Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Onse Mimi

Wo., 12 Junie 2002 10:23

( Coetzer)
Is vandag 70 jaar oud.
Almal is nou vreeslik bly dat sy nou uiteindelik oud genoeg is, sodat sy nie
meer openbare uitvoerings hoef te hou nie;)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Sokkertreurmares

Wo., 12 Junie 2002 09:11

Op Supersport een Saterdagoggend, voor die wêreldbeker, is aan drie hoog
geagte sokkerkenners gevra wie hierdie jaar die beker sou wen.
Twee het gesê Argentinië, en een het Frankryk benoem.
Die kenners was toe verkeerd - nog voordat die 2de rondte gespeel word:))))
Annette - wat versigtig wonder waar Bafana Bafana na vandag sal staan.

Sport & ontspanning | 5 kommentare

Staking

Wo., 12 Junie 2002 07:54

Og, by ons slaperige buurdorpie aan ons kus, is vandag 'n staking. 'n
Vorrmalige politieke aanstelling as Stadsklerk het genadiglik gewaai [sy was
'n onderwyseres wat skaars Engels kon lees!] en het die Munisipaliteit
geadverteer vir 'n nuwe persoon. Na vele oorweging is die beste kandidaat
uitgesoek en aangestel......met goedkeuring van die regering. Probleem is
net, hy's wit! Nou's daar oorlog want van die plaaslike mense reken daar
moes nie iemand van buite af aangestel gewees het nie......maak nie saak of
daar 'n bekwame persoon op die dorp is, of nie!
En dis nie net onder die swart mense nie! Van die afgetrede witmense
stap saam! Maak nie saak hoeveel keer oor word gesê dat 'n Stadsklerk 'n
spesiale pos is vir 'n man met BAIE ondervinding nie......"daar is by ons
mense wat voorheen skoolhoof was, hoekom kan hy nie 'n stadsklerk wees nie?"
En terwyl hulle besig is, staak hulle sommer ook oor die water waarvoor
in die minder gegoede woonbuurt maandeliks betaal moet word.......'n hele
R25 per maand. Die hele 2 slaapkamer huis kos hulle R200 per maand! Hoe
lyk dit daar in die buiteland met 'n 2 slaapkamer huis, met badkamer,
kombuis en sitkamer........als so 60 vk. m groot en op 'n erf van 300 vk. m
groot? Dit alles vir R12 500 of 'n maandelikse bedrag van R200 per maand
plus R25 vir dienste! As ek my somme reg het, is dit minder as $30 per
maand?
..........en hulle kla?

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Sneeu in Kamieskroon

Wo., 12 Junie 2002 05:14

Met vanoggend se weervoorspelling word sneeu in Kamieskroon voorspel.
Ek het ook een oggend daar, toe ek by die hotel se venster uitkyk na Kamie
se Kroon, gedog ek sien sneeu.
Toe was dit al die tyd 'n trop boerbokke:)))
Annette - wat al vir 'n week vakansie gehou het by Swartberg.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Parlementêre kontakte?

Wo., 12 Junie 2002 04:53

Iemand hier wat kontakte in die parlement het oor die wat verwag word wie
aan "longontsteking" gaan sterf in die nabye toekoms?
Ek wil 'n geldjie wed, en vra dat die opsomming van die weddenskappe
deurgestuur word na Onse Prez sodat hy nie nog 'n keer onverhoeds gevang
gaan word deur 'n skielike longontstekingdood nie

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Danielle en ...

Wo., 12 Junie 2002 01:12

Jammer vir die nuwe aanhef, maar daar was twee poste in reaksie op die
kulturele sielkunde stukkie (katryn?), en my rekenaar het my afgebons voor ek
kon reageer of die plasings deurlees. Ek weet dus nie wat die strekking van
die poste was nie, en kan nie reageer nie. Laat maar net weet alvorens julle
dink ek ignoreer die vrae.

leswin

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

sokker, rugby en klas

Di., 11 Junie 2002 22:41

Ek het dit altyd ietwat snaaks gevind dat sokker in engeland met die
werkersklas assosieer word, terwyl rugby met middel - en hoerklasse (miskien
wil ek nie vir die deelogies soek nie, en die pun bedoel) assosieer word (hoe
gaan die rympie nou weer: soccer- a gentlemans' game played by hooligans, en
rugby iets teenoorgesteld - ek vergeet die bewoording). Ewenwel - in
Suid-Afrika, of liewer in die gemeenskap waar ek grootgeword het (Paarl), was
dit net die teenoorgestelde - sokker was 'n middelklas, taamlik "snobistiese"
spel, terwyl rugby gespeel was deur rowwe manne wat carling gedrink het en
oppie geboue gewerk het. Nou 'n verdere spanner hier in die VSA - rugby word
gespeel aan top-universiteite soos Harvard, Yale en so meer. Dit het 'n
duidelike elitistiese aard hier. Wat is julle ervaring - enige
verduidelikings?

Sport & ontspanning | 15 kommentare

Die Nuwe Franse

Di., 11 Junie 2002 10:51

Ek neem aan daardie nuwe geneties ontwikkelde veerlose pienkrooi Haan gaan
nou hul embleem word na vandag se verloordery:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Senegal, Vrystaat?

Di., 11 Junie 2002 07:22

Ek dink dit sal nogal oulik wees as Senekal verander na Senegal - dan is
hulle Afrosentries, en hulle is sommer die bekendste dorp in die Vrystaat
ook:)
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nog 'n lekker lawwe een...

Di., 11 Junie 2002 07:03

...van Roekeloos: In watter fabriek word vroumense gemaak?
Fatties & Moanies!

Humor & grappe | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    734  735  736  737  738  739  740  741  742  743  744  745  746  747  748  749    »]
Tyd nou: Wo. Apr. 22 08:49:39 UTC 2026