Ek sal graag van ounes in Perth, Wes Australië wil hoor.
Kontak my asseblief by my huis adres: dewets by iafrica dot com
Daar's geen sinistere motiewe verskuil nie, maar ek sal graag met julle van
die lys af wil kontak maak.
Dit gaan oor ander Suid Arikaners wat daarheen verhuis het.
Soms gooi 'n woord mens mos sommer uit wans uit. By Yskor in VdBP het die
mense gepraat van "haspels", en 'n haspelaar was die moerse katrol wat die
staalplate moes oprol. Ek sien in Ingels gebruik hulle net so 'n snaakse
woord: "brondel", en ek vermoed dis die Rooitaal vir dieselfde ding.
Dis vandag Heldedag in Namibië en die inwyding van die nuwe Heldeakker in
Windhoek vind vandag plaas. 'n Moerse lot miljoene dollars verder [wat die
land eintlik nie kan bekostig nie en die werk is gedoen deur buitelanders
terwyl werkloosheid hier by ons ongelooflik hoog is] word hiermee hulde
gebring aan die helde van die vryheidstryd van Namibië. Waar die fondse
vandaan kom, kan mens seker oor net spekuleer, maar onsself kan dié monument
nie bekostig nie. So, die buiteland moet seker maar die geld skenk? Mens
bly egter wonder of die geld nie beter aangewend sou wees om die lot van die
gewone man op straat te verlig nie?
Glo dit of nie, ons stap dieselfde pad as Zimbabwe. Mooi stories word
gepraat dat ons grondwet 'n model ene is en dat dit individuele eiendomsreg
beskerm, maar die dag gaan kom dat die buiteland nie meer genoeg gaan skenk
om Namibië se kop bo water te hou nie. Werkloosheid gaan vererger en dan
gaan die politici vir die mense vertel dat die oorsaak van al hul elende is
die boere op die plase wat hulle grond gesteel het. Maak nie saak of dié
man en sy mense nog nooit voorheen voet op daardie spesifieke stuk aarde
gesit het nie, beset gaan hulle hom beset, want dit is die enigste manier
van oorlewing in 'n land waar daar geen vooruitgang is nie. Hulle kan
eintlik nie anders nie!
Hoe anders kan mens die feit vertolk dat ou Mugabe se vrou vir haarself
'n plaas toe-eien? Haar man is een van die rykste mense ter wêreld
.....uit sy mense se goed steel. Nou doe sy maar so voort. Wat van die
feit dat omtrent elke minister in ons land een plaas of meer het.....dat Sam
Nujoma 'n stuk of sewe plase het? Niemand eis dat hy sy plase moet verkoop
of weggee nie!
Dit is net 'n kwessie van tyd, dan volg Suid-Afrika ons
ook........Afrika roep!
Saterdagaand het ons toe die John Rutter konsert gedoen.
Behalwe vir die plesier om aan so 'n gebeurtenis deel te neem, en die
voorreg om so 'n begaafde persoon te kon ontmoet, was ek ook blootgestel aan
twee heeltemal uiteenlopende vertolkings van dirigentskap.
Die New England Youth Orchestra van Amerika het ons begelei.
Die stigter en dirigent is 'n Doktor Moeilike-naam-en-van ( ek het nie 'n
program nie) - sy is 'n gebore Kapenaar en hierdie keer was die orkes se 5de
besoek aan SA.
Net na speeltyd, toe gaan staan die koperblasers bo op die oorvol gallery -
om 'n nommer saam met die orrel te lewer - en toe dirigeer Roucher die ou
lotjie, wat hom nie kon sien nie, vreeslik woes - op sy gebruiklike manier.
Die musikante kon hom nie sien nie, want hy het agter die orrelis gestaan,
en die koperblasers het met hul rug na hom gestaan - nietemin, hy het sy
ding gedoen.
