Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Snoeker tafel
Snoeker tafel [boodskap #71796] So, 12 Januarie 2003 05:18 na volgende boodskap
Joe de Beer  is tans af-lyn  Joe de Beer
Boodskappe: 20
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hi daar

Enigeiemand met ondervindnig van snoeker / "pool" tafels? Is daar meriete
daarin om te se dt n mens nie kleiner as 1/2 moet koop nie, die 1/3, pool en
1/4 groottes is meer n frustrasie as n plesier? Indien wel het ek n
probleem, gegewe die grootte van die vertrek, maar n plan kan gemaak word
(wie het ander meubels nodig?) Waarna moet n mens nog kyk, i.e. n "slate"
blad sodat dit nie skeef trek nie ens ens

Opinies/raad/advies welkom, kritiek soos betaal apteek-rekening of bele die
geld vir die kinders se toekomes is nie nou nodig nie ;-)

Dankie baie
Joeboy
--
I've taken a vow of poverty.
To annoy me, send money.
Re: Snoeker tafel [boodskap #71797 is 'n antwoord op boodskap #71796] So, 12 Januarie 2003 05:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons het vir my broer 'n snoekertafel present gegee. Volle grote.
Dit is baie belangrik dat jy 'n blad het wat nie kan skeeftrek nie, en dat
die tafel gelyk staan .
Die tafel staan in die braaivleiskamer, en het ook 'n beskermde blad, wat as
tafeltennisblad diens doen.
Dus word die tafel gebruik vir baie gesellige en genotvolle
ontspanningsuurtjies - om snoeker en tafeltennis op te speel, sowel as om by
te eet.
Die twee kinders het ook elkeen haar eie snoekerstok, en dit help om veral
die een voor die televisie weg te kry, en beide in hul konsentrasie-,
ontledings- en interaktiewespeelvermoë

In kort:
Ja.
:))

Annette

"Joe de Beer" skryf in boodskap news:avqtt0$a7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hi daar
>
> Enigeiemand met ondervindnig van snoeker / "pool" tafels? Is daar meriete
> daarin om te se dt n mens nie kleiner as 1/2 moet koop nie, die 1/3, pool en
> 1/4 groottes is meer n frustrasie as n plesier? Indien wel het ek n
> probleem, gegewe die grootte van die vertrek, maar n plan kan gemaak word
> (wie het ander meubels nodig?) Waarna moet n mens nog kyk, i.e. n "slate"
> blad sodat dit nie skeef trek nie ens ens
>
> Opinies/raad/advies welkom, kritiek soos betaal apteek-rekening of bele die
> geld vir die kinders se toekomes is nie nou nodig nie ;-)
>
> Dankie baie
> Joeboy
> --
> I've taken a vow of poverty.
> To annoy me, send money.
>
Re: Snoeker tafel [boodskap #71798 is 'n antwoord op boodskap #71796] So, 12 Januarie 2003 05:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pwbotha[3]  is tans af-lyn  pwbotha[3]
Boodskappe: 41
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Volle Lid
Hiers 'n nice link

http://www.lectron.co.za/setup.html

"Joe de Beer" skryf in boodskap news:avqtt0$a7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hi daar
>
> Enigeiemand met ondervindnig van snoeker / "pool" tafels? Is daar meriete
> daarin om te se dt n mens nie kleiner as 1/2 moet koop nie, die 1/3, pool en
> 1/4 groottes is meer n frustrasie as n plesier? Indien wel het ek n
> probleem, gegewe die grootte van die vertrek, maar n plan kan gemaak word
> (wie het ander meubels nodig?) Waarna moet n mens nog kyk, i.e. n "slate"
> blad sodat dit nie skeef trek nie ens ens
>
> Opinies/raad/advies welkom, kritiek soos betaal apteek-rekening of bele die
> geld vir die kinders se toekomes is nie nou nodig nie ;-)
>
> Dankie baie
> Joeboy
> --
> I've taken a vow of poverty.
> To annoy me, send money.
>
Re: Snoeker tafel [boodskap #71804 is 'n antwoord op boodskap #71796] So, 12 Januarie 2003 08:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 12 Jan 2003 07:18:29 +0200, "Joe de Beer" wrote:

