Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Doodstraf?

Fri, 08 August 2003 06:27

Het julle gesien hoe vreeslik bly die Balie bommer was oor die doodstraf wat
hy gekry het?
Hulle moes hom liewer vir die res van sy lewe tronk toe estuur het sodat hy
teleurgesteld kan wees.
Eintlik dink ek hy moet met boeie aan permanent in 'n kroeg gaan werk, met
sy wit pakkie aan, kadotjie op die kop en yl baardjie - dan kan sy eie
mense hom opblaas om hom van sy aardse hel te verlos.

Annette

Koeitjies & kalfies | 32 kommentare

" Kennis " deur DONALD RIEKERT

Fri, 08 August 2003 01:32

Donald W. Riekert

Kennis

Die ou wyfiebobbejaan
soek teen Gamohaankop
na die soet wildevy
Lek die witgis op uit
die oorryp stroop en
praat drie dae lank
van die verbasende
kennis van die mens

Prosa & poësie | 0 kommentare

Hey Presto!!

Thu, 07 August 2003 18:40

Die Kaap se nuwe polisiehoof is aangewys.
Mziwandile Petros.

Annette

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Nog een weg.

Thu, 07 August 2003 18:38

Die van julle wat die Labia hier die afgelope 25 jaar besoek het, het
heelwaarskynlik voor af na die tyd al by The Buccaneer Steakhouse gaan eet.
Joe van Buccaneer maak die einde van Augustus klaar, want die kompetisie
raak te veel. Die afgelope 5 jaar het daar 41 eetplekke naby hom oopgemaak.
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Windhoek: Munisipale polisie

Thu, 07 August 2003 10:52

Baie interessant was gister se storie dat die gemiddelde gebruiker van
munisipale dienste so om en by R300 per maand ekstra moet betaal, die
hoofdeel waarvan vir 'n nuwe munisipale polisiediens is wat nou tot stand
kom. Van wat mens oor die media hoor, is meeste van die inwoners van
Windhoek nie te onwillig [het hulle 'n keuse?] om die ekstra geld te betaal
nie, MAAR hulle wil weet hoe effektief gaan hierdie polisiediens wees? Kan
hulle 'bargain' daarop dat hierdie mense soos 'n sekuritietfirma binne 'n
sekere tyd in posisie gaan wees as daar misdaad plaasvind, of gaan dit maar
soos met die land se polisiediens gaan waar die mense nie eers genoeg
voertuie het om hulle werk te kan doen nie? As jy nie tevrede is nie, kan
jy mos nie die diens 'fire' nie! Dit kan maklik ontaard in maar net nog 'n
semi-staat geldslukker van die publiek....die kans is amper 100% dat dit
gaan gebeur!

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

WAM Fees

Thu, 07 August 2003 00:45

29 - 31 Augustus is die WAM Fees op Sasolburg. Hierdie jaar word dit vir
die 2de keer gehou, nadat verlede jaar se fees 'n groot sukses was. Steve
kon dit nie maak nie, al wou hy, want sy vroutjie is dan op haar laaste. Hy
sal wel die eerste naweek in September in Sasolburg 'n draaitjie kom maak
(ek dink die 3de keer hierdie jaar). 'n Paar kunstenaars wat wel daar sal
wees:

Nianell
Valiant Swart
Ddisselboom
Ons eie 3 Tenore
Marc Lottering (gee my krag)
Cut Glass
Laurika Rauch
Cutting Jade (ooooeeeee)
Bill Flynn

Daar sal ook 'n paar markte, opvoerings, kunsmarkte, biertente en dies meer
wees. SASOL het verlede jaar iets soos R60 mil. aan die munisipaliteit
gegee vir opknappings werk, o.a. aan die olimpiese standaard swembad waar
die Internasionale winter swem kampioenskappe gehou word in Julie, die
lieflike Ettienne Rousseau teater en die Olimpiese standaard Stadion. Die
munisipaliteit het ook al die paaie in en om Sasolburg opgeknap.

WAM staan vir Wax, Art and Music en as julle sou belangstel daarin om by te
woon, gaan besoek die site by http://www.wamfestival.co.za. Daar is genoeg
verblyf beskikbaar - as jy bereid is om in een van die omliggende dorpe te
gaan bly vir die naweek. Abrahamsrust, Emfuleni (Vanderbijl), Riverside Sun
en Emerald Casino sal sekerlik nog genoeg plek hê.

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Vanuit SCSA

Wed, 06 August 2003 21:16

Interessant genoeg gevind om hierheen te bring.
Met al hul kruisposse glo ek nie dat hulle iets
daarteen sal hê nie.

DD

************************************************************ ************
Dear Peter Brooks,

On Mon, 4 Aug 2003 22:22:32 +0200, "Peter H.M. Brooks"
wrote:
>
> "Moira de Swardt" wrote in message
> news:3f2ea5f7$1$225@hades.is.co.za...

>> "Peter H.M. Brooks" wrote in message

>>> You don't expect morality from theists.

>> I know very few people with integrity and "morality". However some
>> of these are religious people.

> I also know very few and indeed some of them are religious too. However, I
> don't expect morality from theists, or even from followers of non-theistic
> religions like Marxism.

Do not paint all religions with the same brush. There is a better
example of a non-theistic or atheistic religion- Buddhism. It is a
widely practiced religion that indeed does delve into morality without
a pretext of god. Your dislike for theistic religions should not
justify a lack of respect with all religions.

The greatest harm from zealous theistic religions happened during
destruction of other culture's text depicting different gods. These
losses were tragic. There was much to be learned from these differing
views. A general hatred of god or in different gods will lead to the
same result.

Doug

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

In die land van die blindes ...

Wed, 06 August 2003 20:03

Is die MidiBoer Koning.

www.midiboer.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ken jou statistiek

Wed, 06 August 2003 13:01

Kry dit van iemand:
Vraag: Wanneer laas het die Springbokke die All Blacks goed op hul herrie
gegee?

Sien antwoord onder

Onderer

Antwoord: By Bloedrivier.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Al hoe gouer

Wed, 06 August 2003 10:27

'n Voormalige bestuurder van die Overberg munisipaliteit, wat na twee jaar
van sy 7 jaar kontrak gedwing was om sy pos te verlaat agv van sy onvermoë
om sy werk te kan doen, gaan 'n 3 miljoen goue handdruk kry.
Die totale begroting vir die area vir die jaar is 160miljoen.

Verlede jaar, na die oorlopery, was daar groot ongelukkigheid toe die
bestuurder van die Kaapse munisipaliteit afgedank is omdat hy deur die nou
minderjeidsparty aangestel is, 'n 1 miljoen goue handdruk gekry het.
Kaapstad het 'n jaarlikse begroting van R9 biljoen.

Die onbevoegde skielike ryke is aangestel in 2001 deur die ANC -aangestelde
burgemeester van Theewaterskloof, Ellen Jansen.
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1838): [ «    552  553  554  555  556  557  558  559  560  561  562  563  564  565  566  567    »]
Tyd nou: Sat Jan 18 05:19:08 UTC 2025