Ek is gebore op Oudtshoorn en woon in die Paarl. Ek doen navorsing oor die
CLAASSEN, POZYN, WATERSON, SWIEGELAAR en BENCE-families van die Klein
Karoo.
Ek leer nog om op die net te werk en ek probeer nou al lank om in n
goeie afrikaanse klets betrokke te raak. Ek was al op Yahoo answars en
ook Noot vir Noot gesels maar die mense wil nie eintlik gesels nie. Ek
wil nie oor sekere onderwerpe en dinge gesels nie maar net in die
algemeen . Stuur komentaar en begin gesels..
Kmdr. Jan van Riebeeck en sy geselskap van 90 gooi op 6 April 1652
anker in wat vandag bekend staan as Tafelbaai in Kaapstad (Wes-Kaap).
Die Van Riebeeckgelofte word op 6 April 1654, twee jaar na hul aankoms
aan die Kaap, deur goew. Jan van Riebeeck namens die eerste koloniste
afgelê: "......sodat daarby die weldade van die Here wat aan ons bewys
is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot
eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word". Dit is, saam
met die geloftes by Paardekraal en Bloedrivier, een van die
Afrikanervolk se enigste drie geloftes aan God.
Johannesburg – Kommersiële boere verlaat Suid-Afrika in hul hordes,
het The Times Maandag berig.
Boere verlaat die land weens ondraaglike werkstoestande vir buurstate
soos Malawi en die Demokratiese Republiek van die Kongo.
In 1994 was daar 120 000 kommersiële boere in Suid-Afrika en net 37
000 het oorgebly. Dit het daartoe aanleiding gegee dat Suid-Afrika
sommige van die kos wat hy in die verlede self vervaardig het, nou
moet invoer, het dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA, gesê.
Die land het nou begin grane soos koring invoer. Die land sal nou ook
dalk vleis en vee, wat al hoe minder in die land vervaardig word, moet
invoer.
Boere het ondermeer die nuwe wette, duur water, elektrisiteit en ander
benodighede, aangewys as redes hoekom boerdery in Suid-Afrika al hoe
meer onvolhoubaar word.
Mthobeli Mxotwa, woordvoerder van Gugile Nkwinti, minister van
landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gesê die konsepwet op
verblyfreg is daarop gemik om "wreedheid teenoor plaaswerkers te
stop".
Snelweg-ligte af want Gauteng betaal nie
2011-03-31 12:27
Ligte op die M1-snelweg tussen Johannesburg en Midrand brand al vir
agt maande nie - omdat die Gautengse regering nie hul Eskom-rekening
betaal het nie, volgens die DA.
Die party het gesê die ligte was tydelik vir die sokker-wêreldbeker
aangeskakel, maar is sedertdien weer af.
Mnr. Marcelle Ravid, ’n raadslid van die DA, het gesê hy het by
verskeie geleenthede daaroor by die Johannesburgse stadsraad gekla,
maar is deur ’n amptenaar by die raad se bestuur vir Streek E
meegedeel die provinsiale regering moet die skuld kry.
Die DA se vervoer-woordvoerder vir die DA in Gauteng, mnr. Neil
Campbell, het gesê: “Dis heeltemal onaanvaarbaar dat ’n
regeringsafdeling nie sy rekening betaal nie, veral wanneer dit die
publiek se lewens in die gevaar stel.”