> Hi daar
>
> Enigeiemand met ondervindnig van snoeker / "pool" tafels? Is daar meriete
> daarin om te se dt n mens nie kleiner as 1/2 moet koop nie, die 1/3, pool en
> 1/4 groottes is meer n frustrasie as n plesier? Indien wel het ek n
> probleem, gegewe die grootte van die vertrek, maar n plan kan gemaak word
> (wie het ander meubels nodig?) Waarna moet n mens nog kyk, i.e. n "slate"
> blad sodat dit nie skeef trek nie ens ens
>
> Opinies/raad/advies welkom, kritiek soos betaal apteek-rekening of bele die
> geld vir die kinders se toekomes is nie nou nodig nie ;-)
>
> Dankie baie
> Joeboy

Siende dat ek 'n snoekersaal aan my huis laat bou het en 'n
kompetisietafel laat installeer het, behoort ek jou met redelike
gesag te kan antwoord. Ek wonder egter of jy weet waarvan jy
praat want 'n snoekertafel en 'n poeltafel is alles behalwe dieselfde.
En vreeslik graag sal ek wil weet of Annette weet waarvan sy praat
wanneer sy sê dat hulle 'n snoekertafel van volgrootte vir haar broer
gegee het. Is jy seker van wat jy sê Annette?

Toe ek laat bou het, het ek in Engelse en nie in Metriese mates laat
bou so ek sal jou daarvolgens antwoord.
Die absoluut minimum grootte wat jou vertrek mag wees is 16' X 22'.
Ek het 18' X 22' laat bou wat dit 'n gemaklike saal maak. Daar kan
geen ander meubels in pas nie, afgehandel.

Die blad sál van leiklip wees (en nié marmer soos sommige onkundiges
dink nie.) Soos reeds gesê het ek 'n kompetisietafel laat installeer.
Sommige deelnemers aan die SA kampioenskappe oefen by my.

Die enigste verskil tussen 'm kompetisietafel en gewone volgrootte
tafel is dat die kompetisietafel se gate 1/8" kleiner is. Dit is die
tafel waarop wêreld uitdunne en kampioenskappe gespeel word.

Ek het 'n Union Billiards tafel geinstalleer wat sowat 2 ton weeg.

Die blad moet gereeld geborsel en gestryk word. En indien jy ernstig
is oor snoeker speel jy nie op die goedjies wat met 'n bakkie na jou
huis gery word en ingedra word nie. En nou kwoteer ek Pierre Mans
(ex SA kampioen) wat bereid was om by my huis te speel maar nie by die
huis van 'n vriend met 'n driekwart tafel nie. Die hoeke waarmee jy
die balle sny is soveel anders op 'n klein tafel dat jy net nie daarop
speel indien jy ernstig speel nie.

Die grootte van 'n vol tafel is 6' X 12'.

Indien jy 'n snoekertafel het moet jy 'n onbeskofte mens of ten minste
'n effe moeilike mens wees want ander wil snoekerspelers van jou
snoekersaal 'n klub maak. Mense wat 'trickshots' speel en mense wat
lyfbande met staalgespes dra, laat jy nie binne vyf meter van jou
tafel toe nie. Hulle beskadig die materiaal en hout.

Die installering van 'n snoekertafel is 'n profesionele taak en moet
deur 'n kundige gedoen word want dit moet perfek waterpas wees.

Indien jy van 'n tafeltjie wat jy by Russels koop praat, ignoreer die
brief.

DD
Re: Snoeker tafel [boodskap #71809 is 'n antwoord op boodskap #71804] So, 12 Januarie 2003 10:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee ek praat nie van so 'n tafeltjie nie.
Ek sal die ding gaan meet - maar sover ek weet is dit hel swaar, en dit is
elke keer ( die eerste keer met die aankoop, die tweede keer na dit na die
nuwe huis vervoer is) deur die vervaardiger waterpas gemaak.
Hier in die Kaap is ons braaikamers groot genoeg - ons hoef nie sale aan te
bou nie:))
Nietemin - as dit nou kleiner sou wees ( sê byv 5' x 11') wat maak dit saak
aan die feit dat ek vir Joe wou sê dis okei om speelgoed te koop ipv
versekering?:))

Annette

"DD" skryf in boodskap news:9p622vg23najt1t1ul7uu788luv4lstb65@4ax.com...
> On Sun, 12 Jan 2003 07:18:29 +0200, "Joe de Beer"
> wrote:
>
>> Hi daar
>>
>> Enigeiemand met ondervindnig van snoeker / "pool" tafels? Is daar meriete
>> daarin om te se dt n mens nie kleiner as 1/2 moet koop nie, die 1/3, pool en
>> 1/4 groottes is meer n frustrasie as n plesier? Indien wel het ek n
>> probleem, gegewe die grootte van die vertrek, maar n plan kan gemaak word
>> (wie het ander meubels nodig?) Waarna moet n mens nog kyk, i.e. n "slate"
>> blad sodat dit nie skeef trek nie ens ens
>>
>> Opinies/raad/advies welkom, kritiek soos betaal apteek-rekening of bele die
>> geld vir die kinders se toekomes is nie nou nodig nie ;-)
>>
>> Dankie baie
>> Joeboy
>
> Siende dat ek 'n snoekersaal aan my huis laat bou het en 'n
> kompetisietafel laat installeer het, behoort ek jou met redelike
> gesag te kan antwoord. Ek wonder egter of jy weet waarvan jy
> praat want 'n snoekertafel en 'n poeltafel is alles behalwe dieselfde.
> En vreeslik graag sal ek wil weet of Annette weet waarvan sy praat
> wanneer sy sê dat hulle 'n snoekertafel van volgrootte vir haar broer
> gegee het. Is jy seker van wat jy sê Annette?
>
> Toe ek laat bou het, het ek in Engelse en nie in Metriese mates laat
> bou so ek sal jou daarvolgens antwoord.
> Die absoluut minimum grootte wat jou vertrek mag wees is 16' X 22'.
> Ek het 18' X 22' laat bou wat dit 'n gemaklike saal maak. Daar kan
> geen ander meubels in pas nie, afgehandel.
>
> Die blad sêl van leiklip wees (en nié marmer soos sommige onkundiges
> dink nie.) Soos reeds gesê het ek 'n kompetisietafel laat installeer.
> Sommige deelnemers aan die SA kampioenskappe oefen by my.
>
> Die enigste verskil tussen 'm kompetisietafel en gewone volgrootte
> tafel is dat die kompetisietafel se gate 1/8" kleiner is. Dit is die
> tafel waarop wêreld uitdunne en kampioenskappe gespeel word.
>
> Ek het 'n Union Billiards tafel geinstalleer wat sowat 2 ton weeg.
>
> Die blad moet gereeld geborsel en gestryk word. En indien jy ernstig
> is oor snoeker speel jy nie op die goedjies wat met 'n bakkie na jou
> huis gery word en ingedra word nie. En nou kwoteer ek Pierre Mans
> (ex SA kampioen) wat bereid was om by my huis te speel maar nie by die
> huis van 'n vriend met 'n driekwart tafel nie. Die hoeke waarmee jy
> die balle sny is soveel anders op 'n klein tafel dat jy net nie daarop
> speel indien jy ernstig speel nie.
>
> Die grootte van 'n vol tafel is 6' X 12'.
>
> Indien jy 'n snoekertafel het moet jy 'n onbeskofte mens of ten minste
> 'n effe moeilike mens wees want ander wil snoekerspelers van jou
> snoekersaal 'n klub maak. Mense wat 'trickshots' speel en mense wat
> lyfbande met staalgespes dra, laat jy nie binne vyf meter van jou
> tafel toe nie. Hulle beskadig die materiaal en hout.
>
> Die installering van 'n snoekertafel is 'n profesionele taak en moet
> deur 'n kundige gedoen word want dit moet perfek waterpas wees.
>
> Indien jy van 'n tafeltjie wat jy by Russels koop praat, ignoreer die
> brief.
>
>
> DD
>
Re: Snoeker tafel [boodskap #71812 is 'n antwoord op boodskap #71809] So, 12 Januarie 2003 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 12 Jan 2003 12:37:19 +0200, "Annette" wrote:

> Hier in die Kaap is ons braaikamers groot genoeg - ons hoef nie sale aan te
> bou nie:))

>
> Annette
>

en hier in Gauteng hou ons nie daarvan dat 'n meubelstuk
in die middel van 'n vertrek staan met ruimte om te dans
daarom nie. Daarom sal enigeen hier doen wat ek
gedoen het toe ek 'n kleiner vertrek daarvoor
aangebou het.

DD
Re: Snoeker tafel [boodskap #71814 is 'n antwoord op boodskap #71812] So, 12 Januarie 2003 12:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ten minste maak ons gebruik van die spasie in die middel wanneer ons
sokkie:))
Annette

"DD" skryf in boodskap news:49l22vc3u59d00d3u4pn9ms5st854gbuir@4ax.com...
> On Sun, 12 Jan 2003 12:37:19 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>
>> Hier in die Kaap is ons braaikamers groot genoeg - ons hoef nie sale aan te
>> bou nie:))
>
>>
>> Annette
>>
>
> en hier in Gauteng hou ons nie daarvan dat 'n meubelstuk
> in die middel van 'n vertrek staan met ruimte om te dans
> daarom nie. Daarom sal enigeen hier doen wat ek
> gedoen het toe ek 'n kleiner vertrek daarvoor
> aangebou het.
>
> DD
>
Re: Snoeker tafel [boodskap #71818 is 'n antwoord op boodskap #71814] So, 12 Januarie 2003 12:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 12 Jan 2003 14:15:33 +0200, "Annette" wrote:

> Ten minste maak ons gebruik van die spasie in die middel wanneer ons
> sokkie:))
> Annette
>
>
>

om te sokkie by die snoekertafel sê jy.
Dit los 'n vraag op. 'n Meisie in
dieselfde blok as waar ek 'n woonstel het in Durbs,
en wat somtyds vir 'n heen en weertjie oorkom, is
'n tafeldanser. So, dan is dit seker wat dit is.

DD
Re: Snoeker tafel [boodskap #71822 is 'n antwoord op boodskap #71818] So, 12 Januarie 2003 14:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou ja, wat kan ek sê? Enige dame wat haar sout werd is het al een of ander
tyd in haar leeftyd op 'n tafel gedans:))
Annette

"DD" skryf in boodskap news:fqo22votjcjplb9pg4v13mesms60t0vvd9@4ax.com...
> On Sun, 12 Jan 2003 14:15:33 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ten minste maak ons gebruik van die spasie in die middel wanneer ons
>> sokkie:))
>> Annette
>>
>
>
> om te sokkie by die snoekertafel sê jy.
> Dit los 'n vraag op. 'n Meisie in
> dieselfde blok as waar ek 'n woonstel het in Durbs,
> en wat somtyds vir 'n heen en weertjie oorkom, is
> 'n tafeldanser. So, dan is dit seker wat dit is.
>
> DD
>
Re: Snoeker tafel [boodskap #71836 is 'n antwoord op boodskap #71809] So, 12 Januarie 2003 16:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Hier in die Kaap is ons braaikamers groot genoeg - ons hoef nie sale aan te
> bou nie:))

Die konsep van 'n "braaikamer" was/is nog altyd preposterous vir my.
Hoe absurd as jy daaroor dink.
Dink net hoeveel honger kinders kon julle gered het as julle nie so
luuks geleef het nie - nè, Jonas?
Braaivleis is in elkgeval BAIE lekkerder in die opelug - soos dit mos
hoort? :-)
Re: Snoeker tafel [boodskap #71841 is 'n antwoord op boodskap #71836] So, 12 Januarie 2003 17:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit mag so klink, maar dit is nie. Dit is maar net kort vir:
Buitelugbraaiplekwatmettertydeers'ndaktoemurevloereen'ndeurg ekryhetsodatmens
nogsteedslekkerkanbraaialwaaidiesedoosenalrëenditaaneenvir 'nweek.
Dan, sodra dit so 'n vertrek word, dan word dit nie net vir braai gebruik
nie, maar dit is sommer ook die lekker kuierplek - winter en somer as dit te
warm of te koud buite is.

Sien?:))
Annette

"Katryn" skryf in boodskap news:8c532vs61volpuer59cvs3dv1ciofvq668@4ax.com...
> "Annette" wrote:
>
>> Hier in die Kaap is ons braaikamers groot genoeg - ons hoef nie sale aan te
>> bou nie:))
>
> Die konsep van 'n "braaikamer" was/is nog altyd preposterous vir my.
> Hoe absurd as jy daaroor dink.
> Dink net hoeveel honger kinders kon julle gered het as julle nie so
> luuks geleef het nie - nê, Jonas?
> Braaivleis is in elkgeval BAIE lekkerder in die opelug - soos dit mos
> hoort? :-)
>
Re: Snoeker tafel [boodskap #71847 is 'n antwoord op boodskap #71841] So, 12 Januarie 2003 17:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Dit mag so klink, maar dit is nie. Dit is maar net kort vir:
> Buitelugbraaiplekwatmettertydeers'ndaktoemurevloereen'ndeurg ekryhetsodatmens
> nogsteedslekkerkanbraaialwaaidiesedoosenalrëenditaaneenvi r'nweek.
> Dan, sodra dit so 'n vertrek word, dan word dit nie net vir braai gebruik
> nie, maar dit is sommer ook die lekker kuierplek - winter en somer as dit te
> warm of te koud buite is.
>
> Sien?:))

