As ons almal DNA toetse moet ondergaan voor puberteit, sodat daar meer
voorkomende behandeling kan wees, wat sal die invloed wees op die
lewensversekeringsbedryf?
Innie armie was Pietie se briewe gesensor met 'n dik pen, maar jy kon nog
"Liewe Ma" lees bo-aan die bladsy.
Nou het party Internet Diens Verskaffers (IDVs) besluit "SPAM" (is ons almal
se probleem - ek stem) is te veel en selfs party woorde word nie meer
toegelaat nie.
Hoe nou gemaak met 'n nuus oor 'n simfonie-orkes uitvoering onder begelyding
van Richard Cock (baie bekende dirigent)?
Miskien moet hy sy van verander na "Span" soos in "span jou geweer", want
"cock your gun" gaan nou nie meer werk nie.
Die intekenaars betaal om die nuus te kan ontvang via e-pos en hul betaal
vir die IDV (wat dit nie aflewer nie) se dienste.
Hoe voel julle oor vrye spraak en die sensor se pen?
:-)
TJ
PS: 'n Oulike bietjie sagteware vir SPAM en meer:
Gratis by www.mailwasher.com vir skoon e-pos.
Kobus Louw, uitvoerende regisseur het die begin van Mei bedank. Die 31ste Mei
was sy laaste werksdag. Vandag - 6 Junie - word aangekondig dat daar nie op
RSG se webblad ingegaan kan word om die uitslag te sien van die
meningsopname nie, omdat Louw se geheime kode nodig is om toegang te kry.
Dit is seker een van die swakste verskonings ooit wat ek oor die lug gehoor
het.
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
As jy verplig word, wat sal jou persoonlike nommerplaat wees?
Dhudi ( Afrikaans vir doedie:)) )
Dit is nou na aanleiding van iemand wat ek gesien het in 'n geel lae kar
met: Nic KFM ---- en dit in die tyd wat niemand in die uitsaaiwese weet hoe
lank hulle by 'n stasie sal wees nie.