Moet asseblief nie Engelse berigte met kruisposte op hierdie ng pos nie.
As jy voel dis relevant genoeg om ook hier te pos, doen dit met 'n
aparte boodskap (en verkieslik 'n kort verduideliking hoekom jy in
Engels pos)
As jy bloot kruispos, kry ons al die weirdo's van soc.culture.south-africa
se reaksies hierso, en ons het reeds genoeg weirdo's op hierdie ng. :-)
En hulle kry dan ook ons Afrikaanse reaksies.
Dankie
Wouter
"I. Hate Telkom" skryf in boodskap news:3d86e7e3.0@news1.mweb.co.za...
I don't know the programme on Africa to Africa the DSTV channel, but the
lady (South African woman) interviewed a government official from Zimbabwe
and were discussing the land reform and somehow or another got onto the
topic of why the land grabs started only now.
The government official (I think he is a minister of some sort) then replied
vehemently that people should stop saying that Zimbabwe got its independence
in the early 1980's when in fact it got true independence when the Apartheid
government lost power in 1989 when the ANC started coming to the fore. He
openly admitted their fear that if they did what they are doing today before
1989 the South African apartheid government would simply have arrested
Robert Mugabe and imprisoned him.
It is an interesting look at the stabilizing (counter to common belief)
effect the Apartheid government had. I will never condone the existence of
Apartheid, but at least it kept Zim afloat for a while until Bob got free
reign...
Die Jolly Rubino lek olie in die see by St Lucia.
Houers met giftige gasse begin ook nou uitspoel.
Daar word nou gepoog om die skip weer seewardig te kry voordat die volgende
storm meer skade kan aanrig, en gevolglik meer ekologiese skade kan
veroorsaak.
Annette
Was toe by SonStad op 7/9 - en toe vang Yvonne Chaka Chaka toe die meeste
shaain met haar vertolking van Al lê die Berge Nog so Blou. Sy kan glo al 11
landstale praat.
Annette
Volgens ekonome Louis Fourie en Mike Schussler, en ekonomiese ontleder JP
Landman is ons nie 'n eerstewêreld land nie, maar eersteklas.
80% vir demokrasie en spraakvryheid ( 20% in 1985)
80% vir makro-ekonomiese beleid ( 40% in 1985)
80% vir oop ekonomie ( 30% in 1985)
80% vir betroubare finansiële stelsel ( 50% in 1985)
80% vir gesondheid van die sakebedryf ( 50% in 1985)
40% vir algemene welstand van die bevolking ( 40% in 1985)
50% vir onderwys ( 40% in 1985)
40% vir wetstoepassing ( 50% in 1985)
30% vir nasionale eensgesindheid ( 30% in 1985)
Ons produktiwiteit het groei die afgelope 5 jaar met 4 - 6%, teenoor die VSA
se 2-3%
Die BMW's wat hier vervaardig en uitgevoer word is van die hoogste gehalte
SA voer nou 6 keer meer goedere uit as 10 jaar gelede
( o.m. olyfolie, wyn, skoene en hemde)
Tydens die wêreldwye resessie van die laaste jaar het ons na China die
grootste nywerheidsgroei getoon
SA het die afgelope 4 jaar uitvoergewys selfs beter vertoon as Japan in sy
bloeityd in die 50- en 60ger jare.
Die reuse toename in die uitvoer van fabrieksgoede maak ons nie meer
afhanklik van landbou- en mynbou nie.
Waar een uit elke 5 werkers in die formele sektor die afgelope 12 jaar hul
werk verloor het, het die informele sektor met meer as 100% gegroei.
Ons staatskuld daal, en ons begrotingstekort is selfs kleiner as enige van
die wêreld se 7 groot ekonomië, Amerika uitgesluit.
Ons het nou 'n vaste ekonomiese groei van 3 %.
Ons mense moet net meer geloof in onsself en ons vermoëns kry.
Ons onderwysstelsel het nie tred gehou met die ekonomiese vaardighede wat
vereis word nie.
Slegs 7% van skoolverlaters kan hier werk kry.
Mense moet hulle nie meer aan slegs een beroep verbind nie, en sorg dat hul
vaardighede met die ekonomiese veranderinge tred hou.
