Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Bergrivier

Wo., 03 Julie 2002 05:35

Die Bergrivier begin vandag.
Die roeiers sal seker bietjie versigtig wees - die rivier is vol.
Oor die naweek 'n tragedie op die Bergrivier naby Franschhoek - twee kinders
het met hul ma gaan roei - albei kinders het verdrink.
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Helga

Wo., 03 Julie 2002 04:37

Maandagmiddag is ons by KanaalStap vir besigheid en ietsie te ete.
Op die verhoog ter vermaak van die kinders is 'n man met 'n bosbaadjie,
steweltjies en 'n leerhoed wat al vuil gevat is.
Hy het toe 'n paar diere daar by hom om sy kennis met ons te deel.
Eerstens was daar 'n muishond wat so skaam was dat sy om de dood nie wou
omdraai dat ons haar kon sien nie.
Mooi stert elkgeval.
Toe was daar 'n wit albino lui luislang wat net wou slaap en nie eers vir
ons 'n tongetjie wou wys nie.
Daarna was dit Helga die valk se beurt.
Bosman en helper moes haar behoorlik uit haar kou skud - sy wou nie uitkom
nie - maar terwyl hy ewe gemaklk sy dik handskoen aantrek om haar na die
dwarsbalk op die stok te neem, en vir ons vertel hy is imprinted op haar, sy
dink sy is 'n mens, en dat sy nooit it die vryheid van die veld en ruimte
losgelaat kan word nie, toe vlieg Helga heel uit haar onmenslike aard op en
gaan sit op 'n kol waar geen mens by haar kan uitkom nie.
Bosman het van onder op die verhoog sy bes probeer om haar met stukkies
vleis en selfs 'n vals muis wat hy wreed aan 'n tou rondgeswaai het te lok -
maar Helga het daar bo op haar veilige plek gesit en stilletjies vir hom
gelag.
Die vertoning was toe sommer oor, en alhoewel ons nog 10 minute daarna
rondgestaan het om te kyk wat gaan gebeur, het Helga heel duidelik haar
vryheid daar bo geniet, en Bosman het onder rondgestaan en vir haar gewaai
sonder veel sukses.
Ek sal nogal graag weer oor middagete hierdie week weer daar wil wees om te
sien of Helga - wat vir die grootste vermaak gesorg het - nog steeds deel
van die vertoning is.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

valve-ease

Di., 02 Julie 2002 14:05

wie onthou nog die dae van valve-ease en al die spares wat jy by
fleishmanns gekoop het. daar is seker nie `n arm ou wat nie so elke
ses maande by fleishmanns `n draai gegooi het om spares te koop om sy
kar te service nie. dis nou voor die dae van computers en sulke
goeters. al wat jy nodig gehad het was punte, plugs, condenser, olie
filter, petrol filter, air filter en vyf liter olie. en dan so elke
nou en dan, so asof jy jou tjorretjie bietjie wil treat, het jy sommer
`n botteltjie Valve-ease ook gekry. dit was nou veronderstel om die
carbon van die valves af te haal. as jy dit ingegooi het, het jy net
een bol rook gesien as jy die kar start.

die ouens met die drie liters het sommer die carbon af gebrand. jy
weet mos, as jy hom so bietjie in die rooi druk om keel skoon te maak.
maar as jy `n ou 1200 datsuntjie gery het moes jy maar op valve-ease
staat maak. maar dis maar soos alles in die lewe, fleishmanns het plek
gemaak vir midas, drive-in vir dstv en datsun vir nissan. die petrol
en olie het nou so baie additives in dat jy nie meer al hierdie ander
goed nodig het nie. ek wonder of die ouens wat by die spoorweg werk
nog steeds hulle eie karre service met spares van midas en die gat in
die exhaust met gungum toe smeer?


Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

bikers

Di., 02 Julie 2002 13:59

ek wonder, is daar enige bikers wat op die ng post?
Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Was bietjie weg

Ma., 01 Julie 2002 20:39

Was so bietjie weg.

