'n Voormalige bestuurder van die Overberg munisipaliteit, wat na twee jaar
van sy 7 jaar kontrak gedwing was om sy pos te verlaat agv van sy onvermoë
om sy werk te kan doen, gaan 'n 3 miljoen goue handdruk kry.
Die totale begroting vir die area vir die jaar is 160miljoen.
Verlede jaar, na die oorlopery, was daar groot ongelukkigheid toe die
bestuurder van die Kaapse munisipaliteit afgedank is omdat hy deur die nou
minderjeidsparty aangestel is, 'n 1 miljoen goue handdruk gekry het.
Kaapstad het 'n jaarlikse begroting van R9 biljoen.
Die onbevoegde skielike ryke is aangestel in 2001 deur die ANC -aangestelde
burgemeester van Theewaterskloof, Ellen Jansen.
Annette
Steve Hofmeyer onderneem om op 16 Augustus nakend langs Paul Kruger se
standbeeld op kerkplein te gaan staan sodat Pretoria Pretoria kan bly.
Gaan iemand vir hom vertel dis nog winter?
1) Die veteraantrekkersaamtrek op Kleinplasie.
Daar gaan tot 'n trekker wees wat mens met 'n hamerslag aanskakel.
Volgens die verduideliking word daar loskruit gesit in 'n pek op die enjin,
en dan slaan jy met 'n hamer op die kruit, wat dan die ontbranding
veroorsaak.
2) Velddrif se Alibamakultuurfees.
Die Alibama was 'n boot wat gereeld tussen die Bergriviermond en Kaapstad
gevaar het, met hoofsaaklik riete wat gebruik is om matrasse mee op te
stop - die riete is kooigoed genoem, en vandaar die woorde in Daar kom die
Alibama - Nooi, nooi, die rietkooinooi.
Deur die All Blacks.
Van hul uitstprake "ten gunste en ter ondersteuning" van die Springbokke,
het huidige en oud-All Blacks die volgende te sê gehad:
1) Nog geen Springbok het my al in die gesig gespoeg nie.
2) Die Springbokke is nie die vuilste span teen wie ek nog gespeel het nie.
3) Die Springbokke is 'n fisieke span. Hulle gaan voluit en hou niks terug
in die fisieke aspek van die spel nie.
Met ondersteuning soos hierdie, wie het teenstanders nodig?:)
Annette
Van die nuwe aankondiging ivm skole - dat kinders nie meer na 2006 eksamen
gaan skryf nie, maar ge-evalueer gaan word, en enige kind wat meer as 70%
dan sou behaal word as "uitstaande" aangetoon?
Praat van verlaging van standaarde.!
Annette
Wildsboere in die Vrystaat moet agv bg siekte van hul wildebeeste ontslae
raak. Eers nadat die arme dier doodgemaak is, word dit getoets of dit wel
die siekte onder lede gehad het.
Annette