Die nuwe Pendoring advertensies oor die radio geniet ek vreeslik - veral
wanneer hulle die Afrikaanse volksliedjie in Engels met 'n Franse aksent
sing.
Die Legendasie Wall Street bellegger, Bernard Baruch, het al sy aandele
verkoop voor die "ineenstorting" van '29 nadat hy raad ontvang het van 'n
skoenskoonmaker.
Daar is meer as 'n 1000 verskillende soorte chemikalieë in een koppie
koffie.
Shakespeare het onder andere die woorde "well-behaved, never-ending,
anchovies, manager, zany, eyeball en bedroom" uigevind.
Bill Gates was net 31 toe hy 'n biljoenêr geword het.
Die woord karate beteken "leë hand".
-----------------------------------------
Dit sluit dan die week se nuttelose inligting af :-))
Ek het op 'n goeie (ernstige useless web site) afgekom waar jy enige akteur
of aktrise se naam kan intik en hulle sal in 6 stappe of minder vir jou kan
wys hoe daai akteur aan Arnold Schwarzengger verbind is. Gaan kyk gerus, ek
het van die onmoontlikste akteurs se name ingesit, en hulle het nog steeds
by ou Arnie uitgekom - gewoonlik in so min as 3 stappe. Kom ons kyk wie kan
die sisteempie uitoorlê. Onthou nou SA akteurs tel nie!
In die Rapport Sondag was daar 'n artikel oor al die Afrikaanse organisasies
wat glo veg vir die behoud van die Afrikaanse taal en kultuur.
Almal, behalwe die ATKV, is besig om 'n stille dood te sterf, en Praag en
G63 is glo hoofsaaklik afhanklik van die kuberruimte.
Selfs die Afrikaanse Akedemie vir Wetenskap en Kuns is besig om te verskiet
na hulle blapsvolle Wetenskapsolimpiadevraestel.
Die FAK bestaan nog net in naam, en ons het juis Saterdag gepraat dat daar
nie meer 'n toekoms is vir 'n organisasie soos die VLV nie. Verskeie takke
is besig om saam te smelt omdat die ledetal per tak te min raak.
Die ATKV bemoei hulle nie uitsluitlik met die behoud van die taal en kultuur
nie, maar spits hulle eerder toe op die uitbreiding daarvan dmv projekte
waaraan enige persoon kan deelneem. Die lede betaal elk R32 per maand, en
dit sorg natuurlik dat die vereniging 'n vaste bron van inkomste het.
Die "af" resies is gewen deur 'n Suid-Afrikaner, en onder die eerste 20
twintig plekke van die mans se resies was 15 Suid-Afrikaners.
In die dames-resies het indentiese tweelingsussies van Rusland die eerste
twee plekke verower.. Dis was hulle eerste Comrades. Die eerste een van SA
was 8ste.
Die kersie op die koek was dat die oudste deelnemer, 76 jaar oud, ook die
laaste persoon oor die wenstreep was voordat die finale afsnytyd geskied
het.
Piet gaan een Woensdag gholfbaan toe en wil by die pro-shop betaal vir 18
putjies en 'n joggie. Hy word toe meegedeel al die joggies is al klaar
uitverhuur, maar hulle het robot-joggies beskikbaar.
Met die robotjoggie speel Piet toe die beste 18 putjies wat hy nog ooit kon
speel.
'n Week later, toe hy weer 'n robotjoggie wil huur, word hy meegedeel dat
hulle van die robotte ontslae moes raak, want die son wat op die metaal
skyn, het die spelers gepla en verblind en hulle het gekla.
Piet vra toe hoekom hulle nie net die robotte swart geverf het nie.
Die pro sê hulle het, maar die volgende dag toe daag net 3 van die
robotjoggies op vir werk, en deur die dag het die ander 4 opgedaag en die
pro-winkel beroof.
Koos, Happy en Johnny is al drie aan rystoele vasgekluister.
Een dag wiel hulle in Seepunt af op pad na die see, toe Koos 'n nood
ontwikkel. Hy vra dat die ander twee moet wag en draai 'n in stegie in om
homself te verlig. Skielik verskyn daar 'n djin voor hom en sê hy mag 'n
wens kry.
Koos doen die ooglopende, en kort daarna huppel en hardloop hy uit die
stegie en vertel sy maats wat met hom gebeur het.
Happy wiel in om te gaan kyk, en kort daarna kom hy uitgehardloop, ene wit
tande en hande waaiende lang sy kop: Eish!! Yo!!! Looooook, I am
raaaaannneeeeeeng!!
Johnny ry ook die stegie in en gou-gou daarna kom hy uit in sy rystoel:
Hoezit Bras - check my mags!