Vanmiddag - nadat ek gelees het 'n Noord Sotho joernalis verklaar dat hy
slegs 'n man is omdat hy die inisiasie ( bosbesnydenis) deurgemaak het,
wonder ek net of dit nie een van die redes is hoekom die huidige regering
enige ander ras man met 'n mate van disrespek en minagting behandel nie.
Annette
So van 6 Julie af trek die Pieterse-clan vir 'n paar dae af Kaapstad toe -
begelei hulle geliefde eggenoot en vader vir 'n simposium in Bellville.
Synde arm en suinig, is daar iets soos 'n billike chalet of woonstel te huur
naby Bellville rond wat vyf mense kan huisves? Kan iemand my na 'n
toepaslike webblad verwys?
Koot
(besig om die ng vir sy eie selfsugtige behoeftes te misbruik...)
Peter - is dit dan die rede waarom die Kapenaars dat hulle in so 'n
wonderlike stad bly?
"Peter H.M. Brooks" skryf in boodskap news:afe5na$e34$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
> "BNP" wrote in message
> news:afd8gh$8k2$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>>
>> South Africans consume up to 80% of the world's Mandrax. This is according
>> to a report by the United Nations Office for Drug Control and Crime
>> Prevention (ODCCP).
>>
> It's funny that, isn't it. Most of the world isn't interested in Mandrax,
> but India has a whole industry making the stuff just to supply the Cape Town
> market - it is mainly Cape Town, I think.
>
> I wonder what people see in 'White Pipes'. There must be some appeal to them
> that exceeds that of being hit over the head with a blunt instrument.
>
> Does anybody know what the appeal is and why this is a unique indulgence
> here?
>
>
> --
> The square and square square curves osculate at nothing, just like the
> French.
>
Ek ry Dinsdag in die middelbaan. op die N1.
Voor my links en regs - in die stadige en vinnige bane onderskeidelik - ry 2
groot vragmotors.
Skielik uit die hemel is daar 'n stuk teer so groot soos my hand en 3cm dik
wat deur die voorruit kom en my op my nek tref.
Daar was ook 'n brug oor die pad waar daar blykbaar ( ek moet dit nog tyd en
datum bevestig) aan die pad/sypaadjie gewerk is.
Die polisie sê dit kon van die bande van die lorries gekom het.
Van waar ek gery het, en die pad wat die stuk teer gevlieg het, moes dit van
bo af deur die glas af na my nek beweeg het.
Dit moes ook eers skuins uit beweeg het om by my in die middelste baan uit
te kon kom.
Het enigiemand hier al so iets oorgekom - of kan iemand hier bevestig dat 'n
stuk teer wel so 'n pad kan vlieg?
Die versekering sal vir die mediese koste uitbetaal - ek wil net hê, dat as
dit agv die padwerke op die brug is, hulle voortaan die nodige
veiligheidsaksies in werking stel voordat hulle padwerk op brue doen.
De vroegste vindplaats van de seksuele betekenis van neuken
dateerde tot voor kort uit 1762. Een Nederlandse boer in
Zuid-Afrika schreef in dat jaar: ,,Ik wil neuken, wit of
swart, al wat mij voorkomt dat het lekkerste smaakt, wil ik
nemen.''
Die eerste Suid-Afrikaanse musiekfees op die Europese vasteland vind plaas
op 26 en 27 Julie 2002, in Leusden, Nederland.
KWV 'n topwynmaker van SA, bring kaste vol wyn saam!
Die artieste is van die beste Afrikaanse artiesten wat SA te bied het.
Vrydagaand: 'n Heelike kaas en wyn, ingesluit.
Saterdagoggend/middag: Kabaret - in Nederlands! - deur Suid-Afrikaners!
Saterdagaand, Dozi, die warmste opkomende Afrikaanse artiest van nou. Sy
nuutste CD is drie maande gelede uitgebring, en het alreeds goue status in
Suid-Afrika!
As Suid-Afrikaners nooi ons julle graag uit om te kom hoor hoe Afrikaans*
klink.
Wil jy meer weet? Kliek dan op www.shosholoza.nl
Tot Eurokasie 2002!
Stigting ShosholoZA
* "Afrikaans" is een taal, bekend als "Zuid-Afrikaans" in het Nederlands.
Zoals u hierboven ziet, lijkt het héél veel op Nederlands!
Die Europese demografie staan vir 'n instorting... Ons het nie meer
genoeg jonge mense om die toekomstige ekonomie van onse kontinent
ooreind te hou nie.
