Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

KUNSKAFEE (154)

Fri, 27 June 2003 06:26

KUNSKAFEE (154)
Sondag 29 Junie 2003
kykNet 19:30
Herhalings:
Maandag 30 Junie om 15:00
Dinsdag 1 Julie om 10:00

KUNSKAFEE is 'n kunsjoernaalprogram wat alle kunsvorme so wil reflekteer dat
dit vir Jan Alleman toeganklik sal wees - sonder om die fynproewer teleur te
stel. Van teater tot beeldhouwerk; argitektuur tot landskapkuns; klassieke
musiek tot pottebakkery; ballet tot moderne dans; skilderkuns tot
straatkuns; letterkunde tot strokiesprente; rekenaarkuns tot die Internet;
fotografie tot spotprentkuns.

KUNSKAFEE word nie vanuit 'n ateljee uitgesaai nie. Die stel is verskillende
en uiteenlopende plekke - 'n teater, uitstalling, 'n besondere stuk
argitektuur, 'n galery en so meer.

Die program bestaan nie net uit insiggewende profiele oor kunstenaars en
besondere kunsgebeurtenisse dwarsoor Suid-Afrika nie. Daar is ook 'n
weeklikse kringloop waarin daar om die beurt 'n draai gemaak word by
verhoogproduksies, uitstallings, CD-bekendstellings en uitvoerings in die
Wes-Kaap en Gauteng.

Alhoewel "Kunskafee" op M-Net se Afrikaanse TV-kanaal kykNET uitgesaai word,
is die program tweetalig (Afrikaans en Engels). Dit reflekteer die ryk
tapisserie van plaaslike sowel as internasionale kunstenaars wat ons land
besoek.

Ankeraanbieder: Susan Booyens
Boekerubriek: Hettie Scholtz
Veldaanbieders: Dawn Matthews, Pieter Koen en Melt Sieberhagen.

* Gereelde Kunskafeekykers is teen hierdie tyd al bewus van die Bell-Roberts
Kunsgalery in die Kaap wat gereeld 'n verskyning in die Wes-Kaapse
kunskringloop maak. Hierdie week vind ons meer oor dié toonaangewende galery
uit.

* Ons gee 'n voorsmakie van 'n paar produksies en uitstallings wat hierdie
jaar by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad te sien is. Daar word onder
meer gefokus op die kunstenaar Jo-Anne Bloch, Greig Coetzee se verhoogstuk
"Green Mamba" en die Afrikaase kabaret-diva Amanda Strydom.

* Dawn Matthews het na die Anglo Gold Koor gaan luister. Dié koor het in die
tagtigerjare as 'n sangroep vir 'n enkele geleentheid ontstaan, maar het
intussen tot 'n volwaardige koor wat al in verskeie wêrelddele opgetree het,
gegroei.

* In haar boekerubriek kyk Hettie Scholtz hierdie week na die genetiese
manipulasie van voedsel en die invloed wat dit op ons gesondheid het. Sy
gesels oor Ruth Ozeki se roman "All Over Creation" wat hierdie verskynsel in
die kollig plaas. Sy kyk ook na haar boek "My Year of Meat" en "River Café
Cookbook Easy" van Rose Gray en Ruth Rogers.

Ria Engelbrecht
Pieter Cilliers Produksies
011 789 6780 (t) / 011 789 6647 (f)
www.pcp.co.za

------------------------------------------------------------ ---

Subscribe and we'll tell you who is doing what, where and when.

Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA

The SA Arts, Culture and Entertainment Hub
Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Slegte Nuus

Thu, 26 June 2003 17:25

Hallo julle almal,
Ek weet nie van diegene wat die Herald en vanoggend se Burger gelees
het oor die dood van `n 14 Jarige Tienerseun hier op die N2 snelweg in
Port Elizabeth eergisteraand nie.
Wel dit was ongelukkig my vrou Nicholene se Broer se kind. Sy / hulle
enigste kind.
Op die oomblik doen ek `n beroep op elkeen van julle om asseblief `n
Gebed op te stuur na veral die Vader en Moeder van die seun sowel as
my vrou wat dit verskriklik moeilik hanteer. Dit was hul enigste seun.

