Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Idioom: "Yebo"

Vr., 16 Augustus 2002 10:37

Please help. When someone (a South African) answers your e-mail and
starts with "Yebo", what does that word mean?

Thanks so much!

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 2 kommentare

Suzman in Rooi Rose

Vr., 16 Augustus 2002 02:04

In die Rooi Rose van April 2002 is daar 'n onderhoud met Helen Suzman.
Ek haal aan (en ek hoop en glo dat dit 'fair use' is):


Sy was in die parlement die dag toe Verwoerd vermoor is. "Ek onthou PW
Botha het op my afgestorm en my beskuldig dat ek dit gere"el het." Sy lag.
"Hy moes daarna voor almal vir my om verskoning vra. Die speaker, Henning
Klopper, met wie ek goed oor die weg gekom het, het die ge"eis."

Maar oor die algemeen is sy met groot respek behandel, onthou sy tevrede.
"Ek en Voster het heeltemal verskil, maar hy het altyd geluister en vir my
koffie aangebied. Die Nasionale Party het my ook altyd tyd gegun om te
praat. Ek is toegelaat om politieke gevangenis te gaan besoek en hulle het
altyd ingestem wanneer ek 'n vergadering wou bel^e. Ek dink Tony Leon het
dit deesdae moeiliker."


Net dat Rooi Rose nie vir my kwaad is nie - dit is 'n baie interresante
uitgawe, en dit bevat onder ander ook artikels / onderhoude met Anneline
Kriel, Patricia de Lille en Antjie Krog. Ek kan dit aanbeveel.

Ek plaas hierdie stuk sonder kommentaar, net omdat dit vir my interessant
was. (Goed, die hele artikel was interresant, maar ek gaan nie die hele
ding intik nie!)

Maak die spelfout in my epos adres reg vir my regte adres.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Engels

Do., 15 Augustus 2002 22:33

Hoe gaan dit...and that's where it ends.

I'm trying to learn Afrikaans before I travel to SA in December.

What do I really NEED to know?

Any ideas?

Damian

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

JAAP of JAAPIE

Do., 15 Augustus 2002 20:26

Hi,

Kan iemand vertel my wat die beteken is vir die word Jaap of Jaapie is?

Waar ek woon noem hulle al ons Suid Afrikaaners Jaapies.

Ek is nou al hier oor die fyf jaar. Ek is 'n Englespreekende Suid Afrikaaner
dis hoekom my taal en spel hier nie soo goed is nie - jammer.

Al die jaare wat ek in Suid Afrika gewoon het het ek nooit gewonder wat to
beteekening was van die word.

Ek het getdink miskien dit is 'n boer wat soos 'n bobbejaan lyk of soo iets?

Cheers,

Dingus.

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Breinoefeninge

Do., 15 Augustus 2002 07:56

Einde September kom daar 'n boek uit oor breinoefeninge - uitgewer Human &
Rossouw.
Daar is glo oefeninge in om beter te kan onthou - ek dink ek gaan vir die
aantie hierdie jaar 'n krismisboks stuur:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: UNITED STAES THE BEST COUNTRIE IN THE WORLD

Do., 15 Augustus 2002 06:07

Jaaa boet, wees maar prod oor julle prouductive countrie.
Die saak is reg, die kind se naam is Wit Willem

"ELKFIVE" skryf in boodskap news:20020814192904.19543.00000293@mb-mf.aol.com...
U.S.A IS the best country in the world .it is a prouductive country in the
world U.S.A has the lowest crime in the world .CONGRATULATION WELCOME TO
THE UNITED STATES OF AMERICA .

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Afrikaanse bargoens

Wo., 14 Augustus 2002 15:08

LeuceV:
Ek plaas dit op aandrang van Annette.

==

URL=
http://www.naspers.co.za/cgi/nph-bwcgis/RAPPORT/rapport/alg/ storie/DDW
?W%3DTEKS%20PH%20WORDS%20%27vloermoer%27%26M%3D3%26K%3D35702 %26R%3 DY%26U%3D1#BWHR1

Jip-jip vir wilde afrikaanse woordeskat
deur Johanna van Eeden
Pretoria

DIE duisterfluisteraars wat Afrikaans se dood voorspel, is van hul
breinselle beroof. Dit is die gevolgtrekking waartoe 'n mens kom ná 'n
gesprek met mev. Joey Basson, die baasbrein agter die Hoërskool
Richardsbaai se Wilde Woordeboek. Basson, vakhoof van Afrikaans by dié
skool, het in 1993 met 'n projek begin om kinders aan te moedig om
nuwe woorde in Afrikaans te
skep. Dié nuutskeppings is in 1997 in 'n Wilde Woordeboek opgeneem.
Die projek het sedertdien gegroei tot 'n landwye wedstryd waarin oud
en jonk nuwe asem in die taal blaas. ``Ons het vanjaar 587
nuutskeppings aangeteken en ons is besig om te werk aan 'n nuwe Wilde
Woordeboek. Volgende jaar wil ons twee nuwe afdelings vir die wedstryd
skep waarin deelnemers idiome en intensiewe vorme moet uitdink. ``Baie
van die huidige idiome, soos agteros kom ook in die kraal, het geen
betekenis vir vandag se jongmense nie. En wat beteken spierwit en
potblou? ``Die uitdaging is om nuwerwetse, eietydse nuutskeppings uit
te dink, sê Basson. Baie van die woorde wat in die vorige wedstryde
geskep is, word reeds in die algemene spreektaal gebruik. Een van die
woorde wat veral gewild is, is "vloermoer". Dit is die Wilde
Woordeboek se antwoord op die Engelse ``to throw a tantrum
.

