Hier in Johannesburg kom 'n mens soms mense teë met Afrikaanse vanne,
maar indien jy hulle in dié taal aanspreek, word jy gou verseker dat
hulle nie Afrikaans kan praat nie, of in elk geval nie goed nie. Soms
is hulle verleë, maar ander kere raak so 'n persoon wat in Afrikaans
aangespreek is sommer agressief omdat jy durf aanneem het dat Ân
Afrikaanse van ook Afrikaanssprekendheid beteken.
Daar is Engelse Van der Merwes, Bothas, Van Heerdens, De Villiers'e,
en Mosterts. Tans is 'n hele geslag Afrikaanse kinders in
Johannesburg besig om te verengels soos wat hulle in Engelse laerskole
ingedwing word deur ouers wat òf skaam is vir Afrikaans, òf wat
hulself voorberei op 'n gedroomde lewe oorsee in 'n Engelse land.
G.D. Scholtz praat iewers in een van sy opstelle van die
"gedekultureerde Afrikaner". Regdeur die Suid-Afrikaanse geskiedenis,
in elk geval oor die afgelope tweehonderd jaar, was die Afrikaner nog
altyd baie welkom in dié land, selfs onder Britse bestuur, maar dan
slegs as gedekultureerde, as iemand wat nie meer aandring op sy taal
en identiteit nie en bereid is om te assimileer ten opsigte van die
dominante Engelse kultuur. Tans is dit nie anders nie.
Maar ook in 'n dieper sin is vandag se Afrikaner besig om te
dekultureer. Verengelsing, of die verengelsing van sy kinders, is
bloot die laaste stap in 'n proses van kultuurverlies wat begin met sy
afstomping teenoor die hoër kultuur van sy ouers en voorouers. Dit
begin met huise sonder boeke, sonder 'n klavier of ander
musiekinstrument, maar met 'n DSTV-skottel op die dak. Kleiner
kinders word gelos voor Amerikaanse strokiesprogramme soos dié op
Cartoon Network, en só verinnerlik die kind 'n Amerikaanse leefwêreld
nog lank voor hy behoorlik Afrikaans leer praat het.
Kader Asmal se ideologiese onderwys is bloot 'n bydraende faktor tot
die vernietiging van Afrikanerskap, en nie die oorsaak daarvan nie.
Wat egter nie te sê is dat ons dit moet onderskat nie, inteendeel.
Indien daar steeds behoorlike Afrikaanse onderwys was, sou die invloed
van die televisie en die omringende Engelse kultuur van die nuwe
Suid-Afrika, nog gestuit kon word. Helaas moet ons egter toesien
hoedat tradisionele Afrikaanse onderwys vervang word deur
Uitkomsgebaseerde Onderwys wat ten doel het die integrasie van die
kind in 'n multikulturele wêreld waar hy sal kan funksioneer solank hy
respek het vir ander kulture en rekenaargeletterd is.
Maar so 'n kind sal in 'n fundamentele sin gedekultureer wees, en oor
geen werklike kennis beskik nie. Deur die eeue heen was daar drie
belangrike aspekte van onderwys: die volle bemeestering van die eie
taal tot in die fynste besonderhede, die aanleer van vreemde tale en
die skoling in logiese denkvorme soos dié van die filosofie, retoriek
of wiskunde.
Terwyl UGO praat van "geletterdheid" en "gesyferdheid", is die studie
van die taal, grammatika en letterkunde al so afgewater dat die kind
deur sy hele skoolloopbaan kan gaan sonder om eendag in staat te wees
om 'n boek van Etienne Leroux of Karel Schoeman te lees, of 'n gedig
van Opperman of Breytenbach te verstaan. Wat "gesyferdheid" betref,
is daar deesdae so min mense wat Wiskunde op die Hoër Graad slaag dat
daar binnekort nie meer onderwysers gaan wees om dit aan 'n volgende
geslag oor te dra nie. Die aandrang op gelykheid in die skole het al
so ver gevorder dat diegene wat uitblink in Wiskunde as't ware
ontmoedig word, soos in dié skool aan die Oos-Rand waar 'n skoolhoof
nie die deelname van 'n leerling aan die Nasionale Wiskunde-olimpiade
wou bekend maak nie ondat dit die ander leerlinge "se selfvertroue sou
ondermyn".
