Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nelson en sy Libiese Vriende

Do., 06 Junie 2002 14:24

Ek sien gisteraand op die nuus dat Nelson Mandela sy tronkvoël Libiese
terroris buddy - wat skuldig bevind is aan die bom planttery wat die
vliegtuig bo Lockerbie opgeblaas het - gaan besoek in die tronk. Wanneer
gaan hy ooit leer? Dit is nie "cool" om met terroriste te simpatiseer nie.
Ek is bevrees die Rand gaan alweer soos 'n klip val... Koop nou maar $
terwyl dit relatief laag is...

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Nuwe manier

Do., 06 Junie 2002 08:05

Volgens Roekeloos is daar 'n nuwe manier daar Noorderig om selfmoord
te pleeg. Jy trek 'n Blou Bulle rugbytrui aan en dan skaam jy jou
dood.

Drom

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Sonbrand

Do., 06 Junie 2002 06:45

Ek lees dat die meeste kinders in Amerika nie bewus is van die moontlike
gevaar van sonbrand nie - om bruingebrand te wees is meer belangrik.
Ek glo wel dat die kinders in die sonryke state en lande wel meer bedag is.
Toe ek jonk was het ons nie eers geweet van sonskermfaktor 15 nie - maar ek
is gelukkig, ek brand gou bruin.
Hier in my later jare vind ek wel dat as ek te lank in die son is, verskyn
daar blasies op my vel wat die volgende dag vedwyn.
Ek het gegaan vir toetse vir velkanker - daar is niks gevind nie - maar ek
is deesdae baie meer versigtig as ek uitgaan in die helder sonskyn. - mens
weet nooit wanneer daardie blasies nie gaan verdwyn nie - dan word ek SA se
Blasievrou:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Arthur

Wo., 05 Junie 2002 17:35

Arthur?
--
***************************
http://www.transformationafrica.org
***************************

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Ken julle van?

Wo., 05 Junie 2002 15:07

Die pragtige term: Moerblok? Hier by ons is dit een van daai bedonnerde
dik anties wat nie stories [klonterige soort] vat van enigiemand nie. Dis
hulle met die arm-muscles wat doer onder hang! ...........ek kyk sy
noordwes van my af.....ver,ver en ek dink ek weet waar's een!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kaap Die Stadige

Wo., 05 Junie 2002 11:42

Blykbaar is 25% van die totale (land)skilpadbevolking wêreldwyd inheems aan
die Kaap.
Ons voel hier baie nou saam met ons fauna en flora:))

Annette

Troeteldiere | 4 kommentare

Ons Eie Kortbroek

Wo., 05 Junie 2002 11:39

Marthinus van Schalkwyk ( in die omgang bekend as Kortbroek) is aangewys as
die nuwe premier van die WesKaap in die plek van Liewe Pietertjie Marais wat
verlede Vrydag bedank het.

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Annette, weet jy?

Wo., 05 Junie 2002 11:00

Ons het drama met ons Weimeraners gehad en toe vertel 'n veearts vir ons dat
mieliepap nie eers 23% verteer in 'n hond se maag nie! Toe hoor ek 'n ou
sê dat die groot probleem van verspreiding van Aids in Afrika is juis dat
die mense ondervoed is en dat hul sisteme nie weerstand kan bied teen die
virus nie omdat die mense oor die algemeen ondervoed is........en dit oor
mieliepap wat die Afrikane so baie eet. Dit maak die maag lekker vol, maar
die bolle wat 'auspuff' is amper net so groot..........

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

San-Marie se gebed

Wo., 05 Junie 2002 09:31

San-Marie's prayer

San-Marie Cronje, Hansie's mother, reduced Mangaung mayor Pappie
Mokoena, councillors and visitors to tears with a moving prayer on a
visit to her on Tuesday. The prayer is as follows:

"Our loving Father in heaven, this is a morning for celebrations.

"Our son did not die, but is going towards Your light. He was given a
choice between darkness and light. Thank you for letting him go.

"He chose the light, even though it was difficult. He could have lied
and swept everything under the carpet, but he chose not to.

"As Dr Ali Bacher said on Sunday night over the telephone, Hansie was
the only one to tell the truth.

"Help us as his parents not to harbour resentment. In Your death on
the cross all our sins are forgiven.

"Thank you for the 32 wonderful years You gave us with a golden son.
We were his earthly parents, who brought him up for You. Now he is
with You.

"Thank you for saving him from further hurt. He did not deserve
everything that came his way, but You always took his side.

"Thank you for saving him from the cesspool of temptation in the
sporting world and elsewhere, O Lord. Our sports people are very
naive. They are unaware of what is happening in the world.

"Bless our city, bless our people. The people of Bloemfontein and the
Free State is one family. We are united.

"As Your children we receive Your undeserved grace.

"Ewie and I are now without our son. You were also heartbroken when
Your son died on the cross.

"We deliver him into Your hands. We know You will sustain us.

"Thank you for the courage of the pilots. Their families are enduring
the same pain. They also lost someone, but since our son was well
known, there was a fuss.

"We entrust those two families to Your grace.

"In the name of Your Son Jesus Christ. Amen."

(Met erkenning aan News24)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Weer Hansie

Wo., 05 Junie 2002 08:40

Ek glo nie die sakie wat ek nou pos staan in gevaar om die Nobelprys
vir Letterkunde te wen nie, tog dink ek dis heel gepas op hierdie dag.
Dis volgens Die Burger net die laaste stuk van die gedig.

...Uit vele oorde - dag na dag is jy gekritiseer.
Ja, min wou jou vergewe,
gekrenk was al jou eer.
Soos Job op die ashoop,
soos die vrou van owerspel-
was jou lewe op 'n stadium
een van onbeskryflike hel.
Tog op 'n koue winteroggend,
uit verwronge vliegtuigwrak-
het God in sy genade
die gordyn vir jou laat sak
en wyl ons wat jou vergewe het
ween oor 'n gestorwe vriend en held-
sal jy voortkolf, Hansie
op Jesus' hemels krieketveld

(Anthony Nolan Venter)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    737  738  739  740  741  742  743  744  745  746  747  748  749  750  751  752    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 02:29:30 UTC 2025