Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Savage South Africa - Elderly White man's soles stripped of feet
Savage South Africa - Elderly White man's soles stripped of feet [boodskap #119852] Ma, 06 Desember 2010 10:21
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Kind elderly man's soles stripped of feet
Shot in back of head and shoulder
==================================================
Honde wag vergeefs

2010-12-06 10:12

Nicolize van der Walt

Krugersdorp. – Vier poedeltjies wag angstig dat hul baas moet huis toe
kom. Wanneer die deurklokkie lui of hulle ’n bakkie se enjin hoor,
storm hulle deur toe.

Hul baas gaan egter nie weer huis toe kom nie.

Die lyk van mnr. Jan Krige (56) van Naudestraat in Krugersdorp is
verlede Donderdag in Kagiso gekry nadat vriende en familie sedert
Dinsdag na hom gesoek het. Hy is in die agterkop en skouer geskiet.

Sy wit Colt-dieselbakkie (registrasienommer XVK179GP) is vermoedelik
gekaap en word deur die polisie gesoek.

“Jan (Krige) is deur die nag uitgeroep na sy werk toe by Harmony se
Doornkop-myn,” sê mev. Nellie Krige.

“Ek is later die oggend werk toe. Toe ek die middag by die huis kom,
het ek gesien sy kos staan nog steeds net so.

“Ek was toe baie, baie bekommerd en ons het na hom begin soek.

“Ek het uitgevind hy het reeds 03:30 by die myn uitgeklok.

“Ons het sy selfoon gebel. Twee keer het dit geklink asof iemand die
foon antwoord, maar dadelik weer dooddruk,” sê sy.

Die egpaar sou op 20 Desember 35 jaar getroud gewees het.

Mev. Krige sê hul poedels is hul “kinders”.

“Vandag gaan hulle Jan se lyk van die Roodepoort-lykhuis af aan ons
oorhandig.

“Ek gaan die hondjies vat sodat hulle na hom kan kyk. Dalk verstaan
hulle dan wat aangaan. Hulle is so treurig.

“My man was ’n diabeet wat al twee keer in ’n koma was.

“Dis vir my onaanvaarbaar dat hy nou só wreed moes sterf.

“Toe ek sy lyk moes gaan uitken, het ek gesien hy het nie velle op sy
voete nie.

“Dit lyk of hy vasgebind was ook. Hy het dit nie verdien nie,” het sy
snikkend gesê.

Mev. Krige het haar man as ’n “huismens” bestempel.

“Hy het baie van TV kyk gehou.
“As die TV aan was, was dit op sport. Hy was gek oor rugby en
krieket.

“Hy was ’n saggeaarde mens wat almal altyd net wou help.

“Gewoonlik het hy vir Noekie, ons oudste hondjie, saamgevat werk toe.

“Dan het sy in sy bakkie gewag totdat hy terugkom. Dinsdag was hy
egter te haastig en sy moes by die huis bly?.?.?.”

’n Roudiens vir Krige word Donderdag 12:00 uit die NG Kerk Suiderlig-
gemeente in Krugersdorp-Wes gehou.

Ao. Solomon Sibiya, polisiewoordvoerder, sê hy is nie ingelig oor die
ontdekking van die lyk en die moordondersoek nie, berig Amanda
Roestoff.

Hy kon daarom nie op die voorval of die ondersoek kommentaar lewer nie.
Vorige onderwerp: Savage South Africa - White Man dead after torture
Volgende onderwerp: (Farm Murders) Family of three murdered, including a three-year old girl
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:06:31 MGT 2024