Onder die nuutste Wilde Woordeboek-werpsel is selfs 'n Afrikaanse
verklaring vir die ``raves'' waar jong mense hul lywe rondpluk. Van
die voorstelle sluit in 'n raaswals, 'n zombidans, 'n maltrap, 'n
kopspin of 'n hottentotsgoddans.

'n Oplossing word ook gebied om die Engelse ``longdrop'' te beskryf.
Noem dit liewer 'n besoek aan die plonsput, die dieptroon, die
gemakgat of die plaaspardoems. Wanneer u volgende keer ``spare ribs''
wil bestel, verras die kelner met 'n versoek vir evabeentjies,
vleiskitaartjies of otgenot. Hoe gemaak met die lekker Engelse woord
``stapler'' waarmee 'n mens papiere bind? Probeer draadjiedrukker of
papiervampier. Wat van iemand wat ongeskik verklaar word vir werk?
Pleks om te sê hy is ``geboard'', laat die man liewer sagte plankies
kap, sê hy werk by die suikermyn, hy is onklaar verklaar of hy is
gerak. Die Wilde Woordeboek is 'n goudmyn van lekkersê-woorde wat soms
onverwags verras met raakvat-beskrywings. 'n Wilde Woordeboek-boodskap
om iemand se Blou Maandag op te beur (met verklarings in hakies) kan
byvoorbeeld sê lui:

Is jy in 'n perdebui (bad mood) omdat iemand besig is om jou
handvatsels glad te vat (jou rond te shunt)? Jy is mos nie 'n
sponskind (softy) nie jy met daardie natuurlike noedelhare (spiral
perm). Of word jy nou 'n tannetjie hekel (oulady). Onthou jy nog hoe
jy druktyd (sweet sixteen) beleef het? Miskien moet jy maar 'n ou
loslooitjie (affair) aanknoop om jouself op te beur. Nooit gedink my
blindederm sal lank genoeg wees (ek sal die guts hê) om dit voor te
stel nie, nê? Wat van daardie oulike moerjoggie (appy)? Of verkies jy
eerder 'n fundivakie (nerd)? Wie se sjokoladepoppie (sweetie) wil jy
wees? Spin jy jou driewiel (gooi 'n tantrum) omdat jy vanoggend weer
besef het jou vriend is 'n onrehabiliteerbare skouervlieg (back seat
driver)? Dit sal my ook ystervarke laat vang ('n gasket laat blaas) as
iemand heeltyd soos 'n koop sebliefie (rep) sy stembande om my ore rek
(nag). Hy het seker maar vanoggend weer 'n effense bewerlewertjie
(hangover) ná gisteraand se gekuier oor die polisiekoffie
(halfjackie).

Komaan, klim uit die streskas (unwind). As hy weer iets sê oor jou
bestuursvernuf en jy trek holrug (kry creeps), sê vir hom hy soek vir
gips en steke (watch it)! Gaan huis toe, groet die bure se
brommerboel (brandsiek brak) en tooi jouself in jou mooiste saterdrag
(informele klere) vir daai mog dit trof (blind date). As dit 'n
petofferige (flashy) ou is wat met 'n sardyntrein (taxi) voor die deur
stop, sê vir hom jy is poegemoeg (lights out) en wil liewer vanaand
alleen wees. Slaan 'n vleismolessie (stew) aanmekaar, haal die
jeugdeeg (make-up) van jou gesig af en snik jou sorge
weg in 'n bloplappie (tissue). Hou sommer môre 'n vakbondvastrap
(toi-toi) voor jou werkplek en vra vir 'n verhoging om te betaal vir
die hysbakkies (face lift) waarvan jy droom. Jip-jip? (okay?).

--
.

Afrikaans, ons taal | 2 kommentare

Liriekeraai

Wo., 14 Augustus 2002 12:05

Gisteraand na 'n opname gegaan.
Die sexy doedie met die sax het baie gewig verloor en is nou baie saxy:))
Saranti het ook baie gwig verloor, en het nou 'n swart kop.
Haar span - Marcus Brewster en Heidi Edeling het gisteraand gewen.
Julle sal my nie in die gehoor herken nie:))
Annette

TV, flieks & vermaak | 0 kommentare

Re: ***The Goddam White Man*** by D. Lytton

Wo., 14 Augustus 2002 08:37

Ons is baie jammer om van jou probleme te hoor.
Probeer eerder die nuusgroep za.politics
Cheers

"Afrikanamerican" skryf in boodskap news:20020814022927.04924.00000243@mb-ca.aol.com...
> Recently I started reading this book called "THE GODDAM WHITE MAN" by David
> Lytton. Printed in U.S.A. Copyright, 1960.
>
> The New Yorker describes this books as "A bitter story, told in a tone of great
> intensity in the first person singular, of how it feels to be poor, colored, an
> orphan, a South African, and a bastard.The scene is present-day South Africa,
> and the narrator is male."
>
> The book starts out half way down the first page.
>
> "The white men are stupid. That is plain to see. You have to go far and search
> deep before you find a white man who is clever in this country. The sun fries
> up their brains. They lie in the sun of the beaches and fry themselves brown;
> some are nearly as black as my mother. You would think, now that's a strange
> thing for people to do who can't be in the same room with a colored man. But
> there it is. There they lie, all day on the beach at Muizenberg, St. James,
> Gordon's Bay, the Strand; I've seen them lying there with oil rubbed into them
> to make a good deep fry. One day all the white people are going to be black.
> That's going to be the day. There's going to be a lot of laughing that day. But
> I won't see it. It's going to be a long way off. They must still make a lot
> more injustices before that day is sent upon them."
>
> afrikan...@aol.com
> AfrikanAmerican

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    708  709  710  711  712  713  714  715  716  717  718  719  720  721  722  723    »]
Tyd nou: So. Des. 21 03:32:48 UTC 2025