Sien julle is nog net soos die ou omie wat in die dominee se studeerkamer
aandagtig na die Laaste Avondmaal staan en kyk.

Dominee is besig om die nuutste ringsittng se reëlings te tref. Sit hy die
foon neer.

"Gaats dominees! Dominees weet, van die ou lot issit nog net generaal Beyers
wat ek kan herken"

Ek en Hanlie had so 'n bietjtie die warme water by Motagu gaan "vat". Vir
'n hele 4 dae. Tog te heerlik. Die wolkies kom so oor die berg aangerol,
en dan sak jy net tot by jou kennebak weg in die warm water. Netnou dan
raak die warm te erg, en dan lig jy maar net so bietjie op.

Lekker rondgery ook. My Pa het altyd van "gatskuur" gepraat as iemand
sommer net so ry om te kan ry.
Van Montagu af oor die Oubergpas (grondpad) na Touwsrivier gery. 'n Ander
wêreld gesien. Mooi kleinkaroo veld gesien en geruik.. Stilgehou en daai
kruie ruik van die wye wêreld ingeasem tot jy later lighoofdig was. Hier
langs die pad loop 'n merino ooi met haar drieling lammers. Stertjies wip so
wit teen die lig en blêr-blêr die drie-saam al agter ma-goed aan. En om die
draai is sommer nog baie van hulle. Ons hou stil, en ek en Hanlie herinner
ons aan ons kinderdae met pa's wat lammertroppe met valkoë dopgehou het.
Elke ooi se gesig geken het, en sommer fyn kon oplet watter ooi haar lam
weggegooi het. Pa's wat met sulke armsvol lammers by die agterdeur aankom
op 'n koue wintersoggend, en dan staan ons 'ma' vir die klein spul. In 'n
boks kom die swakkes. Voor die Aga, en sommer gou-gou is Ma se heiligdom pa
se skaapkraal soos die koortjie blêr agter honger pensies. Ma't dit sien
kom, en is al besig om melk warm te maak. Koeldrankbottels en tiete word
uitgetoor en skoongemaak vir "haar" troppie! Later is dit ons "joppie" om
die boks skoon te maak, "ander stink my kombuis na kraal"

Verder gery van ons herinneringe af en net om die volgende draai agter 'n
sommer so gewone koppie lê die vlakte wyd en sien jy die toekoms veertien
verder aankom. Dan sien jy dis 90 kilometer na Montagu en wieweet hoe ver
nog na Touwsrivier?
So krul die pad om koppies, en reguit skiet-soos-met-geweer tot daar oor die
leegte. Eindelik sien ons Touwrivier. Maar die stasie waar daar eens
treine was, is leeg ne verval. Die huise langs die spoor vervalle en
gekraak. Mens sien sommer dwarsdeur een tot agter in die agterplaas waar
gras kieliebak hoog verdroog staan. En jy wonder hoekom dit so moet wees.
En jy wonder oor die mese wat hir gewoon het. Waar's hulle nou? Hoeveel is
hier nie gelag of gehuil nie. En wat sou daai ou peperboom kon vertel as hy
maar kon praat?
Dan draai ons regs en moet om 'n ander ou se bakkie ry, want hy's besig om
sy sake sommer so in die middel van die pad uit te praat... Links en regs en
skeilik isdie grootpad daar. en jy draai links af Kaap se kant toe. Die
treine van Touwsrivier se fluite is nie meer. Net die leë spore. En jy
onwillekeurig dink aan Lochner de Kock en Richard van der Westhuizen se
liedjie: "Tussen treine"

By Matroosbergstasie draai ons weer links af. Oor die kop en rant, en af
deur die Koo tot in die Keisie. Hel maar dis steil afdraende daar. Tussen
daai gevormde rotsformasies van die berge weerskante lê die vallei met sy
wingerde en boorde, en net agter die kop is dit net karoo en
renosterbossies. En jy weet: Hier had die Skepper ook sy hand van goedheid
kom uitgiet, maar in Sy bepaalde maat en perk. So mooi die middagson se
skyn teen die vrugteboom en wingerdtok wat al amper al hul blare verloor
het.