Die Gautengse regering was volgens Sapa nie beskikbaar vir kommentaar
nie. - Sapa
On Mar 27, 11:39 am, Etienne Marais wrote:
> The British colonial ruler introduced a system of Pass Laws in the
> Cape Colony and Colony of Natal during the 19th century.[5][6][7] This
> stemmed from the regulation of black people's movement from the tribal
> regions to those occupied by white and coloured people, ruled by the
> British. Laws were passed not only to restrict the movement of black
> people into these areas, but also to prohibit their movement from one
> district to another without a signed pass. Black people were not
> allowed onto the streets of towns in the Cape Colony and Natal after
> dark and had to carry their passes at all times.[8]
>
> The Franchise and Ballot Act of 1892 instituted limits based on
> financial means and education to the black franchise,[9] and the Natal
> Legislative Assembly Bill of 1894 deprived Indians of the right to
> vote.[10] In 1905 the General Pass Regulations Bill denied blacks the
> vote altogether, limited them to fixed areas and inaugurated the
> infamous Pass System.[11] Then followed the Asiatic Registration Act
> (1906) requiring all Indians to register and carry passes,[12] the
> South Africa Act (1910) that enfranchised whites, giving them complete
> political control over all other race groups and removing the right of
> blacks to sit in parliament,[13] the Native Land Act (1913) which
> prevented all blacks, except those in the Cape, from buying land
> outside "reserves",[13] the Natives in Urban Areas Bill (1918)
> designed to force blacks into "locations",[14] the Urban Areas Act
> (1923) which introduced residential segregation and provided cheap
> labour for industry led by white people, the Colour Bar Act (1926),
> preventing anyone black from practicing skilled trades, the Native
> Administration Act (1927) that made the British Crown, rather than
> paramount chiefs, the supreme head over all African affairs,[15] the
> Native Land and Trust Act (1936) that complemented the 1913 Native
> Land Act and, in the same year, the Representation of Natives Act,
> which removed previous black voters from the Cape voters' roll.[16]
> One of the first pieces of segregating legislation enacted by the Jan
> Smuts' United Party government was the Asiatic Land Tenure Bill
> (1946), which banned any further land sales to Indians.[17]
>
> Jan Smuts' United Party government began to move away from the rigid
> enforcement of segregationist laws during World War II.[18] Amid fears
> integration would eventually lead the nation to racial assimilation,
> the legislature established the Sauer Commission to investigate the
> effects of the United Party's policies. The commission concluded
> integration would bring about a "loss of personality" for all racial
> groups.
>
> http://en.wikipedia.org/wiki/South_Africa_under_apartheid#Pr ecursors_...
Voorloop tot Apartheid [wysig]1652 - Jan van Riebeeck land aan die
Kaap die Goeie Hoop, rasgemengde huwelike geduld en gewettig onder die
bewind van die VOC.
1809 - Drie jaar ná die tweede Britse bewindsoorname onder die beleid
van goewerneur Caledon word paswette ingestel wat die Khoisan verbied
om sonder geskrewe toestemming buite die gebiede te trek wat aan hul
toegesê is.
1828 - Die paswette wat die Khoisan raak, word afgeskaf.
1865 - Sir Theophilus Shepstone verklaar dat swartmense in Natal nie
mag stem nie.
1891 - Die Oranje-Vrystaat verbied mense van Asiatiese afkoms om in
die republiek te woon[3]
1894 - Cecil John Rhodes verhoed die kleurling Krom Hendriks om deel
te neem aan 'n kriekettoer van die Kaapse span na Engeland.
1902 - Die Verdrag van Vereeniging kondig die einde van die Tweede
Vryheidsoorlog aan.
1903 - Alfred Milner rig Sanac (" South African Native Affairs
Commission ") op.
1905 - Die bevindinge van Sanac word gepubliseer. Hedendaagse
akademici herken die bloudruk van rasgebaseerde segregasie (1910 —
1948) sowel as apartheid (tot 1990) daarin.
1905 - Alfred Milner stel verpligte segregasie vir Kaapse skole in.
1907 - Die Suid-Afrika-Wet, wat deur die Britse Parlement bekragtig is
ná samesprekinge tussen die twee voormalige kolonies en twee
voormalige Boererepublieke, bepaal dat slegs persone van Europese
herkoms tot die Parlement verkies mag word.
1910 - Die Unie van Suid-Afrika kom tot stand met Uniewording.
1913 - Die Natives Land Act van 1913 word ingestel wat privaat
eienaarskap van eiendom deur swartmense verbied.
Die polisie se onvermoë om misdaad te voorkom, het deels daartoe gelei
dat daar van Oktober 2010 tot Desember 2010’n toename van sowat 40%
in plaasmoorde was, reken Agri SA.
Mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se landelike
veiligheidskomitee, het volgens ’n berig in Beeld die vinger na die
polisie gewys oor dié skokkende statistieke.
Botha beweer die polisie se misdaadintelligensiediens skiet tekort en
dat te veel polisiebeamptes meer gepla is oor hul salaris as oor die
werk wat hulle doen.
Hy sê ook dat daar ten spyte van goeie beleide en strategieë nie ’n
genoegsame verbetering in misdaadstatistieke in landelike gebiede is
nie.
Die uitwerking van misdaad is een van die belangrikste brandpunte
waaraan Agri SA aandag gee. Volgens die organisasie beperk misdaad
lewensgehalte en werkskepping in landelike gebiede.
