Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

KONFEDERALE VRYHEIDSPLAN

Wo., 25 Desember 2002 11:39

Die KP se Konfederale Vryheidsplan berus op vier bene:

1.EENDRAGTIGHEID

Ons moet die verdeeldheid in Afrikaner geledere uitwis.Dit is tyd dat
Afrikanerleiers hande vat en volksbelang bo eie belang of partypolitieke
belang stel.Dit is ook belangrik dat ons volk self verantwoordelikheid begin
neem vir sy toekoms deur betrokke te raak.Alleen so kan werklike eendrag
verkry word en sal leiers wat bereid is om op te offer ter wille van
volksbelang, uiteindelik na vore kom.
Hierdie eendragtigheid glo ons kan gebou word rondom daardie beginsels wat
ons met mekaar deel,soos:
minderheidsregte,die behoefte aan gemeenskapsbeveiliging
gesondheidsorg,werkskepping,ens..
Die aanvaarding moet wees dat ons gesamentlik sal poog om hierdie regte af
te dwing terwyl daardie partye/organisasies wat strewe na volle
soeweriniteit in 'n eie vaderland,toegelaat word om hulle daarvoor te beywer
veral nadat minderheidsregte verkry is.

2.INTERNE OUTONOMIE

Interne outonomie behels dat 'n volk,ongeag waar hy woon,self sy
volkshuishouding kan inrig betreffende daardie sake wat hom ten nouste raak.

3.ALLIANSIEVORMING

Die KP is ten gunste van alliansievorming met partye uit ander volke.

4.VOLLE SOEWEREINITEIT

'n Onafhanklike vaderland bly steeds vir die KP die uiteindelike
ideaal.Hierin kan ons toegelaat word om onsself te regeer ooreenkomstig ons
eie waardes en tradisies.

Hierdie stuk is in 'n neute-dop saamgevat en die volledige
plan kan vanaf die KP verkry word by hulle e-pos:
kpv...@lantic.net
of van my persoonlik:Paul van Straaten
pau...@lantic.net

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

PLAKKERS OP MODDERKLIP BOERDERY

Wo., 25 Desember 2002 10:04

Die S.A. regstelsel het vir 'n tweede keer uitspraak ten gunste van
mnr.Braam Duvenhage gegee in sy jarelange
stryd om van die groeiende plakkersdorp op sy grond ontslae te raak.
Die regter se opsomming spel op presiese wyse die regering se rol uit om aan
daardie plakkerdorp te laat voortbestaan.Die regeringsbeleid maak geen
voorsiening vir 'n plakker hervestiging met die gepaardgaande onkostes nie.
Daarenteen moet alle grondeienaars in SA die hoed hoog lig vir 'n man soos
Braam Duvenhage vir sy uithou vermoe in hierdie uitmergelende stryd.Sy
optrede is 'n voorbeeld vir almal.
Die regering staan voor 'n toets van sy eie integriteit.Indien
hierdie hofuitspraak weer verontagsaam word,dan kan ons met groot sekerheid
die grondroof in Zimbabwe ook hier verwag.Dit sal die sein aan grondrowers
wees om voort te gaan en ook 'n sein aan beleggers dat SA te riskant is vir
beleggersvertroue.
Hierdie voortekens van anargie kan voorkom word as nie net die grondeienaars
nie,maar ook die Afrikaner teen wie die grondroof hoofsaaklik gemik
is,eendragtig sou saamstaan om volksgenote by te staan wanneer sulke gevalle
van "staats-toegelate-grondroof" gebeur!

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Drom slaanl sy drom in Riversdal

Di., 24 Desember 2002 18:31

Hy sê hello aan almal ........................
--

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Geseënde Kensfees

Di., 24 Desember 2002 17:43

Beste nuusgroeplesers

Ek wil julle almal 'n geseënde Kersfees toewens en hoop dat vir almal 2003
vir almal beter is as 2002.
Ek wens verder vir vrede en dat Georgie se oë op Irak nie die wêreld in nog
'n krisis sal dompel nie.

Groete

-Gideon-

--
Musiek Blad - www.oocities.org/giepievz

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

zalig kersfees

Di., 24 Desember 2002 17:30

http://web.icq.com/shockwave/0,,4845,00.swf
Nog een leuke kersaand vanuit Vlaandere

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kerswense.

Di., 24 Desember 2002 15:00

Mag die vrede en liefde van ons Hemelse Vader ons oorval.Hiermee wens ek
almal(vriend en vyand) 'n vreedsame Christus fees toe.Vir diegene wat weg
gaan,ry
veilig en vir diegene wat tuis bly,geniet dit...dis die veiligste.
Groete

Paul van Straaten

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Rustige dae

Di., 24 Desember 2002 05:46

Ek wens almal hier twee rustige dae toe - sien julle weer oor die naweek.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ou "Jonas"...

Ma., 23 Desember 2002 20:27

... ek het jou (gewoonlik silly) reaksies bietjie dopgehou en na die
inhoud gekyk en weet jy wat? Jy is glad nie "naby aan my" nie.
Jou reaksies en menings pas in die joernalistieke omgewing soos 'n
draadkar in 'n grand prix.
Jy het duidelik geen insig eers in hoe 'n koerant werk nie, laat staan
nog die intellektuele omgewing wat dit skep.
So, sorry ou Klipdrif-suiger, jy's uitgevang.
Nie aleen 'n dik lafaard nie, maar ook 'n liegbek, he?

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Vir Almal

Ma., 23 Desember 2002 10:33

Aan al die mense op hierdie NG wens ek vir julle 'n geseënde Kerfees, met
baie ligt en vrede.

En natuurlik wens ek vir almal 'n gesonde en goeie 2003.

Liefde van hier
Rico

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Wat van 2002

Ma., 23 Desember 2002 08:23

sal dit vir jou 'n onvergeetlike jaar maak?

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    653  654  655  656  657  658  659  660  661  662  663  664  665  666  667  668    »]
Tyd nou: Sa. Jan. 17 11:32:40 UTC 2026