Net daarna was daar toe 'n klavierkonsert met strykers en die ander
blaasinstrumente -en die een dirigeer die Doktor toe - met swaarlik 'n
pinkie wat nou en dan diskreet roer;)))
Ek hou nogal van die tweede metode.
Annette
Die bergspits( summit) begin vandag - glo - en mens sal maar moet sien wat
die gevolge is - Vrydag se M&G se Madam en Eve spotprent het nogal 'n punt
daar beet:))
Nietemin, Pahad het al klaar verklaar dat SA nie al toelaat dat Zimbabwe
bespreek sal word nie. Zuma weer weier om joernaliste in te lig of daar al
wel oor die finale besprekingspunte besin is, en indien wel, wat dit is.
Die betogers is almal vreeslik verbaas oor die hardhandige optrede van die
polisie teenoor die betogers.
Switserland eis beter veiligheid omdat 2 lede in hul hotelkamer aangeval en
beroof is.
Dit is natuurlik onmoontlik want al die veiligheid is op een kol
saamgetrek - nou weet ons gewone mense ook daar is darem van hulle.
Nou hoor ek dat Broer Leier ook weer op pad is.
Soos ek gesê het - hierdie hele sirkus kan net sports wees.
Ek wonder net hoe ryk die prossies gaan word - enige mense hier wat
Porsche-handelaars is?:)
Annette
Ek is opsoek na geesdriftige rekenaar gebruikers in die Centurion, Gauteng
gebied wat saam met my 'n "wireless" netwerk van gebruikers op die been wil
bring. Vir meer inligting, stuur asseblief epos aan anto...@yahoo.com of
reageer op die pos. Ek sal wel gereel hier kom lees.
Die ene moet gedeel word - 'n juweeltjie in die kroon van die
ANC/SAKP/COSATU - artikel uit die "The Star" - 23 Aug 2002:
"
'In defence of Nthai, fine minds are scarce'
August 21 2002 at 11:08P
By Charles Phahlane and Sapa
South Africa doesn't have enough good people, and if the media continue to
question the integrity of those who come forward in sacrifice for public
office, the country will fall short of "quality brains".
This extraordinary position was presented by Smuts Ngonyama, head of the ANC
presidency, after learning that advocate Seth Nthai had withdrawn his
nomination for the post of public protector.
Nthai, the former MEC for safety and security in Limpopo, withdrew his name
a day after The Star had revealed allegations of his shocking extravagance
with public money.
Commenting on Nthai's withdrawal, Ngonyama said: "We don't have many good
people. We have a number of challenges and we have to be very careful in the
manner we treat those who are prepared to make sacrifices for our country.
"Our country will actually fall short of high-quality brains when a good
person is attacked and his integrity questioned... It is not good for our
country. We need to protect those who want to make sacrifices."
"It's a pity he has withdrawn. He's an advocate and a well-learned man with
reputable credentials," Ngonyama said.
Earlier this week, The Star revealed how, while MEC for safety and security
in the then Northern Province, Nthai was actively involved in purchasing a
building for R18,6-million to house his department when it was worth
R8,1-million.
The inflated price was discovered by the Semenya commission of inquiry. One
of the witnesses at the commission said Nthai's specifications for the
building was for a lift going directly from the basement to his office, and
a private bathroom adjacent to his office.
He was also accused of using state vehicles to send his drycleaning to
Johannesburg from Polokwane, a distance of over 300km.
On Wednesday, before answering any questions before the committee screening
candidates for the public protector position, Nthai said: "I have been
reflecting on my nomination and have decided that I will serve my country
better if I am left where I am. Therefore I am withdrawing my nomination."
He lashed out at The Star's story, entitled "Can this man protect the SA
public?" He denied that the article had led to his withdrawal.
"I have on my own taken this decision, taking into consideration my personal
circumstances and what I am doing. I came to this at the weekend, before the
newspaper reports came out," Nthai said.
He said that if journalists had read "privileged" documents, they would have
realised there was no substance to the claims about him. He said the article
contained allegations, not facts. "The journalist is confusing fact and
fiction."