Ek kry nou die dag in die mail 'n waarskuwing dat mense jou nooi om 'n
nuwe parfuum te ruik. Dis egter geen parfuum nie, maar iets wat jou
laat uitpass. Dan rape hulle jou, of vat jou goed.
Die mail vra dat jy dit moet stuur aan almal wat jy ken.
Is dit iemand wat wag om te kyk hoe lank dit vat om sy eie mail terug
te kry, of is dit waar? Dan's daar tog beter maniere om mense te
waarsku as om buitelanders te spam...???
Saterdag was die Internasionale Geen Prostitusie Dag.
Van die mans was verwag om geld aan die prostitute te gee, maar om geen
teenprestasie te eis nie.
Annette
Die afgelope week was ons toe mos vertel wat is glo die snaakste grap. Oor
die naweek moes ons toe hoor dat Suid-Afrikaanse en Afrikaanse grappe nie in
aanmerking geneem is nie.
Hier is die SA weergawe van die snaakste grap:
Mike en Kallie gaan jag. Terwyl hulle so deur die bosse dwaal op soek na
wild, kom daar 'n wulpse blondine agter 'n boom uitgestap.
Mike: "Is jy game?"
Blondine: "Ja"
Toe skiet Mike haar,
Waar kan ek informasie kry oor hofsake van die afgelope paar jaar. Ek het
informasie wat baie kan help om die skuldige aan die pen te laat ry. (vir
persoonlike redes natuurlik) . Die saak is reeds afgehandel maar ek weet die
persoon het gelieg.( Ek was nie betrokke by die saak nie, Snaaks hoe die
wiel draai, die perd het my gedreig met die "heavies" (dis nou krag-ape wat
jou bene breek) en nou voel ek dat hulle maar sy "o-ring size" moet gaan
vergroot daar in die tjoekie. Vir die wat weet , dit handel oor die dominee
wat dood verongeluk het in die oggendure naby Sunnyside so twee jaar gelede
(van die Hervormde kerk) . Hy was van Krugersdorp. Sal miskien bietjie more
na daardie geweste bel om name te kry, tensy iemand hier iets weet.
Iewers in die geheue van my ou skooldae onthou ek 'n gedig van "Eerste Liefde"
maar ek het nou die digter en woorde vergeet. Gloudina of iemand help
asseblief!
Vanmiddag, net na 3, het daar 'n persoon van die Dept van Arbeid se Kaapse
kantoor op RSG gepraat oor die nuwe wetgewing t.o.v. huishulpe.
Hierdie persoon het 'n onbekende soort Afrikaans gepraat. Behalwe vir die
gebruik van s aan die begin van 'n woord, is al die ander esse as z
uitgezpreek. Keer op keer iz aan onz vertel van die huizhoudingz en
huizwerkerz.
Baie eienaardig.
Annette
Een van die geheimsinnigste politieke begrippe wat die afgelope jare
die lig gesien het, is dié van "deelword van die meerderheid". Eers
was dit prof. Willie Esterhuyse wat dit gepropageer het, toe is dit
oorgeneem deur dr. Willem de Klerk, asook mnr. Ton Vosloo. In vandag
se Sondagkoerant skryf Max du Preez weer eens dat die
Afrikanerminderheid se oorlewing afhang daarvan of hulle hul kan skaar
by die meerderheid, en die verdeling tussen "ons" en "hulle" kan
ophef.
Hoe 'n mens te werk gaan as jy reeds "deel is van die meerderheid", is
Ân ander vraag. Maar die onmiddellike probleem van hoe 'n mens
aansluit by die meerderheid, intrigeer my meer.
Die voorstanders van meerderheidsintegrasie is effe suinig met
definisies. Daarom weet 'n mens nie of die meerderheid in etniese,
rasse- of politieke terme gesien moet word nie. Miskien behels dit
iets van aldrie.
Gestel nou 'n lid van ons Bruin-Afrikanerminderheid of selfs `n
blanke-Afrikaner, voel hom- of haarself geneë om deel te word van die
meerderheid. Hoe kom so 'n pelgrim na meerderheidstatus by sy
bestemming uit? Hoe pak 'n mens die reis na die meerderheid aan?
In Kafka se verhaal "Die Verwandlung" verander 'n man in 'n insek, en
sluit sodoende aan by die groot meerderheid van insekte in die wêreld,
maar dit is 'n proses waaroor hy geen beheer het nie. In die geval
van 'n meerderheidspelgrim is dit 'n metamorfose wat hy uit vrye keuse
oor homself uitroep.
