Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wie weet ?

Do., 27 Junie 2002 09:43

Ek ry Dinsdag in die middelbaan. op die N1.
Voor my links en regs - in die stadige en vinnige bane onderskeidelik - ry 2
groot vragmotors.
Skielik uit die hemel is daar 'n stuk teer so groot soos my hand en 3cm dik
wat deur die voorruit kom en my op my nek tref.
Daar was ook 'n brug oor die pad waar daar blykbaar ( ek moet dit nog tyd en
datum bevestig) aan die pad/sypaadjie gewerk is.
Die polisie sê dit kon van die bande van die lorries gekom het.
Van waar ek gery het, en die pad wat die stuk teer gevlieg het, moes dit van
bo af deur die glas af na my nek beweeg het.
Dit moes ook eers skuins uit beweeg het om by my in die middelste baan uit
te kon kom.
Het enigiemand hier al so iets oorgekom - of kan iemand hier bevestig dat 'n
stuk teer wel so 'n pad kan vlieg?
Die versekering sal vir die mediese koste uitbetaal - ek wil net hê, dat as
dit agv die padwerke op die brug is, hulle voortaan die nodige
veiligheidsaksies in werking stel voordat hulle padwerk op brue doen.

Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

De nazaten van Nedererlanders ;-)) wie zijn dat ??

Do., 27 Junie 2002 08:48

De vroegste vindplaats van de seksuele betekenis van neuken
dateerde tot voor kort uit 1762. Een Nederlandse boer in
Zuid-Afrika schreef in dat jaar: ,,Ik wil neuken, wit of
swart, al wat mij voorkomt dat het lekkerste smaakt, wil ik
nemen.''

Grt emmy

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Annette

Do., 27 Junie 2002 06:49

Annette

is dit waar dat Ratanga Junction toe is, sal dit net 'n paar dae wees? Ons
wou met ons Duitse student, Stephanie daar 'n draai gaan maak.

My skoonsus in George sê die koue is daar. Hoe lyk Kaapstad-omgewing?

Dankie

Shannon

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Eerste Zuid Afrikaans Muziekfestival in Nederland!

Wo., 26 Junie 2002 17:01

Goeiedag almal!

Die eerste Suid-Afrikaanse musiekfees op die Europese vasteland vind plaas
op 26 en 27 Julie 2002, in Leusden, Nederland.

KWV 'n topwynmaker van SA, bring kaste vol wyn saam!

Die artieste is van die beste Afrikaanse artiesten wat SA te bied het.

Vrydagaand: 'n Heelike kaas en wyn, ingesluit.
Saterdagoggend/middag: Kabaret - in Nederlands! - deur Suid-Afrikaners!
Saterdagaand, Dozi, die warmste opkomende Afrikaanse artiest van nou. Sy
nuutste CD is drie maande gelede uitgebring, en het alreeds goue status in
Suid-Afrika!

As Suid-Afrikaners nooi ons julle graag uit om te kom hoor hoe Afrikaans*
klink.

Wil jy meer weet? Kliek dan op www.shosholoza.nl

Tot Eurokasie 2002!

Stigting ShosholoZA

* "Afrikaans" is een taal, bekend als "Zuid-Afrikaans" in het Nederlands.
Zoals u hierboven ziet, lijkt het héél veel op Nederlands!

Musiek & liriek | 4 kommentare

Demografie

Wo., 26 Junie 2002 16:48

Die Europese demografie staan vir 'n instorting... Ons het nie meer
genoeg jonge mense om die toekomstige ekonomie van onse kontinent
ooreind te hou nie.
Ek stel daarom voor om jonge Afrikaanstalige families (liefs met
kinders) uit Suid-Afrika te laat emigreer terug na die
Nederlandstalige lande in Europa toe (Nederland & Vlaanderen). Ek glo
hulle sal hier baie welkom wees en hulle aanpassing sal nie baie
probleme oplewer omdat hulle die taal al goed magtig is.

Die beste groete vanweë

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

Koste van Vryheid

Wo., 26 Junie 2002 12:57

Die subsidie wat Boys Town van die staat kry werk uit op R33 per kind per
dag.
Dit kos die staat aan gewone tronke - R95 per gevangene per dag.
Dit kos die staat aan super tronke - R 233 per gevangene per dag.
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Konfoesing Nuwe Plekname

Wo., 26 Junie 2002 12:41

Kry dit van 'n ander kol - dankie JB vir die genotvolle inligting:

Ek het getrek maar ek bly nog op dieselfde plek - maar hoe verduidelik ek
dit vir mense soos sekretaresses in ander provinsies?

Ek wil 'n boodskap laat vir 'n kollega in Mpumalanga. "Vra asseblief hy moet
my in Polokwane skakel", sê ek."Waar??" vra sy en sy klink narerig, asof sy
'n mufgroen pasteitjie uit die pakkie gehaal het. "Polokwane". "Waar is
dit?" "Tussen Mokopane en Makhado in Limpopo".

Ek kan hoor sy dink ek is of van lotjie getik of het êrens ontsnap. "Waar is
dit?" hou sy geduldig vol. Wel, beduie ek, jy ry van Tswane af, verby
Bela-Bela en Modimolle. Ry deur die tolhek en hou reguit verby Mokopane,
maar hou jou spoed dop want die spiedies maak geld uit jou uit as jy daar te
vinnig ry. Polokwane is net na Mokopane en net voor Makhado.

