Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Plaasaanvalle: Bejaarde boer dood gewurg
Plaasaanvalle: Bejaarde boer dood gewurg [boodskap #119859] Vr, 17 Desember 2010 16:03
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Bejaarde boer verwurg, vrou ontvoer
2010-12-17 14:15

Buks Viljoen

Rowers het gisternag 'n 86-jarige boer van die Badplaas-distrik
verwurg en sy vrou aangerand en ontvoer.


Mnr. Tolstoi Schoeman (86) en sy vrou, Güdryn, het volgens die polisie
gelê en slaap toe rowers glo deur die agterdeur toegang gekry het tot
die egpaar se plaashuis by Vygeboom, sowat 10km van Badplaas in
Mpumalanga.


Toe mnr. Schoeman hom teen die rowers verset, het hulle hom oorrompel,
vasgebind en met 'n slaapbroek verwurg. By mev. Schoeman wou hulle
geld en wapens hê.


Sy is eindelik in die egpaar se eie motor na 'n OTM geneem om geld te
trek.


Op die pad na Carolina het die rowers 'n ongeluk met die voertuig
gemaak en van die wrak gevlug. Polisie het later op die wrak afgekom
met mev. Schoeman nog daarbinne.

Sy het gesê daar was 'n plaasaanval en sy vermoed haar man is dood. In
die slaapkamer het die polisie toe op mnr. Schoeman se lyk afgekom.


Mev. Schoeman is in Ermelo behandel en later ontslaan. Die polisie is
op die spoor van verdagtes.

Lees die volledige berig Saterdag in Beeld.

( http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Boer-vermoor-en-vrou-o ntvoer-20101217
)
Vorige onderwerp: 8 brand dood in huis
Volgende onderwerp: Boer sewe keer met mes gesteek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:16:02 MGT 2024