Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Geloofsgenesing

Di., 08 Oktober 2002 09:31

Enigiemand hier wat ondervinding daarvan het - persoonlik of familie en
vriende?
Was die geloofsgenesing suksesvol en blywend sonder enige ander medikasie?
As die vriend of familielid dood is omdat sy/hy geglo het hulle hoef nie
meer medikasie te geneem het nadat hulle gesond gebid is nie, is die dood
gedeeltelik die geloofsgeneser se skuld?

Annette

Geloof & kerksake | 20 kommentare

z woorde

Ma., 07 Oktober 2002 18:03

hallo almal

Is daar in Afrikaans wel woorde wat met 'n z word geskryf??
Ek het 'n Afrikaans lettris van die net afgelaai en hulle het so baie z in
die game, dat daar 'n woord met 'n z sal moet wees!!!!

Groete Rico

Afrikaans, ons taal | 4 kommentare

Testing from Brisbane

Ma., 07 Oktober 2002 17:35

Alles nog reg hier?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Nederland

Ma., 07 Oktober 2002 14:41

Prins Claus, die koning van Nederland, is gisteraand na 'n lang siekbed oorlede.

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

Parfuum snuifery - waar of wolhaar?

Ma., 07 Oktober 2002 14:33

Ek kry nou die dag in die mail 'n waarskuwing dat mense jou nooi om 'n
nuwe parfuum te ruik. Dis egter geen parfuum nie, maar iets wat jou
laat uitpass. Dan rape hulle jou, of vat jou goed.

Die mail vra dat jy dit moet stuur aan almal wat jy ken.

Is dit iemand wat wag om te kyk hoe lank dit vat om sy eie mail terug
te kry, of is dit waar? Dan's daar tog beter maniere om mense te
waarsku as om buitelanders te spam...???

Max___________________________________________________

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Het Julle Jul deel Saterdag gedoen?

Ma., 07 Oktober 2002 06:44

Saterdag was die Internasionale Geen Prostitusie Dag.
Van die mans was verwag om geld aan die prostitute te gee, maar om geen
teenprestasie te eis nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Internasionale Grap

Ma., 07 Oktober 2002 05:06

Die afgelope week was ons toe mos vertel wat is glo die snaakste grap. Oor
die naweek moes ons toe hoor dat Suid-Afrikaanse en Afrikaanse grappe nie in
aanmerking geneem is nie.
Hier is die SA weergawe van die snaakste grap:
Mike en Kallie gaan jag. Terwyl hulle so deur die bosse dwaal op soek na
wild, kom daar 'n wulpse blondine agter 'n boom uitgestap.
Mike: "Is jy game?"
Blondine: "Ja"
Toe skiet Mike haar,

Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Ou hofsake

So., 06 Oktober 2002 19:43

Waar kan ek informasie kry oor hofsake van die afgelope paar jaar. Ek het
informasie wat baie kan help om die skuldige aan die pen te laat ry. (vir
persoonlike redes natuurlik) . Die saak is reeds afgehandel maar ek weet die
persoon het gelieg.( Ek was nie betrokke by die saak nie, Snaaks hoe die
wiel draai, die perd het my gedreig met die "heavies" (dis nou krag-ape wat
jou bene breek) en nou voel ek dat hulle maar sy "o-ring size" moet gaan
vergroot daar in die tjoekie. Vir die wat weet , dit handel oor die dominee
wat dood verongeluk het in die oggendure naby Sunnyside so twee jaar gelede
(van die Hervormde kerk) . Hy was van Krugersdorp. Sal miskien bietjie more
na daardie geweste bel om name te kry, tensy iemand hier iets weet.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gedig "Eerste Liefde"?

So., 06 Oktober 2002 18:47

Iewers in die geheue van my ou skooldae onthou ek 'n gedig van "Eerste Liefde"
maar ek het nou die digter en woorde vergeet. Gloudina of iemand help
asseblief!

Colin

Prosa & poësie | 15 kommentare

Multilingual on-line translation dictionary with small Afrikaans vocabulary

So., 06 Oktober 2002 17:34

[en]

A web version of the multilingual translation dictionary Ergane is now
available at www.majstro.com.

It has currently an Afrikaans vocabulary of 6307 words.

[eo]

Reta versio de la multlingva tradukvortaro Ergane estas nun disponebla je
www.majstro.com.

Ghi havas nuntempe albanan vorttrezoron de 6307 vortoj.

[nl]

Een webversie van het veeltalige vertaalwoordenboek Ergane is nu beschikbaar
op www.majstro.com.

Het heeft momenteel een Afrikaanse woordenschat van 6307 woorden.

Gerard van Wilgen

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    689  690  691  692  693  694  695  696  697  698  699  700  701  702  703  704    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 08:32:14 UTC 2026