Ek is besig om vir my 'n woordeboek van kalahari.net te bestel (uiteindelik)
so terwyl ek dit nou doen, wil iemand dalk nuwe afrikaanse boeke voorstel
wat die moeite werd it? Dan kan kan ek dit saam bestel.
C. Bouwer Jnr het, nadat hy skuldig gepleit het op mansslag, altesaam 8 jaar
effektiewe tronkstraf gekry - 3 daarvan was vir regsvereideling waarvan 2
jaar saam met die mansslagvonnis uitgedien sal word.
'n Verkragter van 'n minderjarige het dieselfde dag 20 jaar tronkstraf
gekry.
Joe Verster, eertydse leier van die BSB wat verantwoordelik was vir verskeie
moorde op swart aktiviste tydens die vorige bedeling, is deur die Skerpioene
in hegtenis geneem vir bedrog en dat hy betrokke was by 'n onwettige
gougeldmaakskema.
Hierdie poslys is nou van Die Afrikaner se verspreidingslys
verwyder. Dit spaar julle die moeite van 'n referendum. Dit
spaar my ook die moeite om in nuttelose is-isnie-is-isnie
debatte betrokke te raak met lede wat duidelik nie in staat is
om intelligent oor die politiek te redeneer nie. Ek het in elk
geval nie tyd daarvoor nie en ek wil ook nie ander lede se
pret bederf wat graag die poslys wil gebruik om oor koeitjies
en kalfies te gesels nie.
Indien daar wel lede is wat meer wil weet oor die Volksrust-
geval waar die blanke skooldogter deur die swart seun verkrag
is, kan hulle gerug ons tuisblad besoek by:
Diegene wat daarvoor kans sien nie, moet maar tevrede wees met
die emosionele en filosofiese snert van die intellektuele
reuse op hierdie poslys wat blykbaar ongeneeslik besmet is met
die propaganda van die massamedia. Hulle kan dalk baat vind by
die woorde van die filosoof Friedrich von Schiller toe hy gese
het: Goed vir hom wat die mening van die wereld kan verag...
Dit kan iemand soos Frank of Tan dalk ook baat om die boek
van mnr. Jaap Marais oor die Era van Verwoerd in die hande te
kry. Dan mag hulle dalk besef dat apartheid niks te doen het
met dit wat gebeur het in die tyd van Vorster tot De Klerk
nie, maar dat Verwoerd in sy eie tyd deur kenners vanoor die
hele wereld gereken is as 'n intellektuele reus wat
verantwoordelik was vir 'n wonderwerk op 'n vergete kontinent.
Kophou kerels, julle mag julleself dalk nog beseer met al die
slim semantiese gimnastiek wat julle op hierdie poslys
beoefen.
Groete
Koos Venter
Die Afrikaner is die Mondstuk van die Herstigte Nasionale Party
van Suid-Afrika.
Intekening: Suid-Afrika R100 per jaar
(Gedruk) Stuur besonderhede aan die afri...@hnp.org.za
Vir 'n gratis kopie.
============================================================ ==============
KUNSKAFEE (154)
Sondag 29 Junie 2003
kykNet 19:30
Herhalings:
Maandag 30 Junie om 15:00
Dinsdag 1 Julie om 10:00
KUNSKAFEE is 'n kunsjoernaalprogram wat alle kunsvorme so wil reflekteer dat
dit vir Jan Alleman toeganklik sal wees - sonder om die fynproewer teleur te
stel. Van teater tot beeldhouwerk; argitektuur tot landskapkuns; klassieke
musiek tot pottebakkery; ballet tot moderne dans; skilderkuns tot
straatkuns; letterkunde tot strokiesprente; rekenaarkuns tot die Internet;
fotografie tot spotprentkuns.
KUNSKAFEE word nie vanuit 'n ateljee uitgesaai nie. Die stel is verskillende
en uiteenlopende plekke - 'n teater, uitstalling, 'n besondere stuk
argitektuur, 'n galery en so meer.
Die program bestaan nie net uit insiggewende profiele oor kunstenaars en
besondere kunsgebeurtenisse dwarsoor Suid-Afrika nie. Daar is ook 'n
weeklikse kringloop waarin daar om die beurt 'n draai gemaak word by
verhoogproduksies, uitstallings, CD-bekendstellings en uitvoerings in die
Wes-Kaap en Gauteng.
Alhoewel "Kunskafee" op M-Net se Afrikaanse TV-kanaal kykNET uitgesaai word,
is die program tweetalig (Afrikaans en Engels). Dit reflekteer die ryk
tapisserie van plaaslike sowel as internasionale kunstenaars wat ons land
besoek.
Ankeraanbieder: Susan Booyens
Boekerubriek: Hettie Scholtz
Veldaanbieders: Dawn Matthews, Pieter Koen en Melt Sieberhagen.
* Gereelde Kunskafeekykers is teen hierdie tyd al bewus van die Bell-Roberts
Kunsgalery in die Kaap wat gereeld 'n verskyning in die Wes-Kaapse
kunskringloop maak. Hierdie week vind ons meer oor dié toonaangewende galery
uit.
* Ons gee 'n voorsmakie van 'n paar produksies en uitstallings wat hierdie
jaar by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad te sien is. Daar word onder
meer gefokus op die kunstenaar Jo-Anne Bloch, Greig Coetzee se verhoogstuk
"Green Mamba" en die Afrikaase kabaret-diva Amanda Strydom.
* Dawn Matthews het na die Anglo Gold Koor gaan luister. Dié koor het in die
tagtigerjare as 'n sangroep vir 'n enkele geleentheid ontstaan, maar het
intussen tot 'n volwaardige koor wat al in verskeie wêrelddele opgetree het,
gegroei.
* In haar boekerubriek kyk Hettie Scholtz hierdie week na die genetiese
manipulasie van voedsel en die invloed wat dit op ons gesondheid het. Sy
gesels oor Ruth Ozeki se roman "All Over Creation" wat hierdie verskynsel in
die kollig plaas. Sy kyk ook na haar boek "My Year of Meat" en "River Café
Cookbook Easy" van Rose Gray en Ruth Rogers.