Pretoria. - Verbruikers landwyd het in die kwartaal tot einde Desember
byna 46% meer vir munisipale dienste betaal as ’n jaar tevore.
Die grootste stygings was in Limpopo (150%), Mpumalanga (145%) en die
Oos-Kaap (121%), met die Noord-Kaap (80%) wat ook sy inwoners erg laat
opdok het. Die kleinste toename was in die Wes-Kaap (21%), met Gauteng
op 29% en KwaZulu-Natal op 31%. In Noordwes het die inkomste uit
verbruikers met 58% gestyg en in die Vrystaat het dit met 60%
toegeneem.
Dít blyk uit syfers wat die nasionale tesourie bekend gemaak het. Dit
is gegrond op verslae van munisipaliteite self. Sake24 het die jongste
syfers vergelyk met die syfers wat dieselfde plaaslike owerhede ’n
jaar tevore bekend gemaak het.
Die totale inkomste uit verbruikers se sakke vir die kwartaal tot
einde Desember verlede jaar was R47,6 miljard.
Mnr. Mike Schüssler, hoofekonoom van Economists.co.za, sê die stygings
hou verband met “enigiets van die koste om ’n biblioteekboek uit te
neem tot by ontwikkelingsbydraes van eiendomsontwikkelaars en die
koste van buitelugadvertensies”.
Sake24 het in ’n vroeëre steekproef bevind dat kostes vir byvoorbeeld
busdienste, elektrisiteitsaansluiting en buitelugadvertensies in
verskillende munisipaliteite veelvoudig toegeneem het.
Munisipaliteite eis toenemend ’n groter deel van Suid-Afrikaners se
inkomste op, maar dienslewering word al hoe swakker, sê Schüssler.
Dit dra egter ’n klein gewig in die inflasiemandjie en word daarom nie
behoorlik in die amptelike inflasiekoers van 3,7% weerspieël nie, sê
hy.
Intussen het munisipale debiteureboeke toegeneem tot R62,3 miljard,
vergeleke met R56,3 miljard ’n jaar tevore – ’n toename van 10,6%.
Johannesburg se debiteureboek het te midde van probleme met sy
rekeningstelsel met byna 20% toegeneem.
“Ten spyte daarvan dat mense nie kan betaal nie, neem munisipaliteite
se inkomste toe,” sê Schüssler.
Mnr. Koos Vorster, DA-raadslid in Newcastle wat al jare by munisipale
begrotings betrokke is, sê munisipaliteite is besig om hulself “uit
die mark te prys”. Die groep wat nog kan betaal, word al hoe kleiner,
maar hulle word al hoe swaarder belas.
Hy sê in Newcastle verdien 72% van die 500 000 inwoners byvoorbeeld
minder as R3 200 per maand.
By een van die armer woonbuurte, Madadeni, met ’n gemiddelde eien
domswaardasie van R90 000 en waar 90% van die inwoners minder as R5
000 per maand verdien, beloop die gemiddelde munisipale rekening in
die nuwe boekjaar R570, plus sowat R450 se vooraf betaalde krag per
maand.
“Kan ’n mens wat minder as R5 000 per maand verdien meer as R1 000
daarvan aan munisipale dienste afstaan?” vra Schüssler.
Vorster sê die mense van Madadeni is nie onwillig om hul munisipale
rekeninge te vereffen nie, maar meer as die helfte is agterstallig en
betaal net elke maand ’n deel van die agterstallige rekening.
Die huidige maand se bedrag kom dan daarby en hulle kan nie uit die
skuldstrik kom nie.
Intussen styg die inwoners van Newcastle se uitstaande skuld elke
maand met R9 miljoen. Dit staan tans op R642 miljoen.
Volgens Vorster kom sowat 90% van die raad se inkomste tans van 38 000
inwoners.
Hy glo ’n soortgelyke situasie geld by die meeste munisipaliteite in
die land.
Vorster stel voor dat die huidige inkomsteperk vir iemand wat as
armlastig geklassifiseer word, van R1 900 tot R3 500 verhoog word en
dat die raad sy ongespesifiseerde regeringstoelae gebruik om gratis
basiese dienste aan dié inwoners te verskaf. Daardeur word die koste
beperk.
“Die ongespesifiseerde regeringstoelae word elke jaar aan
kapitaalprojekte toegewys. ’n Klein munisipaliteit soos ons s’n het
egter nie die vermoë om dit saam met ander toelae vir kapitaalprojekte
te bestee nie en verbeur telkens van die geld.”