Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

'Moordenaars, verkragters apartheid se skuld'

Do., 05 Mei 2011 07:25

Ah shame Vavi, hoe langer julle aan bewind is hoe meer gaan dinge
agteruit.
Word wakker en neem verantwoordelikheid
=================================

'Moordenaars, verkragters apartheid se skuld'
2011-05-04 15:09

Johannesburg Zwelinzima Vavi, Cosatu-hoofsekretaris, het Woensdag
gesê kolonialisme, apartheid en internasionale mynhuise is
verantwoordelik vir reeksmoordenaars.

Vavi het 'n toespraak gelewer by die onthulling van 'n gedenksteen vir
die slagoffers van die suikerriet-reeksmoordenaar, Thozamile Taki, in
KwaZulu-Natal.

Taki het 13 vroue vermoor en hul lyke in suikerrietplantasies gegooi.

Suid-Afrika se geskiedenis het vatbare toestande vir 'n groot aantal
reeksverkragters en -moordenaars geskep, het Vavi gesê.

Hy het gesê die probleem is gewortel in die land se koloniale en
apartheidgeskiedenis weens die wrede en immorele stelsel wat
gewetenloos deur geweld toegepas is.

Nuus | 0 kommentare

UITSAAI PROJEK, AFRIKAANSE MUSIEK SKRYWER EN SANGER

Wo., 14 Januarie 2009 05:05

Dag Mense,

Ek is Chris van UITSAAI PROJEK, en ek is 'n Afrikaanse Musikant.

En nee, ek is nie MAAR NET NOG 'N AFRIKAANSE SANGER NIE! Ek Skryf,
Sing, speel my eie instrumente en doen ook my eie opnames. Vir "live shows",
probeer ek darem om musikante op die verhoog te kry, aangesien ek SOLO
is.

Maar dit gaan nie net daaroor nie, ek wil graag vir mense wys wat SOLO Afrikaanse
kunstenaars kan bereik met hulle EIE musiek, so julle ondersteuning is van uiterste belang,
en ek bedank almal wat in my glo en my ondersteun.

Hou gerus my SPOEGBLAD dop vir nuwe verwikkelinge, ek is in die proses om
fotos, biografie, lirieke ens op datum te bring.

Luister gerus na SAMPLES van my musiek. Julle kan dit ook DIREK koop
(AANLYN), aangesien dit goedkoper is om dit so te versprei. Ek wil graag my
CDS op die rakke kry, maar daar is baie min mense met baie min tyd...as julle
weet wat ek bedoel.

Ek wil dan ook net graag vir al daardie mense wat my "posts" blok
op hulle "community sites" sê:

Baie Dankie, julle maak my sterker hoor! En dan is dit nogal mense
uit jou eie "tuis-dorp", maar nou ja, laat ek nou nie te veel
moeilikheid maak nie...


Luister na Samples en koop by:

http://www.rhythmrecords.co.za/music/1268/Uitsaai-Projek/Gre nsloos


Join my ook op FACEBOOK onder GROUPS/UITSAAIPROJEK, of doen net 'n
SEARCH op FACEBOOK...

Dankie julle, aanhouers wen, en ek is 'n goeie bewys,

Groetnis tot Later
UITSAAI PROJEK

Musiek & liriek | 0 kommentare

Winter Vakansie.....2011 Carmen's Bushcamp Safaris.

Di., 19 April 2011 06:38

Weet nie wat om met jou Kleingoed en Tieners te maak hierdie Winter
vakansie?? Stuur hulle bosveld toe.. Ons wys en leer hulle meer van
die Natuur. Alles ingesluit. Besoek ons webtuiste vir meer
besonderhede. Spesiale prys van R850.00 per persoon per dag as julle
meer as 14 in 'n groep is.
Slegs geldig vir hierdie winter vakansie.. Webtuiste:
www.carmenmichellesonnenberg.webs.com

Reis & vakansie | 0 kommentare

Kom ons tjat!!

Sa., 16 Augustus 2008 15:08

Kom ons tjat lekker!!!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hoe bemark SAners hulleself aan die buitelanders ?