In tweedehandse boekwinkels kom mens nou nog af op plaaslike uitgawes
van Duitse boeke wat in vorige dekades uitgegee is vir gebruik deur
Afrikaanse leerlinge op skool. Ook die studie van Frans en selfs
Italiaans was nie uitsonderlik nie, en elkeen kon Nederlands met gemak
lees. Die klassieke tale soos Grieks en veral Latyn is ywerig
aangeleer, veral met die oog op 'n loopbaan in die regte want toe was
dit nog verpligtend.
Homerus en Vergilius is in Afrikaans vertaal deur ons eie klassici.
Uys Krige, André Brink, Jan Rabie, Alewyn Lee en ander het boeke uit
Spaans, Frans en Italiaans vertaal, wat 'n hele wêreld in Afrikaans
beskikbaar gemaak het. Wat het daarvan oorgebly? Vandag word selfs
Duitse boeke in Engels aangehaal deur akademici aan sogenaamde
Afrikaanse universiteite.
Wat die politiek korrekte aanleer van Zoeloe, Xhosa en ander
Afrikatale betref, is my beswaar dat geen kind dit ooit werklik gaan
praat nie. Behalwe in Zoeloe tot 'n mate, is daar geen letterkundes
in dié tale nie, en hul eie skrywers verkies om in Engels te skryf.
Nòg Mandela, nòg Mbeki praat ooit 'n woord Xhosa van 'n openbare
verhoog af. Waarom moet 'n mens 'n taal probeer aanleer wat deur sy
eie sprekers verwerp word? Dit is 'n vraag wat die Engelssprekende
vandag met reg aan die Afrikaner kan stel, maar wat ons ook aan die
andertsaliges in hierdie land kan vra.
Inligting is vandag meer beskikbaar as ooit. Daar word bereken dat
80% van die beroepe wat oor 15 of 20 jaar van toepassing gaan wees,
vandag nog nie bestaan nie. Waarom beroepsopleiding ondergaan vir Ân
beroep wat binnekort uitgefasseer gaan word?
Aan die ander kant kon ek nog nooit begryp wat die term
"rekenaargeletterd" beteken nie. In die vroeë dae van rekenaars toe
jy BASIC moes ken om 'n kolletjie op jou skerm te programmeer om op en
af te spring het dit nog vir my 'n betekenis gehad, maar vandag lyk
dit my dui dit op 'n vertroudheid met mnr. Gates se reeks programme.
Meer en meer is Afrikaners besig om die kultuur waaroor hulle eens
beskik het, en wat kon vergelyk met die beste van Wes-Europa, te
verruil vir 'n kennis van Windows of Microsoft Outlook, asof dit nie
iets is wat in enkele dae aangeleer kan word nie.
Om weer beheer oor Afrikaanse onderwys te verkry, is essensieel vir
die voortbestaan van 'n Afrikaanse kultuur. Kinders moet weer
"moeilike vakke" doen: vreemde tale en wiskunde. Self is ek ten
gunste daarvan dat filosofie ook as 'n skoolvak aangebied behoort te
word. Tans bring kinders reeds twaalf jaar op die skoolbanke deur
sonder om werklik iets te leer. Asmal se stelsel is bedoel om
gedekultureerde Afrikaners te produseer. Niks meer, en niks minder
nie.
Ek het in Knysna op 'n vreeslik eienaardige gogga afgekom - iets soos 'n
honderdpoot, maar op hoë, lang, dun bene. Nogal vinnig ook. Lyk bietjie soos
'n lang, maer geïntegreerde stroombaanchip.
Een van die locals het gesê dis 'n Pieter Blinkoog - wat 'n mooi naam. Hulle
glo die ding is giftig. Ennieway, is daar iemand wat iets meer van hierdie
ding af weet? Ek skat (dis 'n rukkie terug) dit het omtrent 20 pote gehad.