Aha!! Ja, nou sien ek!! Dit is natuurlik 'n heel ander saak.:-))

(en nou moet ek ophou strooi praat vir eers, en aan die gang probeer
kom met die dag :-)
Re: Snoeker tafel [boodskap #71854 is 'n antwoord op boodskap #71812] So, 12 Januarie 2003 18:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n pool tafel (ek kan nie snoeker speel nie - ek's te kort!), smack
bam in die middel van een van my kamers! Daar's ook 'n veerpyltjiebord en
kroegie, dis ons onthaalarea. Ons hou van ons pool tafel in die middel van
die vertrek, en ek gaan beslis nie spesiaal die onkostes aangaan om 'n
spesiale kamer te bou net vir my pool tafel nie.

Elaine

"DD" wrote:
>
> en hier in Gauteng hou ons nie daarvan dat 'n meubelstuk
> in die middel van 'n vertrek staan met ruimte om te dans
> daarom nie. Daarom sal enigeen hier doen wat ek
> gedoen het toe ek 'n kleiner vertrek daarvoor
> aangebou het.
>
> DD
>
Re: Snoeker tafel [boodskap #71855 is 'n antwoord op boodskap #71822] So, 12 Januarie 2003 18:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is so, jy moet dit doen voordat jy te oud is - anders kan jy nie eendag sê
"ek het ook geleef nie" - :)))

Elaine

"Annette" skryf in boodskap news:avrtlk$ik5ng$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Nou ja, wat kan ek sê? Enige dame wat haar sout werd is het al een of ander
> tyd in haar leeftyd op 'n tafel gedans:))
> Annette
Re: Snoeker tafel [boodskap #71856 is 'n antwoord op boodskap #71855] So, 12 Januarie 2003 18:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
>
> "Annette" wrote in message
> news:avrtlk$ik5ng$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Nou ja, wat kan ek sê? Enige dame wat haar sout werd is het al een of ander
>> tyd in haar leeftyd op 'n tafel gedans:))
>> Annette
>
On Sun, 12 Jan 2003 20:29:50 +0200, "Elaine" wrote:

> Is so, jy moet dit doen voordat jy te oud is - anders kan jy nie eendag sê
> "ek het ook geleef nie" - :)))
>
> Elaine

Op 'n manier pas dit nogal om te sê dat jy 'ook geleef het'
na jy op 'n tafel beland het.
Re: Snoeker tafel [boodskap #71857 is 'n antwoord op boodskap #71804] So, 12 Januarie 2003 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Betaal hulle jou darem vir die eer om op jou 2 ton tafel te speel?

E

"DD" wrote:
>
> Die blad sêl van leiklip wees (en nié marmer soos sommige onkundiges
> dink nie.) Soos reeds gesê het ek 'n kompetisietafel laat installeer.
> Sommige deelnemers aan die SA kampioenskappe oefen by my.
>
Re: Snoeker tafel [boodskap #71864 is 'n antwoord op boodskap #71857] So, 12 Januarie 2003 20:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 12 Jan 2003 20:47:54 +0200, "Elaine" wrote:

> Betaal hulle jou darem vir die eer om op jou 2 ton tafel te speel?
>

nee, ons is lede van dieselfde klub en as sulks drinkerbroers:-)

DD
Re: Snoeker tafel [boodskap #71877 is 'n antwoord op boodskap #71864] Ma, 13 Januarie 2003 00:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek's nie so eerbaar nie. Ek sou die helsems laat betaal het om op my dure
tafel te speel :))

E

"DD" wrote:
>
> nee, ons is lede van dieselfde klub en as sulks drinkerbroers:-)
>
> DD
>
Re: Snoeker tafel [boodskap #71888 is 'n antwoord op boodskap #71855] Ma, 13 Januarie 2003 17:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pwbotha[3]  is tans af-lyn  pwbotha[3]
Boodskappe: 41
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Volle Lid
nee anders kan nie nie op die tafel klim nie

"Elaine" skryf in boodskap news:3e21b422.0@news1.mweb.co.za...
> Is so, jy moet dit doen voordat jy te oud is - anders kan jy nie eendag sê
> "ek het ook geleef nie" - :)))
>
> Elaine
>
> "Annette" wrote in message
> news:avrtlk$ik5ng$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Nou ja, wat kan ek sê? Enige dame wat haar sout werd is het al een of ander
>> tyd in haar leeftyd op 'n tafel gedans:))
>> Annette
>
Re: Snoeker tafel - Dankie baie [boodskap #71889 is 'n antwoord op boodskap #71804] Ma, 13 Januarie 2003 17:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joe de Beer  is tans af-lyn  Joe de Beer
Boodskappe: 20
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Dankie baie vir almal se raad en advies. My vertrek voldoen aan die
aanbeveelde spasie vir n 3/4 tafel, maar die geld is effe skraps aan hierdie
kant (arm staats amptenaar). Daar gaan nou met volle aandag 'n spaarplan in
die lewe geroep word om n 1/2 grootte te laat aflewer ....

