Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

WAM Fees

Do., 07 Augustus 2003 00:45

29 - 31 Augustus is die WAM Fees op Sasolburg. Hierdie jaar word dit vir
die 2de keer gehou, nadat verlede jaar se fees 'n groot sukses was. Steve
kon dit nie maak nie, al wou hy, want sy vroutjie is dan op haar laaste. Hy
sal wel die eerste naweek in September in Sasolburg 'n draaitjie kom maak
(ek dink die 3de keer hierdie jaar). 'n Paar kunstenaars wat wel daar sal
wees:

Nianell
Valiant Swart
Ddisselboom
Ons eie 3 Tenore
Marc Lottering (gee my krag)
Cut Glass
Laurika Rauch
Cutting Jade (ooooeeeee)
Bill Flynn

Daar sal ook 'n paar markte, opvoerings, kunsmarkte, biertente en dies meer
wees. SASOL het verlede jaar iets soos R60 mil. aan die munisipaliteit
gegee vir opknappings werk, o.a. aan die olimpiese standaard swembad waar
die Internasionale winter swem kampioenskappe gehou word in Julie, die
lieflike Ettienne Rousseau teater en die Olimpiese standaard Stadion. Die
munisipaliteit het ook al die paaie in en om Sasolburg opgeknap.

WAM staan vir Wax, Art and Music en as julle sou belangstel daarin om by te
woon, gaan besoek die site by http://www.wamfestival.co.za. Daar is genoeg
verblyf beskikbaar - as jy bereid is om in een van die omliggende dorpe te
gaan bly vir die naweek. Abrahamsrust, Emfuleni (Vanderbijl), Riverside Sun
en Emerald Casino sal sekerlik nog genoeg plek hê.

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Vanuit SCSA

Wo., 06 Augustus 2003 21:16

Interessant genoeg gevind om hierheen te bring.
Met al hul kruisposse glo ek nie dat hulle iets
daarteen sal hê nie.

DD

************************************************************ ************
Dear Peter Brooks,

On Mon, 4 Aug 2003 22:22:32 +0200, "Peter H.M. Brooks"
wrote:
>
> "Moira de Swardt" wrote in message
> news:3f2ea5f7$1$225@hades.is.co.za...

>> "Peter H.M. Brooks" wrote in message

>>> You don't expect morality from theists.

>> I know very few people with integrity and "morality". However some
>> of these are religious people.

> I also know very few and indeed some of them are religious too. However, I
> don't expect morality from theists, or even from followers of non-theistic
> religions like Marxism.

Do not paint all religions with the same brush. There is a better
example of a non-theistic or atheistic religion- Buddhism. It is a
widely practiced religion that indeed does delve into morality without
a pretext of god. Your dislike for theistic religions should not
justify a lack of respect with all religions.

The greatest harm from zealous theistic religions happened during
destruction of other culture's text depicting different gods. These
losses were tragic. There was much to be learned from these differing
views. A general hatred of god or in different gods will lead to the
same result.

Doug

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

In die land van die blindes ...

Wo., 06 Augustus 2003 20:03

Is die MidiBoer Koning.

www.midiboer.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ken jou statistiek

Wo., 06 Augustus 2003 13:01

Kry dit van iemand:
Vraag: Wanneer laas het die Springbokke die All Blacks goed op hul herrie
gegee?

Sien antwoord onder

Onderer

Antwoord: By Bloedrivier.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Al hoe gouer

Wo., 06 Augustus 2003 10:27

'n Voormalige bestuurder van die Overberg munisipaliteit, wat na twee jaar
van sy 7 jaar kontrak gedwing was om sy pos te verlaat agv van sy onvermoë
om sy werk te kan doen, gaan 'n 3 miljoen goue handdruk kry.
Die totale begroting vir die area vir die jaar is 160miljoen.

Verlede jaar, na die oorlopery, was daar groot ongelukkigheid toe die
bestuurder van die Kaapse munisipaliteit afgedank is omdat hy deur die nou
minderjeidsparty aangestel is, 'n 1 miljoen goue handdruk gekry het.
Kaapstad het 'n jaarlikse begroting van R9 biljoen.

Die onbevoegde skielike ryke is aangestel in 2001 deur die ANC -aangestelde
burgemeester van Theewaterskloof, Ellen Jansen.
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Steve se offeraanbod.

Wo., 06 Augustus 2003 09:08

Steve Hofmeyer onderneem om op 16 Augustus nakend langs Paul Kruger se
standbeeld op kerkplein te gaan staan sodat Pretoria Pretoria kan bly.
Gaan iemand vir hom vertel dis nog winter?

Hy moes dit liewer gedreig het:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Feeste die naweek

Wo., 06 Augustus 2003 09:02

1) Die veteraantrekkersaamtrek op Kleinplasie.
Daar gaan tot 'n trekker wees wat mens met 'n hamerslag aanskakel.
Volgens die verduideliking word daar loskruit gesit in 'n pek op die enjin,
en dan slaan jy met 'n hamer op die kruit, wat dan die ontbranding
veroorsaak.

2) Velddrif se Alibamakultuurfees.
Die Alibama was 'n boot wat gereeld tussen die Bergriviermond en Kaapstad
gevaar het, met hoofsaaklik riete wat gebruik is om matrasse mee op te
stop - die riete is kooigoed genoem, en vandaar die woorde in Daar kom die
Alibama - Nooi, nooi, die rietkooinooi.

Annette

Reis & vakansie | 1 kommentaar

Ons Bokke word Geloof en Ondersteun

Wo., 06 Augustus 2003 06:34

Deur die All Blacks.
Van hul uitstprake "ten gunste en ter ondersteuning" van die Springbokke,
het huidige en oud-All Blacks die volgende te sê gehad:
1) Nog geen Springbok het my al in die gesig gespoeg nie.
2) Die Springbokke is nie die vuilste span teen wie ek nog gespeel het nie.
3) Die Springbokke is 'n fisieke span. Hulle gaan voluit en hou niks terug
in die fisieke aspek van die spel nie.

Met ondersteuning soos hierdie, wie het teenstanders nodig?:)
Annette

Sport & ontspanning | 6 kommentare

Weet iemand meer?

Wo., 06 Augustus 2003 06:27

Van die nuwe aankondiging ivm skole - dat kinders nie meer na 2006 eksamen
gaan skryf nie, maar ge-evalueer gaan word, en enige kind wat meer as 70%
dan sou behaal word as "uitstaande" aangetoon?
Praat van verlaging van standaarde.!
Annette

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Snotsiekte

Wo., 06 Augustus 2003 06:23

Wildsboere in die Vrystaat moet agv bg siekte van hul wildebeeste ontslae
raak. Eers nadat die arme dier doodgemaak is, word dit getoets of dit wel
die siekte onder lede gehad het.
Annette

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Bladsye (1835): [ «    553  554  555  556  557  558  559  560  561  562  563  564  565  566  567  568    »]
Tyd nou: Wo. Des. 17 09:25:47 UTC 2025