Die verwysing op 94.7 Highveld Stereo na Afrikaanssprekendes as "planke" is
glo nie haatspraak nie.
Dit is die bevinding van die UKK - onder voorsitterskap van Prof Kobus van
Rooyen.
Daar is glo 'n nuwe insekorde ontdek - Hier en in Namibië en Tanzanié - dit
lyk soos 'n kruising tussen 'n stokinsek en 'n hottentotsgot ( ons praat
altyd van hotnotsgot)
Meer inligting kan verkry word by
www.uct.ac.za/general/monpaper/2002no27/index1.htm
Do you fucking people have nothing better to do than check other people's
spelling all the time? It seems as if you have a lot of time on your hands
to do nothing but check fucking spelling. Perhaps you should go and work for
a newspaper and edit some text all day long then perhaps you can get to lose
some of that steam you seem to have pressurising in your arsehole. Because
unlike most English people I know you are a real fucking pain in the arse
and I would frankly like to kick your behind from here to Egypt you silly
twit. Perhaps you would be less inclined to use the word Dutchman in such a
derogatory manner once I've beaten your little shitbrick skull into powder.
Because it is really easy making those remarks in cyberspace, but I wonder
when last you had the guts to say it into a "Dutchman's" face? If it was
recently I would bet you are still recovering in hospital you small minded
spell-checking freak and the reason you are stupid enough to do it again is
because you suffer memory loss. So take your spell checking RED NECK arse
and go check somebody else's spelling!
"lez" skryf in boodskap news:raSj9.124134$w17.10612@post-02.news.easynews.com...
> You can see this is some thick dutchman.What is "Do anybody know who is
> ......".Fuck if I had to leave this country it would be because of Thick
> Rocks like you.Oh and please write back and threaten to "Fro me wif a stone"
> "Down With Telkom" wrote in message
> news:3d8eee25.0@news1.mweb.co.za...
>> Do anybody know who is making plans for the evacuation of whites from South
>> Africa when the ANC government falls from power and hardliner blacks come to
>> power?
>>
>> I heard some people are in talks with foreign governments on this issue. It
>> has to do with plans on making it easier for whites to move to Europe and
>> Australia and even the USA. Anybody have clue?
>>
>> Regards
>>
>
Hello Frikkie, ek sien jy is nie meer by AOL nie :-)
"Down With Telkom" skryf in boodskap news:3d8eedba.0@news1.mweb.co.za...
> Do anybody know who is making plans for the evacuation of whites from South
> Africa when the ANC government falls from power and hardliner blacks come to
> power?
>
> I heard some people are in talks with foreign governments on this issue. It
> has to do with plans on making it easier for whites to move to Europe and
> Australia and even the USA. Anybody have clue?
>
> Regards
>
In my tyd ( ek is bietjie ouerig) het ons nooit gehoor van motorongelukke na
die matriekafskeid nie.
Nou net oor die nuus weer twee in PE wat dood is.
Toentertyd het die ouers die kinders by die skool afgelaai, die klomp grend
matrieks is per skoolbus na die funksie ( ons s'n was by Maselspoort -
Vrystaat by die see:)) ) per bus terug en die ouers het ons weer kom haal.
Ek kan nog ietwat onthou wat 'n dol dag dit was - eers 2.30 van die skool af
by die huis gekom, vinnig aangetrek want die Jeugkoor moes by Sand du
Plessis die middag optree om 4nm, toe 'n dolle gejaag terug huistoe om 6nm
betyds by die skool te wees vir die bus.
Gelukkig was dit nog die dae toe Kapsels en Lang Aandrokke en Gesig Inkleur
nog nie vreeslik in die mode was nie - 'n kort mini was die inding:)))
Annette
Hoekom daar so baie eenrigtingstrate in Pretoria is:
Sodat die Staatsamptenare wat vroeg huistoe gaan nie vasry in die
Staatsamptenare wat laat vir werk is nie.
:))))
Annette