Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreƫls om op dreef te kom.

San-Marie se gebed

Wo., 05 Junie 2002 09:31

San-Marie's prayer

San-Marie Cronje, Hansie's mother, reduced Mangaung mayor Pappie
Mokoena, councillors and visitors to tears with a moving prayer on a
visit to her on Tuesday. The prayer is as follows:

"Our loving Father in heaven, this is a morning for celebrations.

"Our son did not die, but is going towards Your light. He was given a
choice between darkness and light. Thank you for letting him go.

"He chose the light, even though it was difficult. He could have lied
and swept everything under the carpet, but he chose not to.

"As Dr Ali Bacher said on Sunday night over the telephone, Hansie was
the only one to tell the truth.

"Help us as his parents not to harbour resentment. In Your death on
the cross all our sins are forgiven.

"Thank you for the 32 wonderful years You gave us with a golden son.
We were his earthly parents, who brought him up for You. Now he is
with You.

"Thank you for saving him from further hurt. He did not deserve
everything that came his way, but You always took his side.

"Thank you for saving him from the cesspool of temptation in the
sporting world and elsewhere, O Lord. Our sports people are very
naive. They are unaware of what is happening in the world.

"Bless our city, bless our people. The people of Bloemfontein and the
Free State is one family. We are united.

"As Your children we receive Your undeserved grace.

"Ewie and I are now without our son. You were also heartbroken when
Your son died on the cross.

"We deliver him into Your hands. We know You will sustain us.

"Thank you for the courage of the pilots. Their families are enduring
the same pain. They also lost someone, but since our son was well
known, there was a fuss.

"We entrust those two families to Your grace.

"In the name of Your Son Jesus Christ. Amen."

(Met erkenning aan News24)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Weer Hansie

Wo., 05 Junie 2002 08:40

Ek glo nie die sakie wat ek nou pos staan in gevaar om die Nobelprys
vir Letterkunde te wen nie, tog dink ek dis heel gepas op hierdie dag.
Dis volgens Die Burger net die laaste stuk van die gedig.

...Uit vele oorde - dag na dag is jy gekritiseer.
Ja, min wou jou vergewe,
gekrenk was al jou eer.
Soos Job op die ashoop,
soos die vrou van owerspel-
was jou lewe op 'n stadium
een van onbeskryflike hel.
Tog op 'n koue winteroggend,
uit verwronge vliegtuigwrak-
het God in sy genade
die gordyn vir jou laat sak
en wyl ons wat jou vergewe het
ween oor 'n gestorwe vriend en held-
sal jy voortkolf, Hansie
op Jesus' hemels krieketveld

(Anthony Nolan Venter)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Grafsteensangers

Wo., 05 Junie 2002 08:11

Ek kyk nou maar nog net 'n paar maande na hierdie ng, dus weet ek nou
nie of wat ek nou pos dalk mosterd na die maal is nie. Gaan kyk bietje
na www.grafsteensangers.co za. Hulle sing weenlietjies en treurmares,
baie op die trant van die Briels van toentertyd met so bietjie humor
by.

Drom

Musiek & liriek | 0 kommentare

Wouter se Tweegatjakkals

Wo., 05 Junie 2002 06:43

Daar die gat het mos niks met 'n kont te doen nie, of hoe?
:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ditjies en datjies

Di., 04 Junie 2002 22:54

Kaapstad se eie sterrekonstellasie

Daar is 88 erkende - ag nee wag - laat ek sommer die Engelse ding
hier insit:

There are 88 constellations in the sky. Most were identified and
named in antiquity and of these very few were sited and named in the
southern hemisphere.
In 1751 Louis Abbe de Caix stayed in Cape Town for a few months. He
set up his telescope in a Strand Street house and sited 14 new
constellations. To honor his location he called one Mons Mensa, Table
Mountain. This became the only constellation in the sky to be named
after a geographical feature.

http://users.iafrica.com/r/ro/robair/Tours_Fascinating_Stuff .htm#Cape%20Town's%20own%20constellation

(Mensa beteken "tafel" in Latyn. Dis 'n baie dowwe konstellasie naby
die Suidpool. Mons Mensa word gewoonlik sommer afgekort as "Mensa" of
selfs "Mesa")

(Dis nou wat gebeur as ek goeters soek op die Internet oor Jan Smuts)
:-)

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

Woderlik

Di., 04 Junie 2002 20:17

onthou, 'n DINGUS is 'n wonderlikke ding.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Oosterse Sokker

Di., 04 Junie 2002 08:11

Vandag speel Sjina, Japan en Korea. Ek kan nie verstaan hoekom die Oosterse
spelers nie hul Ninja-vermoƫns inspan om oor die teenstanders te vlieg en
doele aan te teken nie.:))
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Walgwors

Di., 04 Junie 2002 07:11

'n Joernalis van Die Burger verwys in vandag se koerant na iemand as
een van "gunsteling-walgworse." Ek het die woord nog nooit gehoor nie,
maar ek dink ek sou reg wees as ek aanneem dit verwys na iemand wat
jou nie baie aanstaan nie. Goeie woord!
Drom

Koeitjies & kalfies | 26 kommentare

Ons Lekker Goed

Di., 04 Junie 2002 06:46

Ek kom toe oor die naweek agter die mense van Engeland, Kanada en VSA weet
nie van Milo nie.
Ek het ook al 'n resep vir iemand in Kanada gestuur en moes toe hoor daar is
nie peppermint crisp daar nie.
Elke keer as ek Engeland toe gaan moet ek 'n boksie vol Anchovette Vissmeer
saamneem.
Gelukkig sien ek dat Mrs Balls en Rooibostee nou in Engeland beskikbaar is.

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nuus 4/6

Di., 04 Junie 2002 06:42

Gerald Morkel - burgemeester van Kaapstad, het nou besluit om tydelik uit
te tree totdat bewys is dat hy nie stout was nie.
Belinda Walker tree nou op as tydelike burgemeester - sy is 'n dame so na my
hart (van my kiesafdeling)- vat nie nonsens van kabouters nie.
Annette

Nuus | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    738  739  740  741  742  743  744  745  746  747  748  749  750  751  752  753    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 20:05:47 UTC 2026