1) Donderpadda ( opvlieënde persoon)
2) Grafblommetjies ( grys hare)
3) Hakkiebakkie ( Insleep-vragmotor)
Volgens Leon Rousseau in Die Burger vandag die volgende:
Dit lyk nou ook of Kaapse Afrikaans haar eie koers wil begin loop:))
Ons het nuwe tekens nodig om die nodige regte betekenis aan woorde te gee.
soos sêd - want as mens dit net as sad spel, dan rym dit met sat, bad en nat.
'n Tjalie is ook iets anders as 'n sjaal
Kaapse Afrikaans het dus drie klanke wat in standaard Afrikaans kort - die
lang oe van soe, die lang ie van twiede en die ê van sêd.
Moun beteken iets anders as moan, en simpel beteken ook iets heel anders as
simple.
Bôl ( verkul, uitoorlê) het geen ekwiwalent in Engels nie.
Ek en my man sukkel nou al jare lank om 'n babatjie te he. Die
dokters het ons vertel dat die enigste manier wat ek gaan swanger
raak, is om 'n jong dame (onder 36 jaar oud) te vra om haar eiers vir
ons te skenk. Kan JY hierdie droom vir ons bewaarheid?
As jy geinterreseerd is, en in Engeland bly, bel asseblief die
vrugbaarheidskliniek waar ons ons behandeling sal doen. Hulle word
genoem "The Logan Centre" en mens kan 'n bietjie sien van wat die
behandeling sal wees op hulle webblad: www.logancentre.co.uk. As jy
die registrasieform invul, skryf asseblief ons verwysingsnommer in -
#ydp9999. Jy kan hulle ook gratis bel op 0800 389 9147.
Dankie dat julle die tyd gevat het om hierdie te lees.
Hou tog maar duimvas vir die oostelike deel van Noord-
Amerika aan die einde van die week, as die verwagte
orkaan die land tref. Die ding is glo so groot dat hulle
dit van die space station af kan sien. Ons hier in suidelike
en oostelike Ontario sal heelwaarskynlik ook getref word
deur die oorskietwind en reën wat so ver na die binneland
nog gevoel kan word. Ons is in alle geval nie so ver van
die plek waar die oog van die orkaan gaan tref nie. Soos
die kraai vlieg.
Gloudina het geskryf:
Hoekom is jou e-naam "vetmeisie." Is jy 'n vroumens
en is jy vet?
............................................................ ................
...
Blote frustrasie Gloudina - al die ander name wat ek wou gehad het, was
gevat.
Ek's eintlik 'n maer mannetjie.
Binne 3 dae hier in die Kaap. Die eerste een was by Noordhoek, waar 'n
branderryer doodgebyt is. Die tweede by Melkbosstrand - die haaikoei het 'n
opblaasboot stukkend gebyt.
Die storie klink ietwat snaaks.
Die luiperd het die toergids aangeval in 'n area waar mense in hul voetuie
moet bly.
Toe word die luiperd met die voertuig raakgery, sodanig dat sy pote gebreek
word en die dier toe uitgesit moes word.
Is dit te vroeg. Ek is seker daar was al swaeltjies die tyd van die jaar in
Pretoria. Wil hulle vir ons iets sê dat daar nog koue gaan kom, voor hulle
kom of weet iemand iets wat ek nie weet nie.
--
Chris in die laer-middelklas
Die afgelope naweek is 'n ma en haar dogtertjie in hul huis doodgeskiet, en
die pa is in 'n ernstige toestand in die hospitaal. Nie naastenby dieselfde
nuusdekking en woede word weerspieël as met basies dieselfde tipe slagting
van die ouma, ma en dogter verlede maand nie.
Is dit omdat ons nou aan sulke goed gewoond is, of is dit omdat die
slagoffers nie blankes was nie?
--
Annette