Vermoedelik is Afrikanerskap as sodanig nie bevorderlik vir
meerderheidslidmaatskap nie. Mnr. Ton Vosloo het immers gesê dat die
woorde "Afrikaner" en "volk" selfs aanstoot gee. 'n Eerste stap vir
ons meerderheidspelgrim sou dus wees om homself te beskryf as Ân
"Suid-Afrikaner".
Maar is 'n Suid-Afrikaner wat Afrikaans praat en skryf nie nog steeds
iets van 'n Afrikaner nie? Soos ons gesien het by die Saartjie
Baartman-begrafnis waar al die inheemse volke Engels gepraat het,
behoort elke ware Suid-Afrikaner eerder die Rooitaal sy eie te maak.
In die eerste fase van sy metamorfose het ons meerderheidspelgrim dus
beide Afrikaans en Afrikanerskap afgesweer. Maar is dit genoeg? Het
hy nie nou maar van Afrikaner tot blanke of Bruin Engelssprekende
gevorder nie? As mens kyk na die behandeling wat die blanke Engelse
boere van Zimbabwe te beurt geval het, dan is dit allermins genoeg om
Ân setel in die meerderheidskraal te bekom. Dus behoort ons
meerderheidspelgrim ook ten minste Xhosa aan te leer.
Dit mag 'n moeilike opdrag wees, aangesien die studie van Afrikatale
sedert 1994 blykbaar geweldig afgeneem het. Aan vele universiteite is
sulke departemente gesluit en soos die skrywer Zakes Mda, wat sekerlik
aanspraak kan maak op meerderheidstatus, dit stel, "voel hy gemakliker
in Engels". Maar iewers is daar waarskynlik nog iemand wat Xhosa
doseer, 'n soort oorblyfsel uit die apartheidsjare, en sou ons pelgrim
hom dus kon toerus met 'n kennis van dié taal wat deur die magtigste
etniese groep in die land gepraat word.
Terwyl hy lede van die meerderheid links en regs rondom hom "molo" en
"sala kahle", kan ons persoon met sy dringende behoefte om deel te
word van die meerderheid, gerus vir 'n oomblik asem skep en homself
afvra in welke mate hy suksesvol was. In enkele opsigte het hy
vordering gemaak, want hy is lank nie meer 'n Afrikaner nie, probeer
ook nie Afrikaans in die openbaar praat nie, stuur nie sy kind na Ân
Afrikaanse skool nie, en praat hy nou al baie Engels en Xhosa, maar is
dit genoeg?
Ân Lid van die meerderheid stem kwalik vir die DA of die
Vryheidsfront. Dus behoort ons meerderheidspelgrim onverwyld Ân
lidmaatskapkaart van die ANC te bekom. Daar kan geen opregter blyk
van meerderheidswording wees as om lid te word van die ANC nie.
Honderde blanke Engelse intellektuele soos Gloudina het dit reeds jare
gelede besef.
Mnr. Max du Preez het 'n tyd gelede gemeen dat blankes na die swart
woonbuurtes behoort te trek. Intussen woon hy self nog in Melville,
as ek dit nie mis het nie, maar 'n vasberade meerderheidspelgrim sou
nie sy persoonlike veiligheid of dié van sy familie in die pad laat
staat van sy ideaal nie en dus eiendom bekom in Alexandra of Soweto.
Hier mag 'n dilemma ontstaan, want gegoede lede van die meerderheid
verkies inderdaad om in voormalige blanke woonbuurtes te woon, hul
kinders na voormalige blanke skole te stuur, in voormalige blanke
buurte inkopies te doen, ensovoorts. Veral diegene met politieke en
ekonomiese mag wat ons meerderheidspelgrim graag sou wou beïndruk,
woon lank nie meer in swart woonbuurtes nie. Miskien skiet ons
pelgrim dus maar 'n muntstuk op. Kruis, en dis Houghton saam met mnr.
Nelson Mandela, of munt, en dis Soweto saam met mev. Winnie Mandela.
Maar om in Reigerpark of op die Vlakte tussen onse mense te kom bly is
nie eers `n opsie nie.
