Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Bejaarde egpaar vasgebind en beroof
Bejaarde egpaar vasgebind en beroof [boodskap #119849] Vr, 03 Desember 2010 07:22
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Elderly couple tied and robbed
======================

Senior burgers in huis oorval
2010-12-03 09:01

Kobus Pretorius
Parow - ’n Egpaar van Parow is helder oordag in hul huis vasgebind en
beroof.

Twee mans het Maandag omstreeks 13:00 Isabel Genade (73) en haar 75-
jarige man (wie se naam onbekend is) se deurklokkie in Wesselstraat-
noord gelui.

Hulle was na bewering in volle polisie-uniform geklee.

Hulle is die huis ingelaat nadat hulle glo aan die egpaar gesê het hul
motor is gesteel.

“Die mans het die egpaar oorval en vasgebind,” het ao. Jacques
Mostert, polisiewoordvoerder in Parow, gister gesê.

Volgens inligting wat Die Burger ontvang het, is die egpaar aangerand.
Mostert het dit egter ontken en gesê hulle is nie aangerand nie. “Die
tannie het wel ’n hou teen die blad gekry en het ’n knop teen haar
kop. Die oom is ongedeerd.”

Mostert kon nie bevestig dat die mans in polisie-uniforms geklee was
nie omdat die ondersoek in ’n sensitiewe stadium is. “Hulle het met
die vrou se handsak, waarin haar bankkaarte en kontant was, asook
juweliersware weggekom.”

Die polisie kon nie sê wie op die egpaar afgekom het nie en of hulle
hulself bevry en die polisie ontbied het.

Die Genades was nie gister tuis nie. Poeier teen die voordeur se
traliehek soos die polisie dit vir vingerafdrukke gefynkam het, was al
getuienis van wat gebeur het.

Inwoners van Wesselstraat-noord was gister met Die Burger se besoek
aan die huis onbewus van die voorval.

Inwoners het vertel dit is bedags baie stil in die buurt.

“’n Mens sien die polisie omtrent nooit hier nie,” het ’n man van hom
laat hoor.

“Ek het al verdagte mense wat sommer net hier sit of rondloop, gevra
wat hulle hier doen. Dan jaag ek hulle weg, want hulle hoort nie hier
nie.”

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Senior-burgers-in-hui s-oorval-20101203-2
Vorige onderwerp: Onverwagse wending in 'skiet die boer'-saak
Volgende onderwerp: Savage South Africa - White Man dead after torture
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 17:18:47 MGT 2024