Ek stel daarom voor om jonge Afrikaanstalige families (liefs met
kinders) uit Suid-Afrika te laat emigreer terug na die
Nederlandstalige lande in Europa toe (Nederland & Vlaanderen). Ek glo
hulle sal hier baie welkom wees en hulle aanpassing sal nie baie
probleme oplewer omdat hulle die taal al goed magtig is.
Die subsidie wat Boys Town van die staat kry werk uit op R33 per kind per
dag.
Dit kos die staat aan gewone tronke - R95 per gevangene per dag.
Dit kos die staat aan super tronke - R 233 per gevangene per dag.
Annette
Kry dit van 'n ander kol - dankie JB vir die genotvolle inligting:
Ek het getrek maar ek bly nog op dieselfde plek - maar hoe verduidelik ek
dit vir mense soos sekretaresses in ander provinsies?
Ek wil 'n boodskap laat vir 'n kollega in Mpumalanga. "Vra asseblief hy moet
my in Polokwane skakel", sê ek."Waar??" vra sy en sy klink narerig, asof sy
'n mufgroen pasteitjie uit die pakkie gehaal het. "Polokwane". "Waar is
dit?" "Tussen Mokopane en Makhado in Limpopo".
Ek kan hoor sy dink ek is of van lotjie getik of het êrens ontsnap. "Waar is
dit?" hou sy geduldig vol. Wel, beduie ek, jy ry van Tswane af, verby
Bela-Bela en Modimolle. Ry deur die tolhek en hou reguit verby Mokopane,
maar hou jou spoed dop want die spiedies maak geld uit jou uit as jy daar te
vinnig ry. Polokwane is net na Mokopane en net voor Makhado.
Ek verstaan nie mooi waarom ek die pad moet verduidelik as ek wil hê iemand
moet my bel nie. "Nee wag meneer" sê sy. "Waar is dié Makhado?" "Tussen
Polokwane en Musina" probeer ek hulpvaardig wees.
"En waar is dit?" vra sy nou duidelik erg verward."Musina is tussen Makhado
en Harare" help ek so goed as wat ek kan. "Bly jy in Zimbabwe?" vra sy asof
daar skielik 'n lig vir haar opgaan. "Nee", sê ek. "Ek beduie net vir jou
waar Polokwane is."
"In Zimbabwe?" vra sy hoopvol. "Nee, in Limpopo" help ek haar reg. Sy sug
moedeloos en sê: "Kom ons begin voor." Ek dink sy wonder of dit nie Leon
Schuster is wat haar met 'n slapriem probeer vang vir een of ander
advertensie nie. "Waar is Tswane?" "Dis maklik" sê ek. "Tussen Bela-Bela en
Egoli"."Nee meneer, ek bedoel die dorp". "Ek ok" sê ek.
Ek kan hoor sy
is nou by sepies terwyl ek nog by pad beduie is. "Egoli is anderkant Tswane
as jy van Bela-Bela se kant af kom" sê ek. "Meneer", vra sy, "is jy getrek?"
"Nee", sê ek. "Ek het nie getrek nie, hulle het net die naam verander". "Wat
bedoel jy hulle het jou naam verander?"."Nie my naam nie, die dorp se naam"
help ek haar reg. "Watter dorp se naam?"
"Pietersburg". "Bly jy in Pietersburg?" vra sy en ek kan hoor daar gaan nou
'n helder lig vir haar op. "Nee", sê ek "ek bly in Polokwane maar dit was
voorheen Pietersburg." "Wragtig?" sê-vra sy. "Wragtig" sê-bevestig ek. "So,
jy skakel van Pietersburg af wat nou Polokwane is?". "Einste", sê ek.
"Nou watter ander name het jy dan genoem?" vra sy en ek kan aanvoel dié vrou
het 'n erge behoefte om iets oor die toekomsgeskiedenis van die land
te wete te kom. Toe verduidelik ek: "Egoli was eers Johannesburg. Tshwane is
Pretoria. As jy dan Noord ry kom jy by Bela-Bela wat eers Warmbad was,
daarna by Modimolle wat Nylstroom was en Potgietersrus wat nou Mokopane is.
Na Mokopane kry jy Polokwane wat Pietersburg was en daarna Louis Trichardt
wat Makhado geword het. Verby Makhado kry jy Musina wat eers Messina was."
"En Messina is by die Limpopo!" jubel sy. "Ja" sê ek, "maar die Limpopo
waarvan ek praat is die provinsie". "Nou wat noem julle die rivier?" vra sy.
"Limpopo" sê ek. "Meneer?" vra sy, "stook jy mampoer?"
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind