Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Winkie is Vies

Ma., 23 Junie 2003 13:03

Winkie Dikelo, premier van die Vrystaat, sê hulle is moeg om die waarheid in
die koerante te lees. Hulle wil meer kleurvolle beriggewing sien.

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

NU

Ma., 23 Junie 2003 12:35

PU vir CHO gaan saamsmelt met Universiteit Noordwes, en as Noordwes
Universiteit bekend staan.
Die referendum wat verlede jaar gehou is, waarvan 98% van die deelnemers
teen 'n naamsverandering gestem het, is glo volgens die rektor van geen
waarde nie, omdat die parlement oor die naam besluit.
Soveel vir deelnemende insette.

Annette

Onderwys & opvoeding | 0 kommentare

Acacia - plakkersprobleem

Ma., 23 Junie 2003 08:41

Wat dink julle gaan die resultaat wees van 'n moontlike ondersoek na die
sub-verhuringsprobleem in Acacia Park?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

hasie en slang

Ma., 23 Junie 2003 08:01

een van ons programmers stuur die vir my

Eendag lank gelede in 'n bos het daar 'n wees hasie en 'n wees slang
gebly. Toevallig is albei blind van geboorte af.
Die hasie hop eendag deur die bos en trip toe bo-oor die slang. "O
bliksem, ek is jammer!", se die hasie, "ek is blind van geboorte af,
so ek maak nie uit waar ek gaan nie. In fact, ek weet nie eers wat de
hel ek is nie, want ek is 'n weeskind". Die slange se: "Dis oraait ou,
actually is my storie min of meer dieselfde. Ek is ook heavy blind van
geboorte af en het nooit my ma geken nie. Ek tune jou wat, hoekom gly
ek nie oor jou nie en dan probeer ek uitfigure wat presies jy is?"
"Dit sal bakgat wees!", antwoord Hasie terug.

Die slang gly en rol toe oor die Hasie en se toe later: "Jy is bedek
met sagte fur, jou neus twitch moerse en jy het 'n sagte stert en lang
ore. Ek sou se dat jy 'n hasie is." "O dankie!" roep die klein kak
ekstaties uit, "Kom ek try om te kyk wat jy is." Hasie voel so al oor
slang se lyf: "Jy is skubberig en glad met 'n gesplete tong. Jy het ok
nie 'n rugraat nie en fokkol ballas. Jy is verseker 'n computer
programmer of iemand in top management"

Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za

Humor & grappe | 1 kommentaar

bokdrolspoegkompetisie

Ma., 23 Junie 2003 05:15

bokdrolspoegkompetisie by Kirkwood

www.kirkwood.co.za - 27 to 29 Junie 2003

:-)

TJ

------------------------------------------------------------ ---

Subscribe and we'll tell you who is doing what, where and when.

Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA

The SA Arts, Culture and Entertainment Hub
Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Gloudina is 'n Afrikaner

Ma., 23 Junie 2003 04:37

Ongeag van baie mense se gevoel, val Gloudina nog steeds onder 'n sekere
klas Afrikaners, soos beskryf in Rapport se brieweblad deur ene Dr PF
Erasmus:
Vir oorlewing saam met ander Suid-Afrikaners moet hulle dringend aan hulle
prioriteite werk.
Die nuwe Suid-Afrika het reeds gister begin en vandag bou die meeste
Suid-Afrikaners aan more, maar te veel blanke Afrikaanses het by eergister
vasgesteek.

Annette

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Norbert se moll

So., 22 Junie 2003 23:04

Norbert

ek wonner maar net hoe gaan dit met jou molle???

Gr.Rico

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Gedig van Ronnie Belcher

So., 22 Junie 2003 20:34

Nie vir die sensitiewe siele nie!
******************************

Ronnie Belcher

Kamer
Jy't saggies die gordyne toegetrek,
en toe jy omdraai en jou kleed afgly
het ek die hand begerig uitgestrek
na sagte rondings van jou bors en dy.
Teen myne was jou liggaam diep, jong grond
wat oorgee aan die ploeg se geil insteek
en tussen ruigsels hare was jou mond
'n pruim wat in die somer soet oopbreek.
Seisoene het dié nag verbygegaan
van ek en jy en sterre wit gesaai,
en voordag het 'n vroeë hoenderhaan
êrens op 'n werf vergeefs gekraai.
Want tussen ons was geen besef, geen vrees,
was slegs dié in mekaar verlore wees.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Oulike site

Vr., 20 Junie 2003 20:32

Hier is 'n oulike site (alweer) hoe om te vloek in verskillende tale. Die
beste deel is natuurlik die Afrikaanse deel. Hulle kom goed reg totdat
hulle by Bitch kom. Gaan kyk maar 'n bietjie hoe't hulle dit gespel.

http://www.insults.net/html/swear/index.html

Elaine

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Navorsing en goete

Vr., 20 Junie 2003 12:49

Ek doen bietjie navorsing, ek wil iets nuuts begin (op die Internet), maar
ek's nie seker wat nie. Daar's 'n groot mark vir Afrikaans, maar tog is die
Afrikaanse sites so beperk, en meestal vervelig (net roekeloos is vir my die
moeite werd). Ek wil iets nuuts en prettig begin. So, as julle wil kan
julle die vragies beantwoord, of julle kan my net ignoreer.

1. Wat sal jy graag op 'n Afrikaanse blad wil sien?

2. Waar dink jy kom die Internet te kort (in gevolge Afrikaans, of
Suid-Afrikaanse web sites)?

3. Dink jy die bladdens wat op die oomblik beskikbaar is verteenwoordig
alle Afrikaners?

4. Is daar nog 'n mark vir Afrikaans?

5. Wat van musiek? Word ons kunstenaars voldoende verteenwoording op die
Internet?

6. Flieks?

7. Word ons kultuur/geskiedenis voldoende en korrek uitgebeeld op die
beskikbare sites?

8. As jy enige site kan begin, wat sal dit wees?

Ek gee almal wat deelneem gratis toegang tot die site as dit uitdraai om 'n
betaal ding te wees. Andersins is julle prys die eenvoudige satisfaksie in
die wete dat julle my uitgehelp het :-)) Ek sal my bes doen om julle te gee
wat julle nodig het (op die site natuurlik), en ek belowe dat my werk van
die hoogste kwaliteit sal wees (ek sal tot 'n woordeboek gebruik!).

Groete & Dankie
Elaine

Koeitjies & kalfies | 39 kommentare

Bladsye (1835): [ «    576  577  578  579  580  581  582  583  584  585  586  587  588  589  590  591    »]
Tyd nou: Ma. Des. 22 20:41:25 UTC 2025