewere gesteel.

Mev. Fourie het gesê haar man het grade in die onderwys en natuurkunde
gehad. Hy was ook 'n voormalige voorsitter van die boerevereniging in
Vaalwater. 'n Roudiens word oormôre 10:00 in die NG kerk in Vaalwater
gehou.

Niemand is nog weens die aanval in hegtenis geneem nie.

Nuus | 0 kommentare

Bejaarde egpaar vasgebind en beroof

Vr., 03 Desember 2010 07:22

Elderly couple tied and robbed
======================

Senior burgers in huis oorval
2010-12-03 09:01

Kobus Pretorius
Parow - ’n Egpaar van Parow is helder oordag in hul huis vasgebind en
beroof.

Twee mans het Maandag omstreeks 13:00 Isabel Genade (73) en haar 75-
jarige man (wie se naam onbekend is) se deurklokkie in Wesselstraat-
noord gelui.

Hulle was na bewering in volle polisie-uniform geklee.

Hulle is die huis ingelaat nadat hulle glo aan die egpaar gesê het hul
motor is gesteel.

“Die mans het die egpaar oorval en vasgebind,” het ao. Jacques
Mostert, polisiewoordvoerder in Parow, gister gesê.

Volgens inligting wat Die Burger ontvang het, is die egpaar aangerand.
Mostert het dit egter ontken en gesê hulle is nie aangerand nie. “Die
tannie het wel ’n hou teen die blad gekry en het ’n knop teen haar
kop. Die oom is ongedeerd.”

Mostert kon nie bevestig dat die mans in polisie-uniforms geklee was
nie omdat die ondersoek in ’n sensitiewe stadium is. “Hulle het met
die vrou se handsak, waarin haar bankkaarte en kontant was, asook
juweliersware weggekom.”

Die polisie kon nie sê wie op die egpaar afgekom het nie en of hulle
hulself bevry en die polisie ontbied het.

Die Genades was nie gister tuis nie. Poeier teen die voordeur se
traliehek soos die polisie dit vir vingerafdrukke gefynkam het, was al
getuienis van wat gebeur het.

Inwoners van Wesselstraat-noord was gister met Die Burger se besoek
aan die huis onbewus van die voorval.

Inwoners het vertel dit is bedags baie stil in die buurt.

“’n Mens sien die polisie omtrent nooit hier nie,” het ’n man van hom
laat hoor.

“Ek het al verdagte mense wat sommer net hier sit of rondloop, gevra
wat hulle hier doen. Dan jaag ek hulle weg, want hulle hoort nie hier
nie.”

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Senior-burgers-in-hui s-oorval-20101203-2

Nuus | 0 kommentare

(Farm Murders) Family of three murdered, including a three-year old girl

Do., 02 Desember 2010 12:55

(Farm Murders)
Family of three murdered, including a three-year old girl

========================================

Plaasgesin grusaam vermoor
2010-12-02 14:01

Bloemfontein - ’n Gesin van drie, onder wie ’n 3-jarige dogtertjie, is
grusaam op die plaas Tweefontein in die Lindley-distrik vermoor.

Attie Potgieter, sy vrou, Wilna, en hul rooikopdogtertjie, Willemien,
se lyke is Donderdagoggend deur ’n plaaswerker gevind. Potgieter is in
sy vroeë veertigerjare en sy vrou in haar dertigs.

Jana van der Merwe, Volksblad-verslaggewer wat tans op die toneel is,
sê die man is vermoedelik by die huis se agterdeur met ’n panga oor
die kop geslaan.

Van der Merwe het vertroulik verneem die vrou en kind is met ’n
vuurwapen tereggestel.

Die lyke is reeds van die plaas verwyder.

Een verdagte is intussen vasgetrek op Petrus Steyn.

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Plaasgesin-grusaam-ve rmoor-20101202-2

Nuus | 3 kommentare

Boer eis duisende van staat ná aanval

Wo., 01 Desember 2010 13:44

Boer eis duisende van staat ná aanval
2010-12-01 09:10

Frans Coetzee
Volksblad

Kimberley – ’n Boer van Richmond, wat drie jaar gelede na bewering
ernstig deur twee plaaswerkers in sy plaashuis aangerand en boonop
strafregtelik vervolg is, eis byna ’n halfmiljoen rand van die
minister van polisie en die nasionale direkteur van openbare
vervolging.