Private inisiatief is 'n sleutelwoord as ons SA op die wenpad wil hou.
Ons moet leer om meer vir mekaar om te gee.
Ons word van kleinsdag geleer om respek selektief toe te pas, en die
gewoonte moet verander word.
Ons moet 'n ware trots hê op ons land en sy mense.
Natuurlik is ek!! My span het dan Saterdag gewen! Vrystaaaaaaat!!!:))
Op 23 September is dit Trots SA dag.
Besoek www.proudlysa.co.za en wen pryse en verkry meer inligting oor die
dag.
Stuur voorstelle hoe die gedag gevier kan word na
proudl...@proudlysa.co.za
Hier is al wat gedoen behoort te word vir daardie dag:
1) Dra Suid-Afrikaanse klere van kop tot tone.
( hoede en sandale is maklik - klere moeilik - hoe sal ons weet of dit hier
vervaardig is?)
2) Koop slegs SA produkte die dag.
( ek sal nie Tvl toe kan ry net om Sasol in te kan ingooi nie)
3) Stuur 'n trots SA SMS na 10 van jou beste vriende
( ek doen nie SMS'e nie)
4) Reël 'n spesiale Trots SA piekniek
( op 'n Maandag?)
5) Sê iets positief oor SA
( okei dis okei:))
6)Wapper die SA vlag
( flapflapflapflapflap)
1)Rugby:
a)VRYSTAAT het vir WP gewen.
b) N-Tvl ( Blou Bulle) het reggekry wat nog geen ander span die seisoen kon
doen nie - hulle het verloor teen die Olifante ( OP)
2) Zandile Mbeki - Onse Prez se geliefde is toe nie so 'n soet dogtertjie
nie. Sy het verlede jaar, na skoonpappie se dood, sy staatshuis sonder die
vereiste tenderprodedure bekom, en dit in haar nooiensnaam geregistreer. Nou
wil sy die eiendom verkoop teen 100% wins. 'n Wakker joernalis het hierdie
stoutigheid uitgevind.
3) Dr Rocco Knobel is op 88-jarige ouderdom oorlede. Hy was 27 jaar lank die
hoof van die Parkeraad.
4) Mej SA het onttrek aan die mej wêreld kompetisie.
5) Natalie du Toit het nou 'n superkunsbeen. Dit stel haar in staat om met
dit selfs te kniel.
6) Ons strande word kleiner omdat ontwikkelaars nie hul gulsige hande hande
kan afhou van die duine wat die strande voed nie.
7) In die Huisgenoot vandag is daar 'n artikel hoe vreeslik goed sit met SA
gaan . Julle sal my moet kans gee om 'n bietjie rooflees te gaan doen as
iemand anders hier ons nie kan help nie. Ek het net so die laaste paragrafie
gevang wat beweer t.o.v. groei is SA 'n A-kandidaat mits ons die skole,
gesondheid, en misdaad- probleme kan beheer en onder kan kry. Dis nou om te
sê 'n kind is 'n A-kandidaat mits sy wiskunde of tale kan slaag.
Julle daar wat ver weg sit moet maar laat weet, dan koop ons 'n paar huise
op solank, want die huispryse sal verskriklik styg noudat almal op pad terug
is, sodra die mitse uitgesorteer is;))
Kan iemand my dalk inlig oor die dwelmbeleid in Holland? Is dit waar dat
alle dwelms wettig is en gratis beskikbaar is by klinieke? Of was dit net
'n idee? As dit so is, werk dit? Ek kan myself indink dat as dwelms
gewettig is onder beheer, gaan jy die hele dwelmhandel vernietig. 'n
Verslaafde gaan dwelms gebruik....of hy dit moet koop of nie. Is dit nie
die regte ding om dwelmgebruik onder totale beheer te kry nie?
Beste Suidwester,
Het is niet waar. Zelfs hasj of marihuana (wiet) is niet officieel legaal.
Wel wordt het verkoop en gebruik van hasj en wiet gedoogd, toegestaan.
Overigens, heb je gelijk wat betreft het onder wettig beheer brengen van
dwelms, de hele handel verdwijnt. Ik vind dat een goede manier om
dwelmgebruik onder totaal beheer te krijgen.