Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » 'n Genotvolle Boek
'n Genotvolle Boek [boodskap #80582] Do, 17 Julie 2003 14:41
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die Geel Komplot deur George Weideman.
Dit is vir die kind in my geskryf.

Voor in:
"Kaas is melk se sprong na ontsterflikheid"
- Monsieur Mozzarella Muis.

Die hoofkarakter is Tara Tandmuis.
Dan is daar Monsieur Mozzarella, Tara se half-Italiaanse oom.
Juffrou Gesie Soetmelk die onderwyseres
Turbotjaart die Mazda-muis en marathonmuis.
Heilige Stoffel die Kerkmuis.
Daar is ook 'n kerkmuis met die naam Dronk Dawid wat hom eers help aan die
nagmaalwyn voordat jy soveel broodkrummels moontlik probeer bymekaarmaak.

Ek moet nog lees van
Madame Ricotta die teatermuis
Kaptein Soolvrat die seerot
Liptauer die swygsame
Magalie Magou die spraaksame
Barnabas Brie die sluiper
Filippus Gruyère die rekenaarmuis - 'n rekenaarfundi met beperkte visie.

Die enigste mense wat Tara ken en baie bang voor is is die Slymsnaters ( is
dit nou 'n mooi naam vir snotkoppe?:)) ), met 'n groot kat wat se naam
Dierasie is.

Die boek gee glo eindelik die antwoord op die vraag: Wat weet 'n kat van
saffraan?

Annette
Vorige onderwerp: Nuwe afrikaanse boeke
Volgende onderwerp: tydskrifte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:17:31 MGT 2024