Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

'n Genotvolle Boek

Thu, 17 July 2003 14:41

Die Geel Komplot deur George Weideman.
Dit is vir die kind in my geskryf.

Voor in:
"Kaas is melk se sprong na ontsterflikheid"
- Monsieur Mozzarella Muis.

Die hoofkarakter is Tara Tandmuis.
Dan is daar Monsieur Mozzarella, Tara se half-Italiaanse oom.
Juffrou Gesie Soetmelk die onderwyseres
Turbotjaart die Mazda-muis en marathonmuis.
Heilige Stoffel die Kerkmuis.
Daar is ook 'n kerkmuis met die naam Dronk Dawid wat hom eers help aan die
nagmaalwyn voordat jy soveel broodkrummels moontlik probeer bymekaarmaak.

Ek moet nog lees van
Madame Ricotta die teatermuis
Kaptein Soolvrat die seerot
Liptauer die swygsame
Magalie Magou die spraaksame
Barnabas Brie die sluiper
Filippus Gruyère die rekenaarmuis - 'n rekenaarfundi met beperkte visie.

Die enigste mense wat Tara ken en baie bang voor is is die Slymsnaters ( is
dit nou 'n mooi naam vir snotkoppe?:)) ), met 'n groot kat wat se naam
Dierasie is.

Die boek gee glo eindelik die antwoord op die vraag: Wat weet 'n kat van
saffraan?

Annette

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

Dronkkasie

Thu, 17 July 2003 13:11

Blykbaar was die UKkasie by Wembley in London ietwat van 'n teleurstelling -
daar was glo nie genoeg sekuriteitsbeamptes om die dronk menigtes in toom te
hou nie. Theuns en Dozi se vertonings is ontwrig deur mense wat tydens hul
vertonings oor die verhoog gehardloop het, en daar was selfs 'n jong man wat
vir sy vermaak homself van die verhoog af aan die gehoor ontbloot het.
Die aanbieder van die geleentheid beweer hulle het nie so baie mense verwag
nie.
Eintlik is dit die Bokke se skuld - as hulle nie teen die Aussies Saterdag
gewen het nie, was daar nie so baie mense wat dronk van blydskap was nie;))

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Haatspraak.

Thu, 17 July 2003 13:05

Die menseregtekommissie het nou van plan verander en hul vorige uitspraak
dat Kill the Boer, Kill the Farmer nie haatspraak is nie, verander dat dit
inderdaad haatspraak is.

Die Vryheidsfront het die saak aanhangig gemaak nadat dreunsang met bg
slagspreuk by Peter Mokaba se begrafnis deur duisende geuiter is, en Mbeki,
alhoewel hy by die begrafnis was, eers twee dae na die tyd hom teen die
gebeure uitgespreek het.
Mandela was ook op die begrafnis, en het ook niks gesê nie.
Almal op die verhoog het net afgekyk grond toe.

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Madela sêgoed ...

Thu, 17 July 2003 11:35

"Ek het gestry teen wit oorheersing en ek het gestry teen swart oorheering.
Ek stel die ideal van 'n demokrasie en vrye samelewing, waar almal in
harmonie en met gelyke geleenthede saamleef, hoog op prys. Dit is 'n ideal
waarvoor ek leef. Maar dit is ook 'n ideal waarvoor ek bereid is om te
sterf." Nelson Mandela , Rivonia-verhoor, 1964.
(Dis volgens vanoggend,17/07/2003, se BEELD.)

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Film - Rainmaker - PK Keith

Wed, 16 July 2003 12:11

Hallo,

Ik heb ooit een film gezien over een PK Keith, de rainmaker, die in de
tijd van de tweede wereldoorlog opgroeide in Zuid Afrika.

Ik weet alleen de naam van deze film niet en ik kan deze nergens
vinden. Kan iemand mij hiermee helpen?

Alvast bedankt,
Apost

TV, flieks & vermaak | 3 kommentare

Boodskap vir oom Nelson

Wed, 16 July 2003 04:32

Julle kan 'n verjaarsdagboodskap vir oom Nelson stuur op:
www.safrica.info
Annette

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

meningsopname

Tue, 15 July 2003 19:04

http://www.rebellie.org/raaktief_v1.htm
http://www.rebellie.org/Raaktief/Meningsopname-3_1.doc

English Version:
http://www.rebellie.org/Raaktief/Meningsopname3Engels.doc

Meningsopname deur die Kulturele Geregtigheid Stigting

Geagte Volksgenoot

Regsargument word tans in die Hooggeregshof te Pretoria gevoer ten
opsigte van die wettigheid al dan nie van die wyse waarop die De
Klerk-Regering die mag in Suid-Afrika oorgegee het.

Die voormalige staatspresident, F.W. De Klerk, is gedagvaar deur die
regspan van sekere aangeklaagdes in die "Boeremag" - saak om op 4
Augustus 2003 in die hof te verskyn sodat hy kan getuig oor die
bogenoemde
proses.