Ek verstaan nie mooi waarom ek die pad moet verduidelik as ek wil hê iemand
moet my bel nie. "Nee wag meneer" sê sy. "Waar is dié Makhado?" "Tussen
Polokwane en Musina" probeer ek hulpvaardig wees.

"En waar is dit?" vra sy nou duidelik erg verward."Musina is tussen Makhado
en Harare" help ek so goed as wat ek kan. "Bly jy in Zimbabwe?" vra sy asof
daar skielik 'n lig vir haar opgaan. "Nee", sê ek. "Ek beduie net vir jou
waar Polokwane is."

"In Zimbabwe?" vra sy hoopvol. "Nee, in Limpopo" help ek haar reg. Sy sug
moedeloos en sê: "Kom ons begin voor." Ek dink sy wonder of dit nie Leon
Schuster is wat haar met 'n slapriem probeer vang vir een of ander
advertensie nie. "Waar is Tswane?" "Dis maklik" sê ek. "Tussen Bela-Bela en
Egoli"."Nee meneer, ek bedoel die dorp". "Ek ok" sê ek.

Ek kan hoor sy
is nou by sepies terwyl ek nog by pad beduie is. "Egoli is anderkant Tswane
as jy van Bela-Bela se kant af kom" sê ek. "Meneer", vra sy, "is jy getrek?"
"Nee", sê ek. "Ek het nie getrek nie, hulle het net die naam verander". "Wat
bedoel jy hulle het jou naam verander?"."Nie my naam nie, die dorp se naam"
help ek haar reg. "Watter dorp se naam?"

"Pietersburg". "Bly jy in Pietersburg?" vra sy en ek kan hoor daar gaan nou
'n helder lig vir haar op. "Nee", sê ek "ek bly in Polokwane maar dit was
voorheen Pietersburg." "Wragtig?" sê-vra sy. "Wragtig" sê-bevestig ek. "So,
jy skakel van Pietersburg af wat nou Polokwane is?". "Einste", sê ek.

"Nou watter ander name het jy dan genoem?" vra sy en ek kan aanvoel dié vrou
het 'n erge behoefte om iets oor die toekomsgeskiedenis van die land
te wete te kom. Toe verduidelik ek: "Egoli was eers Johannesburg. Tshwane is
Pretoria. As jy dan Noord ry kom jy by Bela-Bela wat eers Warmbad was,
daarna by Modimolle wat Nylstroom was en Potgietersrus wat nou Mokopane is.
Na Mokopane kry jy Polokwane wat Pietersburg was en daarna Louis Trichardt
wat Makhado geword het. Verby Makhado kry jy Musina wat eers Messina was."
"En Messina is by die Limpopo!" jubel sy. "Ja" sê ek, "maar die Limpopo
waarvan ek praat is die provinsie". "Nou wat noem julle die rivier?" vra sy.

"Limpopo" sê ek. "Meneer?" vra sy, "stook jy mampoer?"

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Vakansietyd

Di., 25 Junie 2002 21:43

Uiteindelik is die exam verby en kan ek plaas toe gaan. Praat weer oor drie
weke.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Rokery

Di., 25 Junie 2002 06:43

Die Verenigde Nasies se Internasionale Agentskap vir Kankernavorsing het 'n
groep van 29 kundiges saamgestel om die effek van rook op die gesondheid van
manse vas te stel.
Dit was die eerste omvattende studie sedert 1986, en 3000 verskillende
gevallestudies is ondersoek, waarby miljoene rokers betrokke was.
Daar is die volgende bevind:
1) Ivm met kankers, is slegs longkanker verbind met sekondêre rook.
Maar dit is hoog - verhoging van risiko tot 20% is daarby betrokke.
Daar is 4000 stowwe in sigaretrook wat in nie-rokers se liggaamsvloeistowwe
en urine opgespoor kan word.
2) Rook word ook definitief verbind met maag-, nier-, lewer-, baarmoeder en
myeloid bloedkanker.
3) Die volledige verslag sal later in die jaar voorgelê word, maar dele
daarvan is te lees by www.iarc.fr
4) Naastenby 1.2 biljoen mense rook wêreldwyd. Volgens die navorsing sal die
helfte van hierdie rokers voortydig sterf aan rookverwante siektes ,
insluitende kanker, hartsiektes en emfiseem.
Die helfte van hierdie sterftes sal in die middeljare wees, met 'n
gemiddelde verlies in lewensverwagting van 20 - 25 jaar.
5) Rook het geen invloed op prostraat-, bors- en endometriese kankers nie.
6) Die studie het bevind dat die vorming van gewasse op die blaas en niere
agv van rook die risiko van rokers tot 6 keer meer as normaal is - voorheen
is vermoed dat die risiko slegs 4 keer meer as normaal is.

Annette

Koeitjies & kalfies | 41 kommentare

Duitswes/Suidwes/Namibië

So., 23 Junie 2002 05:54

Pas terug uit Windhoek. Ek het baie lanklaas soveel Afrikaans gehoor soos
daar - almal, almal, praat Afrikaans.

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Bladsye (1834): [ «    727  728  729  730  731  732  733  734  735  736  737  738  739  740  741  742    »]
Tyd nou: Di. Apr. 21 17:52:04 UTC 2026