'n Lorrie kom van vooraf aan. Kreunend reeds. Swaar gelaai, en hy moet nog
die koppe agter ons uit. Drywers wat hul ry moet ken, want vir omdraai is
die plek maar effensrig.

Teen die bergkop oorkant jou 'n paadjie teen die rant uitgekrap oor rots en
klip en amperse riviertjies om bo te kom. en daar 'n boerdery te kan hê.

Verseker is dit mense wat net sout van die aarde kan wees wat daar 'n lewe
maak. En vra jy hom dan sal hy dit vir niks verruil. "My Pa't hier geboer,
sy Pa en Oupa voor hom, en Oorgrootjie het die plek van sy Pa ge-erf. Waar
gaan ek dan heen. Dis mos waar ek hoort."

Later die aand oordink Hanlie en ek die dag se gesigte en lê lui-lui
teenmekaar, en laat die warme waters van geneesing ons siele streel en laaf
en al die kwellings van die dag dryf weg, stroomaf. Weg. Hoekom moet mens
dit dan tog weer gan probeer terughaal? Nee wat! ons los hul daar, en
vergeet van hulle. Môre het weer genoeg van sy eie.

Opgepak en teruggekom, en toe kla sy van 'n pyn en naar: Kortom: Hospitaal
toe was haar voorland, en onder die mes moes sy deur. Eierstokke was
onsteek of watookal Anette (kaapse een) sal weet. Sy's mos die 'nurse' hier?
In elk geval sy's weer tuis. En sterk mooi aan. Praat al reeds van ons
volgende pad om die koppie oor die rant, oor die vlakte deur die leegte,
verby daai mooiste verste blouste berg.

Thys (byrrie huis, waa da anners?)

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

RADIO KIERIEMAN

So., 30 Junie 2002 19:35

Haai,
RADIO kIERIEMAN http://www.kierieman.za.net.
Vreeslike Ougat Webwerf met lekker lewendige Boeremusiek - gaan maak
rêrig daar 'n draai.
Dankie,
Didero

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

knock knock

So., 30 Junie 2002 19:01

knock ... knock

Sport & ontspanning | 9 kommentare

Rubbish: 20 Percent of South Africans Infected with AIDS

Sa., 29 Junie 2002 21:31

Hoekom pos jy konstant hier in Engels? En dan nog nonsens ook?

Die jongste raming (31 Des 2001) vir die aantal mense wat MIV+ is,
is 4,74 miljoen. Die raming op 31 Des 2000 was 4.70 miljoen.

Dit is egter maar ongeveer 11% van die bevolking, dus ongeveer
1 uit 9. Dit lyk of die aantalle stabiliseer, hopelik kom ons nooit
by 20% uit nie

Wouter

"swm2002" skryf in boodskap news:3d1d91fe.5658038@news.accessv.com...
20 percent of the population is infected is South Africa, which has
4.2 million people who are HIV positive�the largest single national
total. The southern African nation of Botswana has the worst rate,
with more than one in three adults infected.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

is ek weg of wat?

Sa., 29 Junie 2002 15:31

is ek weg of wat?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: is ek weg of wat?

Sa., 29 Junie 2002 15:15

Waarvan praaat jy Patrick?
As jy nie seker is of jy daar is nie, sê net hardop hallo en hoor of jy
antwoord;))
Annette

"L&P" skryf in boodskap news:ant291536b49M3Mb@camerama.demon.nl...
> is ek weg of wat?
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    724  725  726  727  728  729  730  731  732  733  734  735  736  737  738  739    »]
Tyd nou: Wo. Des. 24 22:27:25 UTC 2025