Piet Schrooder (67) van die plaas Wolwekraal, Richmond, het die
gesamentlike eis weens onregmatige inhegtenisneming en aanhouding
(R150 000) en kwaadwillige vervolging (R319 904,80) ingedien.

Volgens die besonderhede van vordering kom die eis nadat Schrooder op
30 Oktober 2007 na bewering sonder ’n lasbrief op Richmond in hegtenis
geneem is.

Die inhegtenisneming het Schrooder se eer en waardigheid aangetas. Hy
het sielkundige trauma ervaar. Hy het algemene skade van R150 000 gely
waarvoor die polisie aanspreeklik is.

Op 15 Mei 2008 het lede van die direktoraat van openbare vervolging
(DOV) in die Noord-Kaap kwaadwillig en onregmatig die regsproses in
werking gestel om opdrag aan ’n aanklaer te gee dat Schrooder in die
streekhof op ’n aanklag van poging tot moord (op die plaaswerkers)
vervolg word.

Hiervoor is die DOV vir skadevergoeding van R319 904 aanspreeklik.

Schrooder is op 12 Desember 2008 op die aanklag van poging tot moord
onskuldig bevind.

Schrooder het in ’n verklaring gesê hy het Saterdag 13 Oktober 2007
omstreeks 18:00 ’n geraas buite die plaashuis gehoor. Toe hy die
sifdeur oopmaak, het hy twee mense op die grasperk gewaar.

’n Sprinkelbesproeier is na hom gegooi. Hy het een skoot bokant hul
koppe afgevuur. Hy het ’n slaappil gedrink en gaan slaap. Sy rewolwer
was op die bedkassie.

In die nag het Schrooder wakker geskrik. Hy het die plaaswerkers Karel
Peer en Stefanus Januarie voor die bed gewaar. Karel het vyf skote met
Schrooder se rewolwer afgevuur.

Die twee werkers het hom geskop en geslaan. Hulle het gevlug toe hy
die rewolwer gryp.

’n Ernstig beseerde Schrooder het tot die volgende oggend op die bed
gelê. Hy het toe ontdek 37 ruite is uitgeslaan. Die huis was in ’n
warboel. Sowat R500, ’n halfdosyn tjekboekblaaie en sy Toyota Hilux-
bakkie was weg.

Luidens die dokter se verslag het Schrooder verskeie skaafwonde,
kopwonde, kneusings en dieper wonde opgedoen wat by geweld en
aanranding inpas.

Die verdagtes is in hegtenis geneem, maar die klagte van poging tot
moord en huisbraak en diefstal teen hulle is later teruggetrek.

’n Klag van poging tot moord is teen Schrooder ingedien.

Harry Rich, Schrooder se prokureur, het gister in kruisondervraging
getuig Schrooder kon weens sy beserings nie in ’n polisiesel geplaas
word nie.

Schrooder is wel in opdrag van die aanklaer op 30 Oktober 2007 van
08:00 tot 12:30 in die polisiekantoor en selle by die landdroskantoor
op Richmond aangehou voordat hy op borgtog vrygelaat is.

Op 14 Mei 2008 het die DOV vir Schrooder in kennis gestel dat hy
vervolg word.

Rich het later verneem die aanklagte teen die twee plaaswerkers is
teruggetrek.

Rich was Schrooder se regsverteenwoordiger toe hy op 12 Desember 2008
in die streekhof vrygespreek is.

Adv. Sharon Erasmus tree in opdrag van Len Coetzee van Kimberley vir
Schrooder op.

Adv. N. Gaisa tree in opdrag van die staatsprokureur vir die twee
verweerders op.

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Boer-eis-duisende-van -staat-na-aanval-20101130-2

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vandag in geskiedenis

Di., 30 November 2010 18:57

Why on earth did Milner Monster write this ? Before the Anglo-Boer War
the Afrikaners and English got along well and shared experiences of
savage Africa.

In die Kaap (30 November 1899) skryf Milner aan Selborne: "It is
evident that either we must absolutely smash them politically or our
own expulsion from this part of the Continent, even if not immediately
effected, can only be a matter of time...
"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    68  69  70  71  72  73  74  75  76  77  78  79  80  81  82  83    »]
Tyd nou: Ma. Feb. 02 09:51:28 UTC 2026