Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Taalsekretariaat

Do., 22 Mei 2003 06:56

Dit is nou op Stellenbosch gestig - hulle beywer hulle vir die bevordering
van al die inheemse Suid-Afrikaanse tale.
Hoekom is dit net die Afrikaans sprekendes wat so taalbakleierig is?
Geen ander van die inheemse tale het Forums, Groepe, Stigtings of
Sekretariate vir die bevoerdering van hulle tale nie.
Hulle praat dit net.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Vandag se Gedig - sonder naam

Do., 22 Mei 2003 06:09

Iewers tussen Jan van Riebeeck en Bloedrivier
is ons gebore, hier, op die randjie van 'n kontinent
waar oseaan bots teen oseaan,
hier het ons gestaan, onsself uitgedink, opgemaak
per ongeluk 'n volk geraak.

Jan van Riebeeck was 'n Hollander
wat vir 'n week, 'n maand, 'n jaar of drie
kom kool plant het vir 'n kompanjie.

Flaandre, Oos-Vriesland, Duitse soldate,
Hotnots, half-breeds en Maleiers in die strate.
Skepe in die nag, Franse wat vlug,
slawe wat wag, 'n brug, 'n kasteel, 'n grag
en 'n eeu of wat later 'n vierkleurvlag,
'n kappie, 'n katel, 'n breërandhoed,
familiebybel in die vlamme,
'n mauser oor en oor gelaai,
president wat groet,
songeknelde hand wat aarselend waai
uit vreemde lande.

Dit is julle bloed wat ons vandag verskeep,
julle broodknie-kneukels voor 'n computer
in Australië, julle troupersent-silwer & pewter,
julle songesig kreukels wat ons saamsleep
na lande van sneeu, economy class passasier,
soos 'n meeu oor die see vertrek ons hier,
soek ons mekaar daar, in 'n Engelse pub,
honkey tonk bar, S'êfrikan club.

Ons bloed spat uitmekaar
terug na sy eerste bestanddele,
oorsee, oorsee met vreemde aksente
uit ons kinders se kele.
Grootoog-gesiggies om 'n Sondagmaal,
skilpadjies, stampmielies, pampoenkoekies
lê skeef op die tong in 'n vreemde taal,
is net 'n volksvreemde oupa se verhaal.

Iewers tussen Jan van Riebeeck en Bloedriver
is ons gebore, hier, op die randjie van 'n kontinent.
En iewers tussen toe en nou
word ons 'n geskiedenisboekprent
wat nog net 'n paar geslagte sal onthou,
oorvertel aan mekaar:
Sien boetie, Suid-Afrika lê daar - ver oor die see
met sy ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee
met sy ver verlate vlaktes, met die kreun van ossewa
maar die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika
word na vreemde lande weggedra
in elke hartseer hart, elke sel, elke aar
. . . wanaangepas, verward.

Angie Sales.

Prosa & poësie | 3 kommentare

Fiasko'tjie

Do., 22 Mei 2003 05:30

Die inflasiesyfers gaan nie hierdie maand bekend gemaak word nie. Daar is
bevind dat die Dept van Statistiek etlike belangrike komponente buite
rekening gelaat het by die berekening van vorige inflasiesyfers.
Ag ja...

Annette

Ekonomie & geldsake | 6 kommentare

Hehe. welcome to the real world julle hensoppers!!

Wo., 21 Mei 2003 19:03

Sien op BBC dat Al-Qaeda hulle meelopers aanspoor om van nuuts af die VSA en
Brittanje onder andere aan te val. Haai Antie, het Antie geweet hierdie is
nie onse mense nie Antie!!? Hulle vat sowaar kerse dynamite, bind dit om
hulle se lyfies en blaas dan almal om hulle op. Antie-hulle gaan nou sowaar
'n nuwe fase betree, 'n fase wat ons in die nuwe SA by verby is. Om Antie te
kwoteer: "O die pyngedagte, my kind is dood!"

Loof nou die Kerkstraat bommers, loof nou vir Robert McBride, loof nou ook
vir Al-Qaeda. Kom-kom, moenie nou sjarrap nie, gaan huil liewers saam met
ons op ons geliefdes se grafte - liefde vir mekaar is daar nie meer nie,
nevermind respek en vrees vir die Allerhoogste.

G'n wonder ons vreet mekaar op nie, en veral ek is 'n mooi een om te praat
na hierdie epos ! Krenkende woorde, dis mos lekker om ander op hulle plek te
sit. Sorry Antie, ek laaik jou alhoewel ek jou nie persoonlik ken nie, stuur
groete vir oom Izak.

