In Vrydag se M&G is daar 'n artikel oor die netocrats.
Dit is die breinkind van die twee filosowe Jan Soderqvist en Alexander Bard,
waar hulle dink dat ons besig is met 'n rewolusie sonder dat ons dit besef ,
gelykstaande aan die industriële rewolusie, wat tot gevolg sal hê dat aparte
regerings vir verskillende nasies sal verdwyn.
Hulle beweer dat internasionale groepe op die internet gevorm word waar
mense dieselfde menings en sienings huldig, en dat hierdie groepe die
uiteindelike drukgroepe en sal word wat sal bepaal wat gedoen sal word, nie
regerings nie.
Ek hou sommer baie van die idee, en my verbeelding maak wilde vlugte;))
Enigeiemand met ondervindnig van snoeker / "pool" tafels? Is daar meriete
daarin om te se dt n mens nie kleiner as 1/2 moet koop nie, die 1/3, pool en
1/4 groottes is meer n frustrasie as n plesier? Indien wel het ek n
probleem, gegewe die grootte van die vertrek, maar n plan kan gemaak word
(wie het ander meubels nodig?) Waarna moet n mens nog kyk, i.e. n "slate"
blad sodat dit nie skeef trek nie ens ens
Opinies/raad/advies welkom, kritiek soos betaal apteek-rekening of bele die
geld vir die kinders se toekomes is nie nou nodig nie ;-)
Dankie baie
Joeboy
--
I've taken a vow of poverty.
To annoy me, send money.
Angola vra dat die blanke boere van Zimbabwe daar moet kom boer.
Die vuur in Kampsbaai is uiteindelik geblus.
'n Duitser is op die R300 vermoor. 'n Vriend help die weduwee om die garage
skoon te maak, en kom af op 'n krat vol vuurwapens en vuurpyle. Die saak
word verder ondersoek en nog vele ander kratte met vuurwapens wat aan die
oorledene behoort word in Die Strand opgespoor. Na 'n "ondersoek" word
verklaar dat die wapens wettig in die land is.
Die man was geskiet toe hy in sy motor naby Delft geparkeer was. 'n Vriend
het 'n tas met R 350 000 uit die motor gered.
Hierdie hele storie stink ten hemele.
Snippie is 4 jaar gelede dood, en ek het vandag weer vir die eerste keer 'n
hondjie gesien wat ek weet myne moet wees.
Ietwat van 'n probleem hier by die woonstel, en dit is 'n pavement special,
so ek het nie die vaagste benul hoe groot sy gaan word nie, alhoewel sy die
kleinste van die werpsel is.
Ek is seker ek sal 'n plan kan maak.