Graham Beck se Syrah ( 'n tipe Shraz) is as 'n kampioen aangewys by die
groot wynskou in Londen ( Engeland).
Die Syrah word gemaak by hul plaas naby Robertson.
Ek hoor nou net dat ons van volgende maand af weer Chevrolets op ons paaie
gaan hê.
Dis nou een van die min advertensies wat net beter klink in Engels as in
Afrikaans
'n kwaad gees sak uit 'n donker hemel
breek die denne flenters en trek bruisende sluise oop
mense hou op tuin natgooi
hardloop na hul telefone
vergeefs
kwaad wind
hou jy hande met die duiwel
of is jy 'n groot, sterk engel
ly jy aan dronkverdriet
kom jy kla by ons
oor stout kinders en ontroue lovers
in die boomryke heuwels bly net stompies oor
chaos waardeur stroompies nuwe paaie worstel
als is onvoorbereid verklaar
soos sodom en gomorra bewys hy
ons is maar net soutpilare
kwaad wind
hoekom haal jy jou hangups uit op ons
hou jy hande met die duiwel
of is jy 'n groot, sterk engel
kom sit hier met jou gesig in jou hande
vertel ons als
Fil. 3:10-12
Here, in die ikoniese wéérspeel van dié insident
moet U klinies hierdie boosberymde inprent
van alle mitiese dimensie stroop: sendeling
in afrika deur gekweste leeu bespring,
arm morsaf gebreek. die goedkoop simboliek
van die brullende leeu, sê U, vra geen hermeneutiek.
ek sidder toe U my leer van u onlogiese metafisika:
aan my lyf dra ek die stigmata van die Leeu van Juda.
1) Donderpadda ( opvlieënde persoon)
2) Grafblommetjies ( grys hare)
3) Hakkiebakkie ( Insleep-vragmotor)
Volgens Leon Rousseau in Die Burger vandag die volgende:
Dit lyk nou ook of Kaapse Afrikaans haar eie koers wil begin loop:))
Ons het nuwe tekens nodig om die nodige regte betekenis aan woorde te gee.
soos sêd - want as mens dit net as sad spel, dan rym dit met sat, bad en nat.
'n Tjalie is ook iets anders as 'n sjaal
Kaapse Afrikaans het dus drie klanke wat in standaard Afrikaans kort - die
lang oe van soe, die lang ie van twiede en die ê van sêd.
Moun beteken iets anders as moan, en simpel beteken ook iets heel anders as
simple.
Bôl ( verkul, uitoorlê) het geen ekwiwalent in Engels nie.
Ek en my man sukkel nou al jare lank om 'n babatjie te he. Die
dokters het ons vertel dat die enigste manier wat ek gaan swanger
raak, is om 'n jong dame (onder 36 jaar oud) te vra om haar eiers vir
ons te skenk. Kan JY hierdie droom vir ons bewaarheid?
As jy geinterreseerd is, en in Engeland bly, bel asseblief die
vrugbaarheidskliniek waar ons ons behandeling sal doen. Hulle word
genoem "The Logan Centre" en mens kan 'n bietjie sien van wat die
behandeling sal wees op hulle webblad: www.logancentre.co.uk. As jy
die registrasieform invul, skryf asseblief ons verwysingsnommer in -
#ydp9999. Jy kan hulle ook gratis bel op 0800 389 9147.
Dankie dat julle die tyd gevat het om hierdie te lees.
Hou tog maar duimvas vir die oostelike deel van Noord-
Amerika aan die einde van die week, as die verwagte
orkaan die land tref. Die ding is glo so groot dat hulle
dit van die space station af kan sien. Ons hier in suidelike
en oostelike Ontario sal heelwaarskynlik ook getref word
deur die oorskietwind en reën wat so ver na die binneland
nog gevoel kan word. Ons is in alle geval nie so ver van
die plek waar die oog van die orkaan gaan tref nie. Soos
die kraai vlieg.
Gloudina het geskryf:
Hoekom is jou e-naam "vetmeisie." Is jy 'n vroumens
en is jy vet?
............................................................ ................
...
Blote frustrasie Gloudina - al die ander name wat ek wou gehad het, was
gevat.
Ek's eintlik 'n maer mannetjie.