Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Savage South Africa - White Man dead after torture
Savage South Africa - White Man dead after torture [boodskap #119850] Vr, 03 Desember 2010 07:44
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
- Mr Fourie was dragged around with a belt around his neck in his house
- They crushed his hands which were badly afflicted by arthritis
- His beloved Jack Russel dog 'Snottie', was brutally kicked and
beaten and then shot dead in front of him

*Damn the liberal media for not reporting and making an issue for
weeks over incidents like these

============================================================ ==========

Man sterf ná rooftog
2010-12-01 23:56

'n Bekende inwoner van Vaalwater in Limpopo is dood nadat sy
moordenaars sowat twee weke gelede 'n gordel om sy nek gebind en hom
daarmee in sy huis rondgesleep het.

Mnr. Andrew Fourie (62) se geliefde Jack Russell-hondjie, Snottie, is
tydens die aanval voor hom doodgeskiet.

'n Bebloede en erg beseerde Fourie het sowat tien uur lank bewusteloos
langs die dooie hondjie gelê voordat 'n buurman opgedaag het.

Mev. Elvera Fourie, sy vrou, het gister huilend vertel hy is eergister
in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria dood.

"Hy kon nog soveel vir die samelewing beteken het ... Nou is hy net
nog 'n syfer van die misdaad in Suid-Afrika."

Die egpaar sou vandag hul 15de huweliksherdenking gevier het.

Fourie is die aand van 18 November omstreeks 21:00 in sy huurhuis op
die Boschpoort-plaas oorval. Sy vrou was in Pretoria.

Volgens haar het haar man gesê drie mans het ingebreek en hom in die
hoofslaapkamer oorval. Hy was sieklik en het artritis gehad. "Hulle
het aangehou om hom oor die kop te slaan. Hulle het 'n belt om sy nek
gebind en hom daaraan deur die huis gesleep."

Snottie het glo na van die aanvallers gebyt toe hy doodgeskiet is.

"Hulle het hom vreeslik geskop en in 'n kamer in die huis vasgebind.
Daar was oral bloed, aan die mure en die gordyne ook."

Fourie se hande, wat kromgetrek was van artritis, was stukkend
geslaan.

Nadat die aanvallers in Fourie se bakkie probeer vlug het, het hy hom
losgewikkel en teruggekruip na die hoofslaapkamer waar Snottie dood
gelê het.

"Hy het gesê 'n ruk later het die mans teruggekom en 'n kussing oor sy
kop gedruk en hom probeer versmoor. Hy het gemaak of hy dood is."

Hy het daarna sy bewussyn verloor.

Mnr. Hannes Haasbroek, 'n buurman, het die volgende oggend omstreeks
08:00 op die bewustelose Fourie afgekom. Hy het onraad vermoed omdat
Fourie nie sy selfoon geantwoord het nie. Die aanvallers het Fourie se
selfoon en gewere gesteel.

Mev. Fourie het gesê haar man het grade in die onderwys en natuurkunde
gehad. Hy was ook 'n voormalige voorsitter van die boerevereniging in
Vaalwater. 'n Roudiens word oormôre 10:00 in die NG kerk in Vaalwater
gehou.

Niemand is nog weens die aanval in hegtenis geneem nie.
Vorige onderwerp: Bejaarde egpaar vasgebind en beroof
Volgende onderwerp: Savage South Africa - Elderly White man's soles stripped of feet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 23:49:29 MGT 2024