Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Enige metroseksuele hier?

Ma., 04 Augustus 2003 11:45

Dis nou mans wat nie in die platteland bly nie, wat besorg is oor wat se
haarprodukse en velsorgprodukte gebruik moet word, wat avontuurlik is met
kleure en kleredrag, hou van juweliersware en gaan gereeld vir aromaterapie
en gesigsbehandelings.
Daar is nou salonne wat gesigwakstegnieke ontwerp het omdat die
metroseksueel nie van hare of van skeer hou nie.
Hulle het ook hul weergawe van die bikiniwaks - die "back,crack & sack
wax":))

Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Doodstraf - alweer

Ma., 04 Augustus 2003 08:53

'n Man se moeder, vrou en baba is hier (Pretoria) koelbloediglik gekaap,
verkrag en vermoor. Die mans is reeds aangekeer.
Lees die berig en gee my een rede waarom die mans se lewens gespaar moet
word.

http://www.iol.co.za/index.php?newslett=1&click_id=79&am p;art_id=vn2003080402532
8859C639323&set_id=1

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

SA rugby en rugbyspelers

So., 03 Augustus 2003 15:27

Ek is nou die laaste persoon wat oor rugby moet praat. Ek het my
laaste lewendige rugbywedstryd bygewoon toe ek sestien was op
my eerstejaar se Intervarsity, waar die telling 0 - 0 was in 'n totale
sousreen. Maar soos elke wit Suid-Afrikaner, het ek grootgeword
met kennis van die legendariese persoonlikhede van SA rugby.
Ek was in dieselfde koshuis as Bennie Osler se dogter. Sy was
ongeveer soos 'n prinses behandel, net omdat sy die Osler naam
gehad het. Een van my kamermaats se ma was die suster van
Paul Roos, en ons het dikwels vir een van sy ander susters gaan
kuier wat in Stellenbosch gebly het en wat die heerlikste wafels
kon maak. (Ek is nou nog in kontak met daardie kamermaat.)
Die laaste keer toe ons in Pretoria gebly het voor ons finaal
die land verlaat het, het ons net oorkant Jaap Bekker in Lunnon
straat gebly. Ek dink hy was omtrent die enigste Springbok-
rugbyspeler wat ek in lewende lywe gesien het. Die Springbok
waarvan ek die meeste gehoor het, was Blokkies Joubert. Die
laaste keer toe ek my ma lewendig gesien het, het sy aanhoudend
vir ons die lied gespeel. (Net as my suster nie in die woonstel
was nie, want my suster was al klaar siek vir " Blokkies Joubert."
Needless to say, ons sit en speel daardie lied gereeld hier in
Kanada.
Ek sit nou hier en tik, want elke Sondagoggend sit my man
knaend voor die TV se sportkanaal en kyk, 'n dag laat, die spektakel
van hoe SA keer op keer teen Australia of NZ verloor. Nou my
vraag is dit. Hoekom was SA so goed daar in die middel van die
twintigste eeu, en hoekom is hulle nou so power. My man probeer
verskoning maak deur te glo dat die Australiese en NZ spanne al
lankal geleer het hoe om hulle op te bou met steroids en dat SA nog
nie so bedrewe is daarmee nie. Maar ek wonder tog of dit die geval
is. Enige opinies hieroor?

Gloudina

Sport & ontspanning | 10 kommentare

" By Tontelbos " deur DONALD RIEKERT

So., 03 Augustus 2003 13:40

Donald W. Riekert

By Tontelbos

By Tontelbos pak
die noordewind die
wolk dikmelk en die
eerste druppels reën
skop die klam reuk
van die stof op
agter die grootuier
bokooi se waggeltrap
van tweelinglammers

Prosa & poësie | 2 kommentare

Al weer ABSA

So., 03 Augustus 2003 10:44

ABSA Bank koer my moer. My bankkoste was verlede maand R140. Dis 'n fooitjie
hier en 'n kaartbeskerming daar. Lw. Ek het geen oortrokke rekenening by
hulle nie, en ek het ook nie verlede maand een tjek uitgeskryf nie.

Ekonomie & geldsake | 17 kommentare

Rico.

So., 03 Augustus 2003 04:41

Beste mense op hierdie groep,

Rico, wat hier reëlmatig 'n beriggie skryf, is verlede nag oorlede.
Hy was ernstig siek en is verlede Woensdag geopereer. Voor sy operasie het
hy my gevra dat, as daar iets verkeerd sou gaan en hy sou oorly, ek dit op
hierdie nuusgroep sou meld.
My pyn in my hart het ek dit nou gedoen.
Hy was 'n goeie vriend en baie lief vir die Afrikaanse taal.

Hilda.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Re: Crosses protesting farm murders have been removed

Sa., 02 Augustus 2003 17:46

"Herman" wrote in news:3f2bf284$0$49110
$e4fe...@news.xs4all.nl:

>
> "George B." wrote in message
> news:6c613aef.0308020914.394071ea@posting.google.com...
>> Just why are the so afraid of attention to the subject of farm
>> murders?!

>
>
> Nederlandse newsgroups zijn populair.
>
>
>

Het zijn regelmatig 1e/2e generatie NL-boeren die aldaar worden vermoord,
destijds gestimuleerd door de NL-overheid om te emigreren, midden jaren 50.

Those killed are frequently 1st/2nd generation Dutch farmers, back then
stimulated to emigrate by the Dutch government, in the 50's.

En dankzij de latere steun van de NL-overheid aan het ANC-terrorisme zit er
nu een regime dat vol verwachting toekijkt hoe in Zimbabe boeren worden
vermoord (Mbeki noemde Mugabe 'champion of the law'), en geen zak doet om
hetzelfde in ZA te voorkomen, integendeel.
Zimbabwe nu = Zuid-Afrika binnen 10 jaar.

And thanks to the later support from the same Dutch government to the ANC-
terrorism we now have a regime that watches in full anticipation how
farmers in Zimbabwe are murdered (Mbeki called Mugabe 'Champion of the
law'), and does nothing to prevent the samen in SA, au contraire.

Geen posting kan teveel zijn om destijdse ANC-aanhangers op hun miserabele
falen te wijzen, gecombineerd met hun zieke huidige stilzwijgen.

No posting can be too much to confront the ANC-supporters back then to
their miserable failure, combined with their sick silence of today.

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

SA Magte

Sa., 02 Augustus 2003 17:19

Die manne wat belangstel, kyk gerus hier. Niks snaaks nie maar net Ons
Ouens / Manne was daar.

Beste Groete
Frikkie
pot...@intekom.co.za

http://go.to/samagte

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Troos " deur DONALD RIEKERT

Vr., 01 Augustus 2003 22:31

Donald W. Riekert

Troos

Hou vir my Unaline
'n kommetjie melkswart
witstamkoffie dat ek
uit jou hand proe die
geur van die kalaharisand
die bietjie soetmaak bruin
suikertjies in die bitter
bruinkoffie o hou vir my
'n kommetjie smaak 'n trekseltjie
proe van die rooi woestyn

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: Madiba Magic!!!!

Vr., 01 Augustus 2003 20:01

hehe
en vir die's wat dink dis nie snaaks
middelvinger

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    555  556  557  558  559  560  561  562  563  564  565  566  567  568  569  570    »]
Tyd nou: Di. Des. 16 13:53:03 UTC 2025