Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreƫls om op dreef te kom.

Grafsteensangers

Wo., 05 Junie 2002 08:11

Ek kyk nou maar nog net 'n paar maande na hierdie ng, dus weet ek nou
nie of wat ek nou pos dalk mosterd na die maal is nie. Gaan kyk bietje
na www.grafsteensangers.co za. Hulle sing weenlietjies en treurmares,
baie op die trant van die Briels van toentertyd met so bietjie humor
by.

Drom

Musiek & liriek | 0 kommentare

Wouter se Tweegatjakkals

Wo., 05 Junie 2002 06:43

Daar die gat het mos niks met 'n kont te doen nie, of hoe?
:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ditjies en datjies

Di., 04 Junie 2002 22:54

Kaapstad se eie sterrekonstellasie

Daar is 88 erkende - ag nee wag - laat ek sommer die Engelse ding
hier insit:

There are 88 constellations in the sky. Most were identified and
named in antiquity and of these very few were sited and named in the
southern hemisphere.
In 1751 Louis Abbe de Caix stayed in Cape Town for a few months. He
set up his telescope in a Strand Street house and sited 14 new
constellations. To honor his location he called one Mons Mensa, Table
Mountain. This became the only constellation in the sky to be named
after a geographical feature.

http://users.iafrica.com/r/ro/robair/Tours_Fascinating_Stuff .htm#Cape%20Town's%20own%20constellation

(Mensa beteken "tafel" in Latyn. Dis 'n baie dowwe konstellasie naby
die Suidpool. Mons Mensa word gewoonlik sommer afgekort as "Mensa" of
selfs "Mesa")

(Dis nou wat gebeur as ek goeters soek op die Internet oor Jan Smuts)
:-)

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

Woderlik

Di., 04 Junie 2002 20:17

onthou, 'n DINGUS is 'n wonderlikke ding.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Oosterse Sokker

Di., 04 Junie 2002 08:11

Vandag speel Sjina, Japan en Korea. Ek kan nie verstaan hoekom die Oosterse
spelers nie hul Ninja-vermoƫns inspan om oor die teenstanders te vlieg en
doele aan te teken nie.:))
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Walgwors

Di., 04 Junie 2002 07:11

'n Joernalis van Die Burger verwys in vandag se koerant na iemand as
een van "gunsteling-walgworse." Ek het die woord nog nooit gehoor nie,
maar ek dink ek sou reg wees as ek aanneem dit verwys na iemand wat
jou nie baie aanstaan nie. Goeie woord!
Drom

Koeitjies & kalfies | 26 kommentare

Ons Lekker Goed

Di., 04 Junie 2002 06:46

Ek kom toe oor die naweek agter die mense van Engeland, Kanada en VSA weet
nie van Milo nie.
Ek het ook al 'n resep vir iemand in Kanada gestuur en moes toe hoor daar is
nie peppermint crisp daar nie.
Elke keer as ek Engeland toe gaan moet ek 'n boksie vol Anchovette Vissmeer
saamneem.
Gelukkig sien ek dat Mrs Balls en Rooibostee nou in Engeland beskikbaar is.

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nuus 4/6

Di., 04 Junie 2002 06:42

Gerald Morkel - burgemeester van Kaapstad, het nou besluit om tydelik uit
te tree totdat bewys is dat hy nie stout was nie.
Belinda Walker tree nou op as tydelike burgemeester - sy is 'n dame so na my
hart (van my kiesafdeling)- vat nie nonsens van kabouters nie.
Annette

Nuus | 0 kommentare

Sonsverduistering oor Suid Afrika

Ma., 03 Junie 2002 20:37

Vir die wat meer wil weet oor die "Algehele Sonsverduistering" oor
Suid Afrika op 4 Desember 2002.

www.clickza.com

Groete
Dion

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hansie Cronje

Ma., 03 Junie 2002 13:13

Na watter adres kan ons 'n boodskap van meegevoel aan die Cronje gesin
stuur?
U kan per Epos antwoord.

Grahame

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    738  739  740  741  742  743  744  745  746  747  748  749  750  751  752  753    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 18:40:30 UTC 2025