Ek lees DD sê mens eet nie pap met brood nie.
Hy is verkeerd.
'n Stuk stywepap met suiker tussen twee snye boerbrood is 'n gewilde
Vrystaatse toebroodjie.
Vanoggend was die wêreld spierwit can die sneeu - die eerste wat ons hierdie
winter beleef. Ook die vroegste wat ek sneeu sien sedert ons ses jaar gelede
hierheen gekom het. Ons het tot vervelens toe van die weerburo waarskuwings
gekry oor die naderende winterstorm - oor die radio, TV en per e-pos. Toe
tref dit ons nie heeltemal nie; ook maar gelukkig. Nogtans was dit pragtig
om vanoggend by die venster uit te kyk en alles so spierwit te sien. Langs
die pad was die dennebome vol sneeu, en die kaal swart takke van die bome
het elkeen so 'n wit lagie op gehad, kompleet of iemand die buitelyne
nagetrek het met wit. Sommige huise het reeds Kersfeesliggies in hulle
voortuine, en so met die sneeu en die skielike koue voel dit meer na
Kersfees as 'n week gelede, en ek het my CDs met Kersfeesmusiek uitgehaal en
heeldag op my rekenaar in die kantoor gespeel. Gelukkig is niemand anders
naby my kantoor nie!
Môre is dit Thanksgiving in die VSA; Kanada het reeds hulle s'n gehad. Ons
sal in New York by die nuwe skoonfamilie kuier. In Manhattan, waar die
voorspelling is dat die temperatuur net 20 F sal wees - sommer heelwat onder
vriespunt. Ek kry die mense wat aan Macy's se groot Thanksgivingoptog
deelneem bitter jammer. Veral dié wat skamel geklee deelneem, soos die
dansers.
Lyk my mens moet nou net by die grenspos by Zimbabwe uitkom, dan kan mens
brandstof koop van die Zimbabwiërs wat tot meer as R1 per liter goedkoper
is .
En hier sit ons en dink dat hulle nie eers brandstof daar het nie.:))
Hoekom kan Afrikaners nie van mekaar verskil sonder om mekaar te beskuldig
van
- onnoselheid
- lafhartigheid
- smerigheid
- k****boeties
- praters van k**
... las maar self by.
Hoekom nie 'n ander persoon die reg op sy standpunt gun nie, sonder om te
probeer om hulle tot my eie persoonlike wêreld te probeer omhaal of afdreig?
Die laaste paar weke het dit vir my gelyk of die nuusgroep degenereer tot 'n
vlak van kleinlike beskuldigings en aantygings, vliegafvangery en
persoonlike venyn. As dit dan ons omgang met mekaar moet karakteriseer begin
ek iets van Breyten se optrede verstaan.
> Hoekom kan Afrikaners nie van mekaar verskil sonder om mekaar te beskuldig
> van
> - onnoselheid
> - lafhartigheid
> - smerigheid
> - k****boeties
> - praters van k**
> ... las maar self by.
>
> Hoekom nie 'n ander persoon die reg op sy standpunt gun nie, sonder om te
> probeer om hulle tot my eie persoonlike wêreld te probeer omhaal of afdreig?
>
> Die laaste paar weke het dit vir my gelyk of die nuusgroep degenereer tot 'n
> vlak van kleinlike beskuldigings en aantygings, vliegafvangery en
> persoonlike venyn. As dit dan ons omgang met mekaar moet karakteriseer begin
> ek iets van Breyten se optrede verstaan.
>