Ek het onmiddelik my huispaaiement en mediese geld vandag uit my
rekening gertrek en net so aan hulle oorhandig aangesien hulle oor
geen begrafnispolis beskik nie en dit nie goed gaan met hulle
finansieel nie.

Ek doen asseblief `n beroep op elkeen van julle dat indien daar iemand
is wat miskien belangstel om ons te help om so `n ietsie by te dra vir
die begrafnis om my asseblief direk te kontak.

Dit is `n moeilike tyd vir Ouers om hul enigste kind te bêre maar
sonder die finansieele bystand is dit nie so maklik nie.

Indien iemand met so `n ietsie kan help, asseblief dit sal waardeer
word al is dit ook net `n R10.

Beste Groete en baie dankie vir almal wat sal verstaan.

Beste Groete
Frikkie
Ps: Indien iemand sou belangstel om te help hier is die besonderhede
van my vrou se Bank wat sy dan aan haar Broer kan gee.
Weereens baie dankie vir die wat bereid is om te help en indien so,
laat weet my net asseblief wie die persone is wat help sodat ons kan
weet...

N. H.Potgieter
ABSA BANK
Rek No: 38107421383
Takkode: 632005
Port Elizabeth

Kontak asseblief direk: rsa...@intekom.co.za

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Suidwester - waar is jy?

Thu, 26 June 2003 13:29

Het die sand hom ingesluk?

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Rugbybeledigings

Thu, 26 June 2003 07:22

Ek het hierdie van iemand gekry. Dit beledig omtrent elke rugbyland, maar op
so 'n 'n slim manier dat julle dit ook sal waardeer.

Subject: Rugby
Subject: International Rugby Board (IRB) Rugby World Cup 2003

Following complaints made to the IRB about the All Blacks being allowed to
motivate themselves by performing the 'Haka' before their games, other
nations were asked to suggest pre-match rituals of their own.

The IRB Rugby World Cup 2003 Organising Committee has now agreed to the
following pre-match displays:

ENGLAND
a.. The England team will chat about the weather, wave hankies in the air
and attach bells to their ankles before moaning about how they invented the
game and gave it to the world, and how it's not fair that everyone still
thinks New Zealand are the best team in the world.

SCOTLAND
b.. The Scotland team will chant "You lookin' at me Jimmy?" before smashing
an Iron Bru bottle over their opponents' heads.

IRELAND

c.. The Ireland team will split into two, with the Southern half performing
a Riverdance, while the Northerners march the Traditional route from their
dressing room to the pitch, via their opponents dressing room.

WALES

d.. Unfortunately the Committee were unable to accept the Welsh suggestion
following representations from the RSPCA.

ARGENTINA

e.. Argentina will unexpectedly invade a small part of opposition territory,
claim it as their own "Los In-Goals-Areas" and then be forcibly removed by
the match stewards.

SOUTH AFRICA

f.. Two members of the South African team will claim to be more important
than the other 13 whom they will imprison between the posts whilst they
claim the rest of the pitch for themselves.

AMERICA

g.. The Americans will not attend until almost full time. In future years
they will amend the records to show that they were in fact the most
important team in the tournament and Hollywood will make a film called
'Saving No.8 Lyle'.

CANADA

h. Five of the Canadian team will sing La Marseillaise and hold the rest of
the team to ransom.
ITALY

i. The Italian team will arrive in Armani gear, sexually harass the female
stewards and then run away.

SPAIN

j. The Spanish will sneak into the other half of the pitch, mow it and then
claim that it was all in line with European "grass quotas". They will then
curl up under the posts and have a kip until half time, when their appeal
for compensation against the UK Government will be heard.