Slegs 'n naïeweling sou beweer dat meerderheidstatus nie ook iets met
ras te make het nie. 'n Mens mag Engels praat, en selfs Xhosa, in
Soweto woon, maar soos Max du Preez dit stel, beskik jy nog steeds oor
daardie argetipiese teken van minderheidstatus in Afrika, die "wit
vel" of soos ons `n te ligte bruin vel. Hoe nou gemaak? Gelukkig is
daar kitssonbruinmiddels op die mark wat gewoonlik onder Franse
handelsmerke verkoop word, maar 'n mens sal baie daarvan, en dikwels,
moet aansmeer om op straat geredelik as lid van die meerderheid geëien
te word en dan lyk jy eerder goudkleurig as donkerbruin.
Dan is daar nog iets wat mens die geestelike dimensie sou kon noem.
Dit is bekend dat lede van die meerderheid waarde heg aan hul
voorvaders, en rituele daar rondom. Indien ons meerderheidspelgrim
dus werklik wil inpas, sal hy onverwyld ook die naaste sangoma of
injanga moet betrek by sy pogings om te integreer by die numeries
dominante wêreldbeskouing. Hy sal gesien word met 'n bokvelarmband om
sy pols wat hy vir weke nie mag verwyder nie ná hy offerandes gebring
het aan sy voorvaders.
Of miskien behoort hy nie offerandes aan sý voorvaders te bring nie,
want in 'n sekere sin was hulle minderheidsvoorvaders wat boonop die
meerderheid se voorvaders onderdruk het, iets waaroor laasgenoemde
sonder twyfel nog sterk die josie in is. En sover ek verstaan
veroorsaak woedende voorvaders allerlei moleste, waarna hulle gepaai
moet word met nog meer offerandes.
Benewens die afleer van Afrikaans en die aanleer van Engels en Xhosa,
wil dit my voorkom asof ons pelgrim baie beeste sal moet slag alvorens
hy werklik sal kan deel voel van die meerderheid. En as lede van die
meerderheid hom uiteindelik nog op rassegronde verwerp, iets waarvan
daar vele voorbeelde regdeur Afrika bestaan, sou hy tereg kon vra:
was dit alles die moeite werd?
----------------------------------------------
October 4 2002
Melbourne has been declared the near-perfect town after being rated the best
city in the world to call home.
In a survey of 130 cities, the Economist Intelligence Unit rated Melbourne
and Vancouver in Canada as the best cities in the world in which to live,
with Perth ranked third and Sydney, Brisbane and Adelaide tied in eighth
place.
Papua New Guinea's capital Port Moresby was rated the worst.
The London-based EIU assessed the level of hardship for expatriates in the
130 cities, focussing on 12 factors including housing, education,
recreational activities and climate.
Not surprisingly, Melbourne's weather prevented it earning a perfect score
of zero, with the Victorian capital and Vancouver scoring one point, Perth
two and Sydney, Adelaide and Brisbane all on four.
Sydneysiders won't agree, but Melbourne's weather, based on humidity rather
than rain and temperature, was adjudged better.
And while Sydney received a near-perfect score in all categories, its high
level of violent crime, on a par with New York and London, cost it points.
"Really we found very little wrong with Melbourne, it's just about the
perfect city," said Bill Ridgers, editor of the EIU's Cost of Living survey.
"It got a perfect score in every single category we looked at, apart from
slight faults in its humidity and the availability of recreational
activities, but that's really splitting hairs."
Cities were rated one to five in the 12 categories, with one at 0 per cent
meaning there was no hardship and five, at 100 per cent, indicating extreme
hardship.
Sydney earned a two for violent crime, the same as New York and London,
while Port Moresby scored five.
Melbourne received 1.1 for recreational activities, falling down on the
availability of concerts and theatre, while Sydney earned one, but Perth
received the lowest score of the five Australian cities surveyed.
The survey was split into three categories with the health and safety
section rating the threat of violent crime, the threat posed by terrorism or
armed conflict and a health and disease assessment.
Culture and environment looked at the availability of nightclubs,
restaurants, sporting events, sporting facilities, theatres, cinemas and
concerts, as well as studying climate, levels of corruption and the
availability of consumer goods and services.
The infrastructure section ranked transport, housing, education and
utilities.
Ridgers said although the survey was based on expats' experiences, the
factors were broad enough to apply to locals as well.
London was joint 44th on 13 points along with Hong Kong, Lisbon, Madrid and
San Francisco, while New York was 52nd on 16, equal with Dublin.
Canada performed strongly with Toronto equal fourth with Vienna, Geneva and
Zurich, while Montreal joined Sydney, Brisbane, Adelaide, Copenhagen,
Dusseldorf, Frankfurt and Oslo in eighth and Calgary was ranked 16th.
New Zealand cities Auckland and Wellington were both ranked 24th.