Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » 8 brand dood in huis
8 brand dood in huis [boodskap #119856] Ma, 13 Desember 2010 15:17
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
8 brand dood in huis
2010-12-13 13:48


Agt mense, 'n baba van 9 maande inkluis, het doodgebrand toe hul huis
in Pinetown, buite Durban, glo aan die brand gesteek is, het polisie
in KwaZulu-Natal gesê.

Volgens lt. kol. Vincent Mdunge vermoed die polisie dat die agt eers
geskiet is, waarna daar petrol in hul huis gegooi is en dit toe aan
die brand gesteek is.

“Ons het leë petrolkanne en vuurhoutjies buite die huis gevind. Daar
is glo ook 9mm koeëldoppies binne die huis gevind, maar ondersoekers
is steeds besig op die toneel.”

Die oorledenes is geïdentifiseer as Coshela Mabhida, 48, Sindi
Mabhida, 25 en haar nege maand oue baba Andiswa.

Die ander is Owami Mabhida, 6, Siphesihle Mabhida, 7, Njabulo Mabhida,
9, Nelisiwe Khumalo, 16, en Angelina Mabhida, 68.

Die saak is aan die georganiseerde misdaadeenheid oorhandig. - Sapa
Vorige onderwerp: (Farm Murders) Family of three murdered, including a three-year old girl
Volgende onderwerp: Plaasaanvalle: Bejaarde boer dood gewurg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:11:04 MGT 2024