'n Argument wat reeds deur die Staat aangevoer is, lui dat die
meerderheid van voormalige kiesers in die De Klerk-era stilswyend hul
goedkeuring verleen aan die wyse waarop die huidige bewind tot stand
gekom het.

Dit is van kardinale belang dat u, as lid van die publiek, u stem
uitbring teen hierdie bewering indien u nie stilswyend die De
Klerk-Regering
se optrede ten opsigte van magsoorgawe goedkeur nie.

Om hierdie rede, bied die Kulturele Geregtigheid Stigting u 'n
geleentheid om u stem uit te bring by wyse van u handtekening op die
meegaande
vorm, waarin bogenoemde saak verder uiteengesit word.

Die saak is uiteraard dringend, en word u versoek om so spoedig
moontlik u gewaardeerde aandag hieraan te skenk.

Dit sal verder waardeer word indien u:
· Die handtekening lys kan uitdruk (aangeheg as "Word"-dokument)
· Die handtekening lys kan vermeerder en versprei
· Die streekskoördineerders kontak om die getekende lyste te kollekteer
· of indien ongerieflik, die lyste na die faksnommer terug te faks

Besorg asseblief terug voor of op 31 Julie 2003
Verdere besonderhede sal mettertyd op Radio Pretoria deurgegee word.

F. W. De Klerk soos aangehaal in Hansard, 24 Januarie 1992:
"Ons (NP-Regering) is in eer gebonde om 'n referendum te
hou wat die kieserskorps van elk van die 3 Huise van die Parlement die
geleentheid sal bied om hulle uit te spreek oor enige wesenlike
voorgestelde wysigings aan die Grondwet".

Volgens bogenoemde uitspraak en vele ander, sou die destydse regerende
Nasionale Party spesifieke voorgestelde wysigings aan die Grondwet,
eers aan kiesers vir goedkeuring voorlê alvorens die Grondwet gewysig
sou word. Dit is egter nie gedoen nie, en tydens die referendum van 17
Maart 1992 moes kiesers bloot uitspraak lewer op die vraag of hulle
ten gunste van onderhandelings met die oog op 'n nuwe grondwet
was. Vervolgens het die De Klerk-Regering die grondwet radikaal
verander sonder om die tersaaklike kiesers in die saak te ken.

Indien u hierdie ondemokratiese, mandaatlose gebeure met gevolglike
gebrek aan selfregering verwerp, bring asseblief u handtekening hierop
aan.
[...]

Met dank die uwe

Nasionale Koördineerder (Pieter Moller 012-807 2777 kantoor-ure of 084
514 0842)

e-pos: p...@telkomsa.net

of cam...@telkomsa.net

Koeitjies & kalfies | 45 kommentare

Idols...wat 'n gekke spul?

Tue, 15 July 2003 07:10

As ek die ding van die program reg verstaan, dan het hulle laas jaar
blykbaar 'n wenner gesoek wat reg moet lyk en reg moet kan sing? Toe kies
die publiek vir Heinz Winkler en was daar baie ontevredenheid oor ander
kunstenaars wat voorheen uitgestem was wat beter stemme gehad het.....nou
kies hulle hierdie jaar net vir die stemgehalte? Nou verstaan ek nie
lekker nie. Die beoordeellaers kies 'n klomp mense wat kan sing en dan
gooi hulle dit weer vir die publiek om te stem wat weer nie net bloot op
stem gaan kies nie, want hulle is nie gekwalifiseer om dit te doen nie.
Hulle sal w��r stem vir die ou/meisie wat lekker kan sing maar ook lekker op
die oog is.
Nog 'n ding. Die vier beoordeellaers lyk vir my of hulle kyk wie van
hulle die beste belediging kan gooi vir sommige deelnemers. Is dit deel
van die modus operandi van die program? Ek meen nou maar, jy kan vir
iemand sê jy hou nie van sy stem nie en dat hy dalk eers nog so 'n bietjie
gaan oefen, maar om vir van die mense uit te lag en te beledig, is nie goeie
smaak nie. Ek besef dis eintlik 'n 'jongetjie-program', maar is die tipe
van optrede aanvaarbaar vir die jongetjies van vandag?

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

16 dae ... en dan is dit oor en verby

Mon, 14 July 2003 20:42

Musikante en musiekliefhebbers ... Nog net 16 dae en dan is die spesiale
aanbod verby.

Waaroor gaan dit?

Moenie vir my vra nie.

Gaan kyk self

P.S Jy sal nie spyt wees nie

http://www.midiboer.co.za/klub.htm

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die mees bekende man word 85

Mon, 14 July 2003 18:44

Die mees bekende man in die wêreld word 85.

Bekender as Dollty Parton? Bekender as Oprah?
Bekender as Britney Spears? Bekender as Dave Du Plessis?
Bekender as Modonna?

Ek weet dat die meeste van hulle nie mans is nie, maar steeds
is die vermetelheid van die SAUK verregaande!

Speedy Gonzales

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

Bladsye (1838): [ «    565  566  567  568  569  570  571  572  573  574  575  576  577  578  579  580    »]
Tyd nou: Sat Jan 18 10:07:38 UTC 2025