JAPAN

k. The Japanese will attempt to strengthen their team by offering good
salaries to the key opposition players and then run around the pitch at high
speed in a highly efficient manner before buying the ground (with a subsidy
from the UK Government).

FRANCE
l.. The French will declare they have new scientific evidence that the
opposition are in fact all mad. They will then park lorries across the
halfway line, let sheep loose in the opposition half (much to the delight of
Wales!) and burn the officials.

AUSTRALIA
m.. The Australians will have a 'barbie' before negotiating lucrative
singing and TV contracts in the UK. They will then invite all their mates to
come and live with them in Shepherds Bush.

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Lied in "Nine months"

Thu, 26 June 2003 06:53

In die film "Nine months", onlangs op TV, het Hugh Grant op 'n stadium 'n
plaat gespeel op 'n tere oomblik. Ek dink die titels het gesê dit was deur
Van Morrison. Is daar iemand op die ng wat met sulke skraps inligting vir my
kan sê wat die plaat was? Dit was besonder mooi.

Koot

Musiek & liriek | 5 kommentare

Rugby ....

Thu, 26 June 2003 06:22

Hoekom kan Suid-Afrikaners nie die bal hanteer nie?

(Die O-21 Bokkies het by tye goed gelyk.)

Sport & ontspanning | 2 kommentare

"seep poeding"

Wed, 25 June 2003 12:28

Ken julle van "seep poeding"? Is daar 'n ander naam?

1 en 'n half koppie melk
2 eetlepels Maizena
1 eetlepel suiker
2 eiers wit en geel geskei
Appelkooskonfyt.

Klits eiergele en meng met 'n bietjie Maizena mengsel
- pasop vir skif
Roer dan in Maizena mengsel in en kook stadig
Klits eierwitte styf me 1 teelepel suiker
- gooi Maizena mengsel in glasbak
Smeer appelkooskonfyt bo-oor en dan die styfgeklitste eierwitte
Plaas in oond totdat dit bo-op liggies verkleur
- Pasop dit brand maklik!

Lekker eet.

:-)

TJ

Kos & resepte | 0 kommentare

resep

Wed, 25 June 2003 10:42

Ek sit hier met my pak Knorr en alles wat ek nodig het om Zuid Afrikaanse
kip Palava te gaan maak.

Maar dit is 'n pak, met alles kant en klaar en ek is iemand wat dit liewer
almal self kook.

Ek soek in my kook en geniet boek, maar kan nie kip palava vind
nie!!!!!!!!!!!!1

Op google, ek vind palavasous as Ghanese sous.

Is kip Palava Suid Afrikaans, soos bobotie, of is dit nie reg nie.

Ek sal Knorr moet gaan aankla en 'n hofsaak aangaan, as hulle se dis Suid
Afrikaans en dis nie!

Maar my vra is, wie het 'n resep om kip Palava te maak

Gr,Rico

Kos & resepte | 63 kommentare

Toetsie Woetsie

Wed, 25 June 2003 08:45

Ek weet nie waarom nie, maar ek kon nie meer pos nie... Nou´t ek my
emailadres verander (die oue het laaaankal verval) en nou probeer ek
maar weer...

As ek dus op jou killfile was, sit my maar weer op, anders gaan ek jou
beeldskerm ontsier met my twak wat ek so graag kwytraak...

Groete
Max__________________________________________________

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Aan Ek

Wed, 25 June 2003 07:27

Liewe Ek en DD

Wat het die feit dat ek 'n rystoel is te doen met die prys van eiers te
doen??? Verduidelik asb. DD ek ag myself as ek, jy moet maar dink wat jy
wil dink dis jou opinie.

Groete
Newsie

Koeitjies & kalfies | 34 kommentare

Bladsye (1838): [ «    574  575  576  577  578  579  580  581  582  583  584  585  586  587  588  589    »]
Tyd nou: Sat Jan 18 12:58:56 UTC 2025