Dit sal nogal horing wees om die enigste mens op aarde te wees - wie gaan my
help met my tandpyn? Met wie gaan ek BAKLEI?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

koeksisters

Wo., 21 Mei 2003 19:02

Kan me iemand helpen met een recept van koeksisters...
Alvast bedankt

grt emmy

Kos & resepte | 3 kommentare

Oor die verlore wit kind

Wo., 21 Mei 2003 14:30

Herman Charles Bosman het die situasie lank reeds in 'n mindere storie
met die naam Birth Certificate vasgevang.

Die storie eindig so:

'Because he had been adopted by a coloured family. Flippus Biljon had
always
regarded himself as a coloured man. And then one day, quite by
accident,
Flippus Biljon saw his birth certificate. And from that birth
certificate it
was clear that Flippus Biljon was as white as you or I. You can now
imagine
how Flippus Biljon must have felt about it. Especially after he had
gone to
see the magistrate at Bekkersdal, and the magistrate after studying
the
birth certificate , confirmed the fact that Flippus Biljon was a white
man.
'Thank you baas,' Flippus Biljon said. 'Thank you very much my basie.'

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Drie in Een

Wo., 21 Mei 2003 11:29

Snaaks hoe goed soms so toevallig saamval.
In die nuwe uitgawe van Dit:
1) In die briewekolom is daar 'n skryfster wat skryf dat haar man haar
uitvreet as sy mense in die oë kyk as sy met hulle praat of hulle groet - sy
jaloerse stiksienigheid sien dit as 'n flankeerdery van haar kant af. Om die
vrede te bewaar, besluit sy toe om af te kyk, of oor mense se skouer te kyk
as sy met hulle praat. Toe betig haar man haar omdat sy vriende by hom kla
dat sy stug en nors is en nie na hulle kyk nie as sy met hulle praat.

Die eerste reaksie is dat die dame haar geliefde in sy heppie kanon moes
gestuur het by daardie eerste onredelike jaloesie, ipv om hom tevrede te
stel.

2) Twee bladsye verder word 'n boek bespreek - Mystery of Love deur Don
Miguel Ruiz - waarin hy die volgende te sê het - As jy jou maat manipuleer
om haar/hom na jou smaak te verander, verkeer die verhouding in gevaar,
omdat die stryd om beheer dui op 'n gebrek aan respek vir 'n ander. Moenie
van 'n ander verwag om sy/haar houding of gedrag te verander nie, verander
jouself om aan te pas.

3) En op die ander bladsy is daar 'n artikel oor labarinte - dit word
deesdae vir meditasie gebruik. 'n Wandeling op so 'n sirkelpad help mens glo
om jou gewone denkwyse te laat vaar en anders oor dinge te begin dink.
Dink aan 'n netelige vraag as jy die doolhof binnegaan, bly 'n rukkie
rustig in die middel en wag dat die oplossing na jou toe kom. Jy sal
ontspanne en verfris voel as jy die labarint verlaat.

Hier is die goeie nuus - mens kan nou klein hout-labarinte koop waarop mens
jou vingers kan laat wandel.

Die artikel praat ook van die indrukwekkende ( lewensgroot) labarint op
Barrydale ( Max se plek).

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Kanada en mal koeie!

Wo., 21 Mei 2003 11:26

Ek wou mos sê dis endemies in daardie rigting, maar nou is daar amptelike
bewys van Mal Koei siekte in Kanada......nou eers???

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Padtekens.

Wo., 21 Mei 2003 10:12

Ek lees tans 'n skreeusnaakse boek met die naam French Revolutions. Dit gaan
oor die Tour de France.
Nietemin - daar is nie 'n groot verskil tussen ons en die Franse nie - hulle
spandeer glo 2 miljoen frank per jaar op padtekens om mense te waarsku oor
die gate in die paaie ( potholes).

Mens sien ook mos soms 'n padteken hier met 'n bok op, menende mens moet
bietjie versigtig wees vir wilde diere wat die pad kruis. Op die Weskuspad
is daar nie so 'n padteken van 'n dag oud nie - en daar is gereeld diere op
die pad wat doodgery word, of waarvoor mens moet uitswaai.
Daar is gereeld skilpaaie in die pad - dan waarsku ek die aankomende verkeer
met 'n flikkerlig - en hoop maar hulle sien die skilpad raak, en soek nie
tevergeefs vir 'n verkeerskonstabel wat tussen die bossies wegkruip nie.
Ek waarsku natuurlik nooit aankomende verkeer oor verkeerslokvalle nie - die
skuldiges moet boet..

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Nog 'n titel vir Madiba

Wo., 21 Mei 2003 08:40

Laasweek, Wonsdag dink ek, het altwee die Engelse koerante van die
Oos-Kaap berig dat Pres Mandela se naam op die "Boxing World Hall of
Fame" se ererol gaan verskyn, want hy het die "grootste uitklophou"
nog ooit geslaan :-)

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    590  591  592  593  594  595  596  597  598  599  600  601  602  603  604  605    »]
Tyd nou: Wo. Des. 24 21:36:13 UTC 2025