Aan al die ander wat reeds tafels het, spel een vir my

Tot later

Joe

> Siende dat ek 'n snoekersaal aan my huis laat bou het en 'n
> kompetisietafel laat installeer het, behoort ek jou met redelike
> gesag te kan antwoord. Ek wonder egter of jy weet waarvan jy
> praat want 'n snoekertafel en 'n poeltafel is alles behalwe dieselfde.
> En vreeslik graag sal ek wil weet of Annette weet waarvan sy praat
> wanneer sy sê dat hulle 'n snoekertafel van volgrootte vir haar broer
> gegee het. Is jy seker van wat jy sê Annette?
>
> Toe ek laat bou het, het ek in Engelse en nie in Metriese mates laat
> bou so ek sal jou daarvolgens antwoord.
> Die absoluut minimum grootte wat jou vertrek mag wees is 16' X 22'.
> Ek het 18' X 22' laat bou wat dit 'n gemaklike saal maak. Daar kan
> geen ander meubels in pas nie, afgehandel.
>
> Die blad sêl van leiklip wees (en nié marmer soos sommige onkundiges
> dink nie.) Soos reeds gesê het ek 'n kompetisietafel laat installeer.
> Sommige deelnemers aan die SA kampioenskappe oefen by my.
>
> Die enigste verskil tussen 'm kompetisietafel en gewone volgrootte
> tafel is dat die kompetisietafel se gate 1/8" kleiner is. Dit is die
> tafel waarop wêreld uitdunne en kampioenskappe gespeel word.
>
> Ek het 'n Union Billiards tafel geinstalleer wat sowat 2 ton weeg.
>
> Die blad moet gereeld geborsel en gestryk word. En indien jy ernstig
> is oor snoeker speel jy nie op die goedjies wat met 'n bakkie na jou
> huis gery word en ingedra word nie. En nou kwoteer ek Pierre Mans
> (ex SA kampioen) wat bereid was om by my huis te speel maar nie by die
> huis van 'n vriend met 'n driekwart tafel nie. Die hoeke waarmee jy
> die balle sny is soveel anders op 'n klein tafel dat jy net nie daarop
> speel indien jy ernstig speel nie.
>
> Die grootte van 'n vol tafel is 6' X 12'.
>
> Indien jy 'n snoekertafel het moet jy 'n onbeskofte mens of ten minste
> 'n effe moeilike mens wees want ander wil snoekerspelers van jou
> snoekersaal 'n klub maak. Mense wat 'trickshots' speel en mense wat
> lyfbande met staalgespes dra, laat jy nie binne vyf meter van jou
> tafel toe nie. Hulle beskadig die materiaal en hout.
>
> Die installering van 'n snoekertafel is 'n profesionele taak en moet
> deur 'n kundige gedoen word want dit moet perfek waterpas wees.
>
> Indien jy van 'n tafeltjie wat jy by Russels koop praat, ignoreer die
> brief.
>
>
> DD
>
Re: Snoeker tafel [boodskap #71895 is 'n antwoord op boodskap #71888] Ma, 13 Januarie 2003 22:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit geld nie vir mans en vrouens oor 30 nie :o)

E

"pieter" skryf in boodskap news:avutqm$fkb$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> nee anders kan nie nie op die tafel klim nie
Re: Snoeker tafel - Dankie baie [boodskap #71902 is 'n antwoord op boodskap #71889] Di, 14 Januarie 2003 00:29 Na vorige boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Joe de Beer
Aan al die ander wat reeds tafels het, spel een vir my

Wouter
Oukei, ek spel een vir jou.: k o m b u i s t a f e l
Soos jy kan sien, het ek nie 'n snoekertafel nie... ;-)
Vorige onderwerp: Krieket
Volgende onderwerp: Rugby & Krieket - lig in die tonnel...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 05:52:05 MGT 2024