Di., 11 Desember 2012 04:36

Bemark Suid Afrikaners hulself as Suid Afrikaners of skram ons weg van
hierdie "label" en indien so, hoekom doen ons dit ?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Navorsingsveld

Do., 08 Maart 2012 14:02

Ek is gebore op Oudtshoorn en woon in die Paarl. Ek doen navorsing oor die
CLAASSEN, POZYN, WATERSON, SWIEGELAAR en BENCE-families van die Klein
Karoo.

Hoe kan ons mekaar help?

Groete
Johann

Genealogie & famieliesake | 0 kommentare

Klets

So., 08 Julie 2007 08:18

Ek leer nog om op die net te werk en ek probeer nou al lank om in n
goeie afrikaanse klets betrokke te raak. Ek was al op Yahoo answars en
ook Noot vir Noot gesels maar die mense wil nie eintlik gesels nie. Ek
wil nie oor sekere onderwerpe en dinge gesels nie maar net in die
algemeen . Stuur komentaar en begin gesels..

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vandag in geskiedenis: VAN RIEBEECKDAG (Stigtingsdag / Volksplantingsdag)

Wo., 06 April 2011 07:43

Kmdr. Jan van Riebeeck en sy geselskap van 90 gooi op 6 April 1652
anker in wat vandag bekend staan as Tafelbaai in Kaapstad (Wes-Kaap).

Die Van Riebeeckgelofte word op 6 April 1654, twee jaar na hul aankoms
aan die Kaap, deur goew. Jan van Riebeeck namens die eerste koloniste
afgelê: "......sodat daarby die weldade van die Here wat aan ons bewys
is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot
eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word". Dit is, saam
met die geloftes by Paardekraal en Bloedrivier, een van die
Afrikanervolk se enigste drie geloftes aan God.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Boere verlaat SA in hordes

Ma., 04 April 2011 11:50

Johannesburg – Kommersiële boere verlaat Suid-Afrika in hul hordes,
het The Times Maandag berig.

Boere verlaat die land weens ondraaglike werkstoestande vir buurstate
soos Malawi en die Demokratiese Republiek van die Kongo.

In 1994 was daar 120 000 kommersiële boere in Suid-Afrika en net 37
000 het oorgebly. Dit het daartoe aanleiding gegee dat Suid-Afrika
sommige van die kos wat hy in die verlede self vervaardig het, nou
moet invoer, het dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA, gesê.

Die land het nou begin grane soos koring invoer. Die land sal nou ook
dalk vleis en vee, wat al hoe minder in die land vervaardig word, moet
invoer.

Boere het ondermeer die nuwe wette, duur water, elektrisiteit en ander
benodighede, aangewys as redes hoekom boerdery in Suid-Afrika al hoe
meer onvolhoubaar word.

Mthobeli Mxotwa, woordvoerder van Gugile Nkwinti, minister van
landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gesê die konsepwet op
verblyfreg is daarop gemik om "wreedheid teenoor plaaswerkers te
stop".

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Boere-verlaat-S A-in-hordes-20110404

Nuus | 0 kommentare

Snelweg-ligte af want Gauteng betaal nie

Do., 31 Maart 2011 12:18

Snelweg-ligte af want Gauteng betaal nie
2011-03-31 12:27

Ligte op die M1-snelweg tussen Johannesburg en Midrand brand al vir
agt maande nie - omdat die Gautengse regering nie hul Eskom-rekening
betaal het nie, volgens die DA.

Die party het gesê die ligte was tydelik vir die sokker-wêreldbeker
aangeskakel, maar is sedertdien weer af.

Mnr. Marcelle Ravid, ’n raadslid van die DA, het gesê hy het by
verskeie geleenthede daaroor by die Johannesburgse stadsraad gekla,
maar is deur ’n amptenaar by die raad se bestuur vir Streek E
meegedeel die provinsiale regering moet die skuld kry.

Die DA se vervoer-woordvoerder vir die DA in Gauteng, mnr. Neil
Campbell, het gesê: “Dis heeltemal onaanvaarbaar dat ’n
regeringsafdeling nie sy rekening betaal nie, veral wanneer dit die
publiek se lewens in die gevaar stel.”

Die Gautengse regering was volgens Sapa nie beskikbaar vir kommentaar
nie. - Sapa

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Snelweg-ligte-af-want- Gauteng-betaal-nie-20110331

Nuus | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    65  66  67  68  69  70  71  72  73  74  75  76  77  78  79  80    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 27 22:14:09 UTC 2026